Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vrede en oorlog

Annelie Ferreira

  • Peace like a river deur Leif Enger, uitgegee deur Doubleday

    Aan hierdie boek het ek só vasgegom gesit dat ek vergeet het om my kinders by die skool te gaan oplaai. Dit speel af in die Weste van Amerika in die vroeë sestigerjare en word terugskouend vertel deur Reuben Land, toe elf jaar oud. Die verhaal wentel om Reuben se voortvlugtige broer, Davy, en in Wilde Weste-styl word ’n ryk ervaring geweef rondom die waardes van familie, geloof en liefde — en wonderwerke. “Real miracles bother people,” verduidelik Reuben se sussie Swede vir hom. “People fear miracles because they fear being changed — though ignoring them will change you also.”

    ’n Besonderse boek — wat jou dalk mag verander.

    Prys: R133,00


  • Jou lewe en God deur Ronell Bezuidenhout, dagstukkieboek vir tieners, uitgegee deur Lux Verbi BM

  • God is lief vir my deur Ewald van Rensburg, dagstukkieboek vir ampertieners, ook uitgegee deur Lux Verbi

    Dis baie jare laas dat ek ’n dagstukkieboek vir enigeen in ons gesin gekoop het. Maar in ons huis is daar vele woninge (hoop ek); my man sorg vir dagstukkieboeke vir die kinders terwyl ek hulle leer van engele.

    Ronell Bezuidenhout se dagstukkieboek vir tieners het my geïnteresseer, omdat hierdie dominee laasjaar in die spervuur was oor haar “moderne” aanslag met jongmense. Ewald van Rensburg se dagstukkieboek vir ampertieners het per gelukkige ongeluk hier aangekom, toe kry ons ampertiener ook sommer een. Hier is hul menings:

    Louise (13): “Ek hou meer van Ronell se boek [as die ander een wat ek het]. Sy laat jou nie so skuldig voel nie.”

    Karen (10): “Dis beter as die ander een. Hy [die skrywer] praat nie met jou of hy dink jy’s klein nie.”

    En dit, skat ek, is seker goeie maatstawwe vir dagstukkieboeke vir enige ouderdomsgroep.

    Prys per boek: R82,00
    Bestel by: 0860 231 231


  • Soul prints deur Marc Gafni, uitgegee deur Penguin
    Amerikaner Marc Gafni is ’n rabbi, Kabbalis en dekaan van ’n studiesentrum in Israel waar hy die afgelope twaalf jaar bly. Westerlinge, sê hy, se “core myth” — die Bybelse mitologie waarop ons samelewing gebou is — is besig om verlore te gaan; ons verbintenis daarmee word al hoe swakker. Dis ’n groot jammerte, volgens hom, want ons kernmitologie is juis rigtingwysers in die ontdekking van ons persoonlike mitologie, in ons soektog na “die beloofde land”. In Soul prints maak Marc ryklik gebruik van stories uit die Bybel, Talmud en ander mistieke tradisies om ons te help om ons soektog beter te verstaan. Nie ’n ongemaklike teruggryp na “Bybelse waardes” nie; eerder ’n oorspronklike versoening van die nuwerwetse met die tydlose.

    Prys: R153,00


  • The dressing station deur Jonathan Kaplan, uitgegee deur Picador

    Pas na Jonathan Kaplan as dokter gekwalifiseer het aan die Universiteit van Kaapstad, verhuis hy na Engeland op aanbeveling van ’n doktersvriend wat erg getraumatiseer van die destydse grensoorlog teruggekom het. Maar Jonathan soek nie ’n rykmanswerkie nie, hy soek betekenis, en uiteindelik studeer en werk hy oor die hele wêreld: in luukse omstandighede, aan oorlogsfronte, op passasierskepe en ook in die landelike gebiede van Suid-Afrika. Soms verruil hy sy doktersjas vir die baadjie van joernalis en filmmaker.

    Sy boek is ’n boeiende besinning oor dokter wees en uiteindelik menswees, oor lyding en die maniere waarop ons dit veroorsaak, vir ander en onsself. Een aanbevelinkie vir die leser: moet liefs nie net voor ete lees nie.

    Prys: R118,00

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.