Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Moenie ’n fout maak nie — lees Nou is altyd hier

Resensie deur Gerda Coetzee


Klik op boek om jou eksemplaar by kalahari.net te bestel

Nou is altyd hier

Titel: Nou is altyd hier — Waar lê geluk?
Skrywer: Marthie Momberg
ISBN: 0624042014
Uitgewers: Tafelberg, 2004
Formaat: Softcover
Prys: R99,95

Vele van diegene wat redelik allergies is vir “hoe om jouself te verbeter”-boekies, gaan ’n fout maak as hulle hand in die boekwinkel bo-oor Nou is altyd hier beweeg. Die subtitel: “Waar lê geluk?” is ook geen aanmoediging vir diesulkes nie. Die voorblad ook nie. Maar moenie ’n fout maak nie, dis ’n boek met substans.

Dis Marthie Momber se tweede boek. Die eerste, Kleure van liefde, het verskyn na haar man Derik se dood aan kanker. Waaroor gaan hierdie boek? Waarom het Marthie die boek geskryf en wat sê sy daarin?
Ek gaan Marthie self laat praat:

(Na) sy dood was dit of ek vir ’n ruk op ’n heuwel gestaan het van waar die wêreld helder was. Ek kon die terrein agter my beskou en begryp hoe alles ineenskakel. Ek kon selfs iets soos die dood verstaan en sien dat dit betekenis het, besef dat dit goed was dat alles presies so gebeur het. Derik het gesterf onder meer sodat ek ons liefde en ons ervaringe met ander kon deel, sodat my oë kon oopgaan vir ander om my, sodat ek my vrees vir die dood kon verloor  ... (p 36)

Dan skryf sy:

Wat as ek ’n fout sou maak? … Hoe sou ek weet wie om te vertrou? Niemand het antwoorde op hierdie vrae nie, want niemand kan waarborg dat ’n sekere aksie ’n sekere resultaat bring nie … om te lewe vra guts. Om die lewe vierkantig in die gesig te kyk en dan te besluit wat jy daarmee maak én dit reg te kry. Ek moes leer hoe om my vrees vir die lewe te verloor (p 37).

En later:

(Met) iets saamleef impliseer dat jy ’n negatiewe ding met jou saamsleep. Toe ek begryp dat ek nie van iemand, nie eers die mees voor die hand liggende persoon iets mag verwag nie, kon ek nie langer verloor nie … Dit is nie ’n fatalistiese houding nie, dis eerder ’n houding wat die reg van andere respekteer. Dit plaas ook ’n groter verantwoordelikheid op jouself … (p 56).

Dis woorde wat die klein stukkie aarde reg onder elkeen van ons se voete ’n bietjie behoort te laat beweeg en party van ons s’n sal skud.

Wat ek hier onderneem, naamlik om Nou is altyd hier te bespreek, doen ek met die grootste omsigtigheid, want enige resensie, kritiek, bekendstelling van enige vorm van uitdrukking — hetsy van beeldende kuns, uitvoerende kuns, literatuur — bly na alles net jou, die individu se mening — en is hoegenaamd nie deurslaggewend nie. Objektiwiteit is ’n erg misbruikte woord en boonop is die lyntjies tussen fiksie en niefiksie yl en broos.

Nou is altyd hier is vir my ’n boek wat mens meesleur weens die persoonlike aard daarvan:

  • Dis ’n boek geskryf deur iemand wat ’n oorspronklike denker is.
  • Dis ’n boek gehul in die magiese, maar stewig geanker in realiteit.
  • Dis eerlik tot op die been. Die skrywer spaar nie haarself of die mense op haar pad nie. Maar daar is ’n totale afwesigheid van venyn. Sy spreek dit aan wat elke persoon wat voluit wil lewe, hom/haarself van tyd tot tyd mee behoort te konfronteer.
  • Dis ’n nugter, en weer eens venynlose, kyk na die gemeenskap waarbinne elke persoon funksioneer en onder meer mense se onvermoë en huiwering van hoe om op te tree teenoor kennisse en selfs vriende se trauma en krisisse.
  • Dis ’n boek wat dapperheid uitspel: sy sê wat sy voel sy moet sê om vir haarsélf helderheid te bring. En is gewillig om die gevolge daarvan te dra.
  • Dis ’n boek gestroop van pretensie, MAAR belangrik.
  • Dis gestroop van resepmatigheid: jy gaan nie aan die einde van elke hoofstuk ’n lysie kry van wat jy in die volgende week moet doen om jouself te verbeter of geluk te vind nie! Dis onvoorskriftelik.
  • Dis ’n boek wat ’n proses uitstippel. Marthie se proses. Sy gee nie voor, of sê iewers, dat dit die enigste proses of die beste proses is nie.

Dit bly altyd ’n groot verantwoordelikheid om ’n boek aan te beveel. Ek probeer altyd ’n paar eenvoudige kriteria vind om ’n boek aan te meet, en natuurlik is dit altyd gelaai met ’n skoot objektiwiteit!

Die toetsvrae is eenvoudig: Is die onderwerp sinvol en is dit sinvol geskryf? En belangrik: Is dit singewend — vir my of vir enige bepaalde groep lesers?

Vir my is Nou is altyd hier onteenseglik sin-gewend.



LitNet: 12 Mei 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.