|
|
Die historiese JesusSakkie SpangenbergDaar het sedert Oktober 2000 heelwat artikels en briewe in koerante en tydskrifte verskyn oor die historiese Jesus-vraagstuk. Prof Andries van Aarde (Nuwe-Testamentikus van die Nederduitse Hervormde Kerk in Afrika) was selfs hieroor in die spervuur nadat Neels Jackson van die dagblad Beeld oor sy deelname aan die Jesus Seminar in Amerika berig het. Prof van Aarde se boek oor Jesus verskyn binnekort en dra die titel: Fatherless in Galilee: Jesus Child of God. Baie lidmate het vir die eerste keer in hulle lewe van hierdie soort navorsing gehoor en die onderskeid tussen die historiese Jesus en die Christus van die kerk is vir baie n vreemde soort onderskeid. Hoe kan n mens die aardse Jesus (of dan die historiese Jesus) gaan skei van die Christus soos die kerk bely? Die een is mos onlosmaaklik verbonde aan die ander een, is menige se siening. Ek het self maar gesukkel om die onderskeid te snap toe ek n jong student op Stellenbosch was. Dis eers wanneer n mens meer van die historiese kritiek geleer het dat die onderskeid vir jou verstaanbaar word. Sommige geleerdes hanteer hierdie onderskeid egter met gemak, want navorsing het uitgewys dat die kerklike dogmas oor jare gegroei het en dat hulle nie altyd te rym is met wat die vier evangelies ons bied nie. Wat baie lidmate en gewone lesers nie weet nie, is dat die Jesus Seminar maar een groep navorsers verteenwoordig. Daar is ook ander wat hulle met die historiese Jesus besig hou. Een hiervan is prof Geza Vermes (afgetrede professor aan die Universiteit van Oxford en kenner van die Dooie See-rolle.) Vermes het hom veral toegelê op navorsing oor die Joodse agtergrond van Jesus. Hy het drie lesenswaardige boeke hieroor gepubliseer: Jesus the Jew: A historians reading of the Gospels (1973), Jesus and the World of Judaism (1983) en The Religion of Jesus the Jew (1993). Al drie het by SCM Press in Londen verskyn. Hy tans besig om n vierde boek oor Jesus te skryf. Dit dra die voorlopige titel The Changing Faces of Jesus. In Nederland is prof Cees den Heyer (Nuwe-Testamentikus van die Gereformeerde Kerke in Kampen) een van die voorbokke wat hom met hierdie soort navorsing besig hou. Hy het al n hele aantal kleiner en groter boeke oor die onderwerp geskryf. Van die mees onlangses is: Wie is Jezus? Balans van 150 jaar onderzoek naar Jezus (Zoetermeer: Meinema, 1996) en Verzoening. Bijbelse notities bij een omstreden thema (Kampen: Kok, 1997). Laasgenoemde boek handel oor die versoeningsleer, of dan dat Jesus aan die kruis sou gesterf het om die mensdom met God te versoen. Hierdie studie van hom het daartoe gelei dat hy van leerdwaling aangekla is, maar volgens onlangse berigte uit Nederland het die Sinode van die Gereformeerde Kerke hom nie skuldig bevind nie. In Duitsland verloop dinge egter anders. Prof Gerd Lüdemann van die Universiteit van Göttingen is uit sy kerklike pos ontslaan vanweë sy uitsprake oor Jesus. Hy bly egter aan as Nuwe-Testamentikus, maar nie meer as kerklike professor nie. Hy het al verskeie boeke oor die historiese Jesus vraagstuk geskryf en onlangs hierdie navorsing saamgevat in n lywige publikasie daaroor. Nog n Duitse Nuwe-Testamentikus wat hom met die historiese Jesus besig hou, is prof Gerd Theissen van die Universiteit van Heidelberg. Vir hom loop dinge nog voorspoedig. Beide hierdie geleerdes se boeke is onlangs in Engels vertaal. Theissen se boek dra die titel The Historical Jesus: A Comprehensive Guide (1998) en Lüdemann sn Jesus after 2000 Years (2000). Beide is vertaal deur John Bowden, die poliglot wat vroeër direkteur van SCM Press was. John Bowden is n merkwaardige teoloog. Hy was aanvanklik predikant in die Anglikaanse Kerk in Engeland, maar het later direkteur van SCM Press geword. In dié tyd het hy self n Jesus-boek geskryf. Dit heet Jesus: The Unanswered Questions (1988). Dis n boek waarin Bowden nie huiwer om die kritiese vrae op tafel te sit nie. Die persoon wat egter heelwat doen om die gesprekke in Engeland lewendig te hou, is prof John Hick. Hick is nie n Nuwe-Testamentikus nie, maar hou hom besig met interreligieuse gesprekke. Hy het al heelwat oor die kerklike belydenisse oor Jesus gepubliseer. Een van sy bekendste boeke dra die titel The Metaphor of God Incarnate (Londen: SCM, 1993). n Ander lesenswaardige boek van nog n Brit is die een van prof John Macquarie: Jesus Christ in modern thought (Londen: SCM, 1992). Macquarrie is n filosoof en dogmatikus en skryf dus vanuit n ander hoek. Hierdie boek het n gesogte boekprys losgeslaan. n Mens kan verstaan dat hierdie navorsing gewone lidmate kan ontstel. Hulle beskik nie oor die nodige agtergrondskennis om hierdie onderskeid te kan verstaan en hanteer nie. Waar begin n mens lees indien jy hierin sou belangstel? Na my mening moet n mens maar eers kennis maak met die sogenaamde Sinoptiese vraagstuk (die kwessie van die samehang tussen Matteus, Markus en Lukas). Wanneer n mens snap dat die evangelies n lang ontwikkelingsgeskiedenis agter hulle het en dat die skrywers van Matteus en Lukas van Markus se materiaal gebruik het om hulle evangelies te skryf, is die ys gebreek. Een van die groot jammertes is dat ons in Suid-Afrika nie Nuwe-Testamentici het wat hulle op die oomblik daarop toelê om van hierdie inligting op n bevatlike manier aan lesers deur te gee nie. Daar is wel een Engelse Nuwe-Testamentikus wat die waagmoed aan die dag gelê het om hieroor te skryf. Hy is prof John Suggit, afgetrede Nuwe-Testamentikus van die Universiteit van Rhodes. Hy het onlangs n boek gepubliseer met die titel The Gospel and The Gospels (Kaapstad: Celebration of Faith, 1997). |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |