My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Is daar ’n God?

Is daar ’n God? Ja ek weet dit is 'n baie stupid vraag – ek het immers groot geword met ’n “daar is ’n God, Hy is, wat Hy is”. Maar, vra ek weer, soos wat ek sedert daardie dag van 04 September 1993 oor en oor en oor vir myself vra, is daar ’n GOD!!!

Vandat ek kan onthou, vandat ek begin piepie styf kry het, weet ek van God en van Sy Seun Jesus. Pa en Ma het in die aande vir ons seuns in die sitkamer (voor daar nog ’n TV was) Bybelstories gelees. Van Adam en Eva, Noag en sy ark, van Josef en sy broers en van Simson en die tawwe Dawid en van Jesus vir wie die slegte mense aan ’n houtkruis vasgespyker het en dat hy vir ons sondes, my sondes, gesterf het. "Dankie Jesus", het ek soveel keer gesê. Veral later toe ek groter geword het en begin agterkom het dat dit lekker is om met my piepie te speel. Ek het daarna so vuil en skuldig gevoel dat ek ure lank voor God gehuil het en gesmeek het dat Hy my asseblief moet vergewe – moet was in die bloed van Jesus.

So het ek groter geword – ek en God. Getroud, kinders gekry en hulle weer vertel van God en vir hulle Bybelstories (as daar nie iets goeds op TV was nie) gelees. Van Adam en Eva, Noag en sy ark, van Josef en sy broers en van Simson en die tawwe Dawid en van Jesus vir wie die slegte mense aan ’n houtkruis vasgespyker het en so vir ons sondes, hulle sondes, gesterf het. Sondagskool gegee, diaken gewees, sendingwerk in die buurt gedoen – ek kon net nie ophou om mense te vertel van God nie, van Jesus en sy groot verlossingswerk. Ek het vir die kindertjies in die Sondagskoolklas altyd gesê, “Kinders, julle kan vir Jesus enige iets vra, daar staan tog in die groot Boek geskrywe dat jou Vader nie vir jou ’n klip sal gee as jy Hom vir ’n stukkie brood vra nie” (of so iets).

Later, heelwat later, het Ma besef dat sy my nie liefhet nie, eintlik nog nooit liefgehad het nie. Ek was haar eerste kêrel en seker bang dit is haar laaste kans toe trou sy met my. Later het sy besef, toe sy die dokter, met sy groot kar en mooi huis en natuurlik status ontmoet, dat ek eintlik maar ’n doodgewone ou is met geen ambisie nie. Dat ek nog nooit vir haar en die kinders kon gesorg het nie (al het ons ’n mooi doodgewone huis met die mooiste tuin gehad en die kinders nooit honger of vuil of koud gaan slaap het nie). Vir drie jaar, vir drie lange jare het ek op my knieë voor God, die God wat ek van kleins af aanbid en in geglo het,  gehuil, gesmeek vir ’n stukkie brood van genade. Verander haar hart, maak haar lief vir my, vergewe haar, vergewe my, help my, help my asseblief GOD, asseblief Here Jesus. ASSEBLIEF!!!! 04 September 1993 vind ek haar in die motorhuis, in ’n gasvervulde motor – morsdood. Mors fokken dood. My jongste, 7, my middelste, 9 en my oudste 11 (ongeveer, naastenby).

Ek het opgehou Sondagskool gee. Ek kon nie meer vir die kindertjies sê: “Kinders, julle kan vir Jesus enige iets vra, daar staan tog in die groot Boek geskrywe dat jou Vader nie vir jou ’n klip sal gee as jy Hom vir ’n stukkie brood vra nie”. Ek kon nie meer vir my seuns Bybelstories lees sonder om te wonder nie. Ek kon nie meer kerk toe gaan sonder om te wonder nie. Ek kon nie meer nie, ek kan nie meer nie!! Ek vra weer, Is daar ’n God!!!!
Ja, sal jy sê, daar is ’n God, Hy is wat Hy is.

Anoniem

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.