My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Borderline Personality Disorder

Dit is nou omtrent twee weke gelede dat ek deur 'n psigiater ingelig is dat my vrou aan Borderline Personality Disorder (BPD) ly (ek weet nie eers wat dit in Afrikaans genoem word nie).

Ek het intussen die boek Stop Walking on Eggshells van Mason & Krieger oor BPD gelees ('n boek wat beskou word as een van die mees belangrike bronne oor die topic vir die leek [buiten verskeie websites oor BPD soos bv BPD central]). Nou maak soveel dinge vir my sin in dit wat ek (en my vrou) nog altyd as normaal beskou het in terme van haar gedrag en optrede. Vir eers (volgens bronne bestudeer) het mense met BPD 98%  "brandwonde" van hulle psigiese vel in hoe sensitief hulle vir die "gewone lewe" is (vergelyk met gewone brandwonde en hoe seer dit is). Die hele situasie is egter 'n dilemma, want sy mag nie van haar toestand weet nie omdat die realiteit van BPD haar sal doodmaak omdat sy dan sal besef dat sy is eintlik regtig so 'n hopelose mens as wat sy (as BPD) glo sy is. Sy sal slegs na eindelose terapie en as sy ooit by 'n punt van gesondwees kom daaroor ingelig kan word  - en ek sit met hierdie brandende kool in my binneste want hoe redeneer jy met 'n middeljarige vrou wat die psigiese vermoë van 'n puber het? Jy redeneer nie meer nie.

Wat dit nog erger en meer onverstaanbaar maak, is die feit dat sy 'n hoogs intelligente mens is (gegradueerd oa) en BPD maak haar in haar vakgebied basies 'n savant (omdat sy basies net op een ding op 'n slag kan fokus), met omtrent zero vermoë om die werklikheid as bloot die werklikheid te sien te beleef en te benader. Sy is uiters disfunksioneel wat die gewone lewe betref maar as 'n high functioning BPD speel sy toneel in hoe sy elke dag cope en mense in die algemeen is clueless oor dit alles. Soos 'n "nuwe" kwaad post puber het sy alkohol misbruik, by ander mans betrokke geraak  (tipies BPD in hul quest om die perfekte "maat" te vind, om net weer en weer seer te kry omdat 'n perfekte maat eenvoudig nie bestaan nie).

My punt waaroor ek "bieg" is die feit dat my lewe en dit wat ek geglo het binne 'n kwessie van 'n paar minute vir altyd verander het - ek dink vanoggend dat as ek kon kies sou ek eerder wou hê dat sy kanker moes hê, want dit is sosiaal heeltemal aanvaarbaar en ek kon deal met die begin van die siekte  - en myself voorberei op 'n voorspelbare einde. Ek sou ook vry wees om daaroor te praat sonder vrese vir enige etikette. 

Anoniem

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.