My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Skiet

My ma het haarself geskiet met my pa se haelgeweer. Dit was op een van haar knit-one aande. Ek sou verwag het dat sy dit op een van haar slip-one aande sou wees.

Op 'n knit-one aand sal sy vroeg begin drink. So vroeg as 4 uur die middag Groot glase goedkoop witwyn wat sy vinnig afsluk. Al lankal die pretensie van 'n kelkie opgegee. Daar was altyd 'n vreemde lekkerte aan die aande. Sy het baie meer geduld met ons gehad as gewoonlik en ons het lawwe speletjies gespeel. Sy het my en Boetie saam in die bad gesit en ons ekstra lank laat plas. Nadat sy ons in die bed gesit het, het sy verder in die waskamer gaan sit en drink en sigaret na sigaret gerook en soms haar susters geskakel en, afhangende van hoe dronk die Susters was, repeterende gesprekke gevoer. Sy het dan later uitgepass in haar kamer. Tog het sy, maak nie saak hoeveel wyn in haar maag gelê en gis het nie, altyd gehoor as ons in die nag vra vir nog 'n bottel of om warm toegemaak te word.

Sodoende sal die volgende aand dus 'n slip-one aand wees. My ma het altyd haar hangovers met absolute passie aangepak. Na haar eerste sigaret, die oggend-daarna, het sy blindelings die dag aangepak en soms self die wasgoed gewas (die aksie het gelei tot vreemde kyke van die huiswerker). Teen vier uur die middag was daar baie min oor van die absolute passie en is ek en my boetie so vinnig as moontlik gebad, gevoer en in die bed gesit. Sy het dan op haar bloubank gaan lê en na die TV gestaar en gaan slaap. Goed uitgerus vir môreaand se knit-one.

My ma het haarself geskiet met my pa se haelgeweer in die waskamer. Dit was nie my of my boetie se skuld nie. Sy was baie lief vir ons. Sy het in ons oë gekyk, dieper as enige iemand ooit kan. Sy kan my brabbel taal verstaan en vertaal vir mense wat ek sê. Sy kon my boetie so hoog in die lig ingooi dat hy kraai van die lag en ek sy mangels sien wat later uitgehaal sou word. Sy het geweet as ons oppad is om siek te word, siek is en later weer aan die gesond word. Sy het geweet watter huil beteken wat, wanneer ons besig is om aan te sit en wanneer ons regtig in die nood is. Ons was baie lief vir haar.

My ma het haarself geskiet met my pa se haelgeweer in die waskamer Dit was nie my pa se skuld nie. Sy was baie lief vir hom. Hy was dalk nie so lief vir haar soos wat sy wou gehad het nie. Hy het lang ure gewerk en baie geld gemaak. Hy het vreeslik rugby gekyk en my ma het dit gehaat. Die rugby, nie die geld nie. Hy het goeie bedoelings gehad en op die odd aand wat hy wel 'n gesprek met my ma probeer voer het, het hy van rugby en die besigheid gepraat en haar tot die dood toe verveel.

My ma het haarself geskiet met my pa se haelgeweer nadat sy 'n kennisgewing op die deur geplak het wat my pa gewaarsku het om my en my boetie nie in die waskamer te laat ingaan nie. Sy het haar beste klere aangehad. Ook haar vet-panty. Haar maag was nooit weer dieselfde na my en my boetie nie.

Dit was my ma se skuld. Sy was nie lief vir haarself nie.

Nie ek of my boetie kan my ma onthou nie.

Anoniem


LitNet: 14 Junie 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.