My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


KON EK? (2)

Ons kuier steeds, die verskil is my mind is opgefok!

Skielik lees ek jou elke drank benewelde beweging met nóg meer aandag. Nou soek ek rede om te kuier, om te sien wat gaan gebeur.

En dan steek jý die lyn oor. Ek was fine; as jy weer die versoek gerig het, sou ek ingee. Wat daarna sou gebeur, sou ons maar net moes handle.

Ons braai weer, die keer sit jou vrou in die sitkamer en TV kyk. Jy staan buite by die vuur en ek kom uit die huis met twee vol glase. Jy vat jou glas uit my hand en sit dit op die muurtjie neer. Dan draai jy terug na my toe, kyk my in my oë en jou lippe kom al nader. Ewe skielik is jou hand op my gesig en jy soen my.

“Nee ek is nie gay nie.” Jou woorde, terwyl jy vinnig wegstap. Ek voel of ek in Brokeback Mountain beland het. Hel, dit voel of my lewe parallel met die script verloop.

“Ek weet,” sê ek. “Moet net nie ‘n issue daarvan maak nie. Onthou net, wat vanaad gebeur, bly tussen ons.”

Ek klim later in my kar en ry huis toe en my mind is ‘n warboel van geluk en hartseer.

Die realiteit van die situasie tref my eers die volgende dag. Realiteit dat ek eintlik fine was met die blowjob-ding. Dat ek kon as ek wou. Maar soen is anders. Selfs prostitute soen nie. Dit hou hulle onbetrokke.

Maar wat nou van my? Nou is ek nie meer onbetrokke nie. Die feit dat jy my gesoen het, het my die werklike realiteit van die situasie in die oë laat staar. Skielik het jy my gevoelens (waarmee ek kon deal en fine was) oopgeruk.

Ons bly vriende en elke keer as ons kuier, wag ek (hoop ek?) vir jou volgende move. Ek besef dat as ek ooit getwyfel het of ek kon … Dit is te laat vir my, ek gaan dit doen.



LitNet: 31 Mei 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.