My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Flashpoints

Ek moet bieg.

Ek hou nie van die meeste kontemporêre Afrikaanse musiek nie.

Ek kan ook 'n hele album vol egte lewe en liefde op een elektroniese klawerbord aanmekaar slaan en my stem so manipuleer dat ek nootvas klink. Hou net in gedagte dat wanneer jy na 'n konsert gaan kyk, jy nie noodwendig betaal het vir "lip-synching" en "backtracks" nie. Ook nie vir die suikerlagie van hoogskop, bons-bons en lendegryp nie.

As daar 'n buro vir standaarde is, laat hulle ons lekker in die steek. Maar die probleem lê eintlik by die duisende Afrikaners wat die CD's vir hulself en hul kinders koop, en in legioene by die konserte opdaag.

Ons skep 'n mark vir twak, mense.

Ek hoop daar is genoeg fantaserende, lamenterende Afrikaners wat hierdie blad besoek om my implisiete pleidooi vir die herlewing van kunstenaarskap te lees, ter harte te neem en 'n jihad teen peroksied te begin.

O ja, en buite-egtelike seks word min of meer oorskat.

Arriewarrie, tot nooit weer nie.



LitNet: 30 Mei 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.