My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Kon ek?

Jy was elke dag daar. Iewers op ‘n klein Vrystaatse dorpie. Elke skooldag.

Jy was die joller, die ou met die meisies en ek, ek was die stil een, die een wat in ‘n gay, bang wêreld moes survive.

Ons loop mekaar raak, jy die getroude man met die ongelukkige huwelik en kinders wat gedruk word om te presteer. Ek is steeds gay maar het vrede gemaak. Dit is twintig jaar later.

Jou familie vertel my jy het ‘n pel nodig, ‘n drinkebroer, iemand wat net daar is as jy wil chat. No problem, want ek is maar almal se pel.

Ons kuier, naweek na naweek, en ek is deel van die gesin. Jy praat met my oor jou probleme en ek beleef jy en jou vrou se fights.

Ek beloof myself ek sal nie die lyn oorsteek nie, ek sal nie weer in die gat trap nie, ek gaan nie weer my kop verloor nie, maar die leuen bly binne my. Ek weet wat ek wil hê en ek weet ek mag nie maar daar is mos geen gevaar nie. Ons is mos buddies, jy straight, ek gay en so aanvaar ons die lyn tussen ons.

Ek lees elke drankbenewelde beweging van jou kant af naweek na naweek soos ek wil, en kom elke keer tot die gevolgtrekking dit is tart van jou kant. Jy toets my net om te sien of ek die lyn sal oorsteek.

En dan ‘n week terug kuier ons weer, jou vrou is weg om te gaan leer hoe om netbal af te rig. Die kuier is spontaan by jou skoonma se huis. Die huis is vol mense wat rugby kyk, ons maak vuur.

Jy gooi die drankies en stadig maar seker merk ek op hoe die alkohol sy invloed op jou uitoefen. Ons praat oor vriende, jy sit en ek draai om die vuur om uit die rook te bly. In die huis score die Vrystaat hulle eerste drie.

“Gaan jy my ‘n blowjob gee?” My kop ruk op en ek kyk deur die rook na jou. “Hier!” sê jy om seker te maak jy het my aandag. Ek staar sprakeloos na jou halfpap voël wat in jou hand lê.

“Jy speel met vuur!” antwoord ek en draai die vleis om. Jy gryp-vat na my broek. “Wow,” en ek gaan staan aan die ander kant van die vuur.

Jou woorde “Dit wat vanaand gebeur bly tussen ons” laat my weer na jou kyk.

Ons kort sinne vlieg heen en weer oor die vuur. “Jy is nie ernstig nie.” “Ek is. Sal jy dit doen?” “Nie die plek of die tyd nie, daar is mense in die huis.”

“Ons kan ‘n plan maak.”

Ek besef jy is ernstig.

Niks gebeur nie. Omdat ek nie wou nie. Maar kon ek?

Kon ek vir een oomblik my oorgee aan dit wat ek al vir ‘n jaar lank wou hê?

Kon ek daarna die gevolge hanteer?





LitNet: 7 Maart 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.