My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Wanneer hou jy op?

Jy noem jouself my broer, en jy maak asof daar nooit iets gebeur het nie. Jy is so vals dat ek kan stik daarvan. Maar ek weet en jy weet wat jy gedoen het, en dis genoeg.

Jy het my 30 jaar gelede herhaaldelik gemolesteer. Vandag is dit my probleem. Dalk dink jy nie eers meer daaraan nie. Ek gaan nie lieg nie, ek het dit geniet want ek het aandag gekry wat ek andersins nie sou gekry het nie. Maar ek was te jonk om daaraan blootgestel te wees, te jonk om te verstaan wat gebeur. Vandag sit ek met die onuitspreeklike skuldgevoelens omdat ek dit geniet het. Dit was nie my skuld dat ek dit geniet het nie. Daar is immers iets soos ‘n fisiologiese reaksie op stimulasie.

Vandag probeer ek baie hard om jou nie te haat nie. Maar dis baie moeilik. Haat is egter ‘n selfvernietigende emosie en ek het al genoeg skade opgedoen. Ek het besluit dat ek nie sal toelaat dat jy my verder seermaak nie. Die depressie is altyd naby. Maak nie saak hoeveel terapie, hoeveel anti-depressante, hoeveel drank en sigarette, hoeveel promiskuïteit nie. NIKS maar NIKS vee die onthou uit nie. NIKS nie.

Verder, jy het my gewoond gemaak aan lieg. Almal wil alewig weet wat tussen ons gebeur het, dat ek jou so met misnoeë bejeën, en ek is al so gewoond om te lieg dat ek sonder om te skroom oor baie ander dinge ook lieg. En nou die ergste, nou openbaar jy skokkende gedrag teenoor jou vrou en kinders en teenoor jou ma, wat so ongelooflik baie vir jou gedoen het. Sy het jou baie meer gegee as vir enige van die ander. Maar jy wil steeds meer hê.

Ek het gister besluit dat ek jou nou finaal gaan afskryf. Jy gaan voortaan net ‘n slegte gedagte wees, niks meer nie. Ek vertel vir almal wat wil hoor en ook nie wil hoor nie van jou gedrag en watter afstootlike persoon jy is.

Vandag sit ek ook met geweldige godsdienstige vraagstukke wat niemand my kan help beantwoord nie. Ek wil nie eers vir jou bid nie, en dit is baie moelik vir my want ek weet dis verkeerd. Ek wens iemand wil van jou ontslae raak. Ek sal dit nie self doen nie want ek het tot die slotsom gekom dat jy dit nie eers werd is nie. Ek wens jy wil net verdwyn uit ons almal se lewe.



LitNet: 27 Februarie 2006

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.