![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() ![]()
As sy maar net weet - en jy is my vriendin ...My donkerste geheim is donker - pikdonker. Julle is altwee my vriendinne - die sondebok my grootste, lewenslange vriendin. Ek loop met hierdie skuldgevoel en "wat moet ek doen" nou al vir ses maande lank rond. Liewe eks-buurvrou, wat toe my vriendin word. Ek weet nie hoe om dit vir jou te sź nie maar my beste vriendin slaap so nou en dan saam met jou verloofde. Dis nie 'n gereelde oefening nie, net so nou en dan oor die naweek as hy bietjie alleen uitgaan ... vir een of ander rede eindig hy dan altyd in die vroeė oggendure by my vriendin se woonstel op. Sy ken jou ja, en dis nie vir haar 'n probleem nie - blykbaar is die knippie hemels en dit gee haar 'n boost om te weet dat hy by haar kom draai. Dit spook by my want sy brag daaroor by my en ek kan dit nie vir jou sź nie... veral nie nou dat jy op jou laaste is met die swangerskap nie. En ja, hy is baie slim. Jy sal dit nooit self agterkom nie want hy behandel haar soos gemors as jy by is en jy glo hom dat sy dik en vet en lelik is, maar hy vergeet om te sź dat sy lekker in die bed is. En my vriendin, ek skaam my vir jou en ek neem jou kwalik dat jy my deur al hierdie dinge sit want dis laag en gemeen en goedkoop maar ek kan jou net nie drop en dit vir haar sź nie.
En jy, jou arrogante mansmens - ek weet van nog baie - BAIE. This is your
wake-up call!!
E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieėl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |