![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() ![]()
Ek twyfel steeds
Na 'n onstuimige huwelik van etlike jare het my vrou my verlaat en saam
met haar broer weggegaan. Sy het egter teruggekeer en weer by my kom bly.
Teen die einde van die maand het sy my verwittig dat sy verwag. Ek was uit
die veld geslaan want ons het nie tydens haar vrugbare tyd seks gehad nie.
Ek het my laat toets en die dokter het gesź dis onmoontlik vir my om kinders te hź
en dat ek dit vir my vrou moet sź. Sy het baie kwaad geword en gevra wat ek
van haar dink. Omdat 'n tweede toets by 'n ander dokter dieselfde resultaat
gelewer het, het ek ernstig begin twyfel. Ek het kort daarna 'n
senuwee-ineenstorting gehad. Daarna het ek besluit om myself op ander
maniere te toets, maar het ook nie positiewe resultate gekry nie.
Nou twyfel ek nog steeds.
E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieėl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |