GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

 
WAT SÊ JY HIERVAN?


Getroude vrou gun haar man seks met 'n man


Reaksies van lesers:

Gemoedere loop hoog!

Hoor 'n bietjie hier, Hester, Moll, Weskaap!

Ciska:

Ek was geskok vanoggend toe ek julle webwerf oopmaak en lees wat jou lesers kwytraak! Weet van die mense waaroor dit eintlik gaan? Ek twyfel. Ek kan nie anders as om te reageer nie.

Vir Hester: Kom by, vrou, en dink vir jouself; hou op om God en geloof en die kerk en jou eie verwronge sienings aan jou dogters en jou familie en vriende en mense te verkondig! Hemel, ek is dank vader bly dat ek nie met sulke moerse oogklappe deur die lewe hoef te gaan nie! Waarom is jy so bekommerd oor ander se siele en jou eie sien jy nie raak nie? Wat weet jy van ander gelowe - die Jode en Moslems, Boeddhisme en Hindoeïsme? Lees jy nie, maak jy nie jou "breins" 'n bietjie "oop" deur "kennis" op te gaar voor jy iets wat iemand anders vir jou vertel as die waarheid aanvaar nie? Jy leef in hierdie klein wêreldjie, my ding, dis net hoe jy dit sien. Het jy al ooit probeer dink aan wat jy dink, nie wat een of ander predikant of "heilige" in jou kop prent nie? Bestaan daar regtig 'n "hel" waar ons vir ewig en ewig gaan brand? Wil jy vir my vertel dat die god wat jy aanbid en waarin jy glo en wat (volgens jou) aan almal verkondig moet word en wat julle sê is hierdie liefdevolle wese wat alles en almal liefhet, in "sy" agterkop hierdie verskriklike plek gemaak het vir dié wat nie maak soos wat hy wil nie? (Klink dit nie so baie soos ons eng samelewing nie?) Dan wil ek definitief nie deel hê aan so iets wreeds nie!

My eie broer (hy is een van vier) is gay, en laat ek jou vertel, ons het op 'n plaas grootgeword, met baie Christelike ouers en ons was elke Sondag in die kerk. Hy het rugby gespeel en al die "manlike" dinge gedoen. Hy is selfs twee jaar army toe! Maar (soos hy sê - nadat hy jare in hel geleef het!) hy het altyd "geweet" het dat daar iets was wat nie pluis is nie. Vir jou om te wil sê dat hy oop oë op pad hel toe is … ek het nie woorde om jou onnoselheid te beskryf nie.

Vir Moll: Ek twyfel of jou here sit en huil. Ons is almal perfek net soos ons gemaak is en net soos jy wil! As 'n mens kies hoe en waar jy jou lewe leef (en julle Christene glo en verkondig dat julle god ons almal vrye keuse gee, jy kan self kies), hoekom is dit so 'n moerse "iets"? Dan kan ek julle eie bybel in julle gesig teruggooi: "Haal die balk eers uit julle eie oë sodat julle die splinter in ander s'n kan sien." Ek's bly dat jy gelukkig getroud is; pas ander mense se "siel" op net soos jy jou eie opgepas wil hê!

Vir Elmarie: Dankie! Ek dink dat al ons Afrikaanssprekende Calvinistiese wit mense in hierdie land 'n moerse sielkundige probleem het. Jy's op die regte pad.

Vir Wes-Kaap: Jy laat my dink dat jy "dink" met wat tussen jou bene hang; jy praat met minagting van vroue. As jy so van prostitusie kan praat en dat hulle net gebruik word, wat sê jy vir die vrou / vriendinne / jou ma in jou lewe? Om te dink dat draadtrek jou lewe oorheers … so sad …

Vir al die ander van julle: Nee, ek glo nie ek sal die guts hê om my man met 'n ander man te deel nie! Maar voordat julle begin stokke soek om die honde te slaan, gaan en vind uit die hoekoms en die waaroms en kry "kennis" voordat jy "weet" wat die waarheid is - selfs ek kan nie oordeel nie. Al wat my hewig afpis, is die feit dat ons ou volkie hulle god en hulle bybel gebruik om ander te oordeel - los daardie werkie maar liewer vir julle god!

Ek het respek (en haal my hoed af) vir dié wat hulself kan wees en boonop gelukkig kan wees in die aanvaarding van hul eie menswees. Is jy gelukkig met al die keuse wat jy gemaak het in die skryf van jou lewensverhaal? Net gewonder…

Danie, jy doen 'n wonderlike werk om mense onderrig te gee, net jammer dat sommiges sulke drolle kan wees.

* * *

Wees eerlik en dra die gevolge

Gerda:

Dit is 'n baie algemene verskynsel, eintlik. Meer algemeen as wat almal vermoed of erken. Baie mense het te veel hangups in die lewe. Aanvaar dit of los dit. Moet tog net nie oordeel nie!

'n Persoon het sy eie mening of siening in die lewe vir homself of haarself. Jy kan nie dit by iemand in-prent nie. Jy kan wel jou mening lug en hopelik verstaan julle mekaar dalk beter. Dit is moeilik, maar ek glo dat dit nie 'n ding is wat sommer net so met jou gebeur nie. Dit is in jou vandat jy die eerste keer daaroor gewonder het. Of jou man of vrou of partner of lover jou nou gelukkig hou of nie, dit is en was al klaar daar.

Dit is iets wat jyself besluit en wat jy besluit, moet jou gelukkig maak. Ja, en as jy volwasse genoeg is, sal jy die gevolge van jou besluit in ag geneem het. Om gevoelloos en oneerlik te wees in enige opsig rig skade aan in alle opsigte!

Ek verkies dit om eerlik en opreg te wees. En almal weet immers waar hulle met my staan. Ek dwing nie my seksuele voorkeure op hulle af nie, net soos wat hulle nie hulle s'n op my afdwing nie. Ons verskil wel en lug ons menings, maar ons verloor nie ons respek vir mekaar nie.

Ons stem wel oor een ding saam: unfaithfulness. Sodra jy die belofte van "faithfulness" breek, dan moet jy die keuse maak wat reg is. Daar is nie 'n keuse van "ontspanning" van enige aard nie. Mense kan dan ook nie kla indien hulle dinge goedkeur en dan gebruik voel nie. Dit is wat jy toegelaat het en niemand anders maak daardie besluit vir jou nie. Om unhappy te wees en voor te gee dat jy gelukkig is, is 'n leuen.

Jy is die skrywer van jou eie lewensverhaal en hoe jy dinge wil laat gebeur tydens daardie verhaal. Alle dinge hang van jouself af, en as jy dinge toelaat om jou verhaal suur te maak, is dit jou keuse. Die lewe is stunning en vol potensiaal en die reënboog is daar om te streef na jou pot vol goud.

"Eerlikheid, geloof en opregtheid" is die motto van my verhaal. En glo my, tot nou toe was dit nog net stunning. Gay of nie, biseksueel of nie, lesbian of nie.

* * *

As bi-mans eerlik is

Gerrit:

Eerstens: ek kry die arme vrou jammer … Sy het nie gevra om met 'n gay man te trou nie, maar hy het ook nie gevra om gay te wees nie. (Okay, hy moes nooit getrou het nie, maar die samelewing druk mense in bokse in wat nie vir hulle bedoel is nie.) So baie mense sê jy moet kies om "straight" te wees ... Dink jy nou rêrig ek sal al die k@k kies wat jy as gay persoon moet deurgaan? Maar dit is nie 'n vrywillige keuse nie ... Dit is nie asof ek nou een oggend gaan opstaan en besluit ooh ek weet ek is vandag gay nie. Dit werk nie so nie! Hester Keet skryf dat ons dit in haar keel afdruk; wel, hetero's is al jare lank in ons kele afgedruk. Ek is so siek en sat vir al die mense met hulle verkrampte houdings ... "Get over yourself, honey!!" Sy haal ook die Bybel aan … Kyk eers hoeveel van die wette jy nie al oortree het nie, dan praat ons weer.

Ek kom uit 'n klein gemeenskappie, en as ek sê klein, dan bedoel ek klein. My ma het my aanvaar soos ek is. Sy self het gesê sy weet dat dit nie 'n keuse is wat ek gemaak het nie en dat sy my lief het soos wat ek is. Ek is een van die gelukkiges om so 'n ma te hê. Want so baie gay mans trou om hulle ouers gelukkig te maak (maar hulle dink nie aan wat hulle doen aan hulle vrou en ongebore kinders nie). Ons samelewing het verander (okay, nie almal nie), maar as almal net mekaar wil aanvaar en hulle plekkie in die son wil gun, dan sal ons nie 'n geval kry van 'n gay man wat trou nie.

Máár nou kry ons ook jou bi-mans ... Nou, hulle is 'n "breed" op hulle eie. Maar as hulle van die begin af eerlik is, dan sien ek geen rede hoekom so 'n verhouding nie kan werk nie. As hy eerlik is, dan is die kanse ook minder dat hy in die donker agterstrate na 'n plesier sal loop soek.

Wel, dit is wat ek te sê het.

* * *

Dis boos

W Bos het drie keer boodskappe gestuur:

1. Die sinsdeel "beswaarlik verneuk" laat my net weer eens besef hoe siek die wêreld is en watter denkrigting homo's inslaan om alles te regverdig!

2. Ek weet nie hoe jy eers kan belangstel in so 'n onderwerp en dat normale mense hul opinie moet gee met betrekking tot die teks nie! Dit kan net nie normaal wees nie - teen die natuur, met ander woorde, hoogs abnormale bedrywighede van die bose.

3. Alles is siek op jou site. Die reines van hart sal seëvier!

* * *

Dit doen iets aan 'n vrou se menswees

Melissa:

Na aanleiding van julle "teks", "Getroude vrou gun haar man seks met 'n man!"

Ek was verloof aan 'n man, en 'n maand voor ons troue toe vind ek uit hy is bisexual. Die spreekwoord "Liefde is blind" sê alles.

Ewe skielik maak alles sin. Al die kere wat hy eerder saam met sy "vriende" wou kuier, en die kere wat jy my deur 'n ring kon trek maar die "vriende" ontvang die komplimente. Die feit dat daar iets was wat hy my wou vertel, maar hy was bang ek los hom ... Nooit het ek gedink dis dít nie.

Dan het sulke mans nog die vermetelheid om te sê: "Maar ek is lief vir jou, en dit sal nie weer gebeur nie", of "Dit het nie gebeur vandat jy in my lewe is nie." Wat maak dit saak of dit die verlede of die hede is? Dit het gebeur, en niks kan dit verander nie.

Hoe daai vrou dit kon toelaat dat haar "man" seks saam met 'n ander "man" het, sal net sy weet. Ek dink haar kop het geraas. Ek dink dat sy ook dalk "skeef" kon wees, dis daarom dat sy dit toegelaat het. Of sy wou hom help om te besef dat hy eintlik gay is.

In die Bybel kom dit verskeie plekke voor dat dit verkeerd is. Maar wie is ons om te oordeel? Baie van hulle is gelowiges. En hulle glo dat dit nie sonde is nie. Soos die een vriendin eendag sê: "Liewe Jesus is lief vir 'ons' ook."

Dit sal beter vir alles en almal wees as sulke mense net eerlik sal wees en nie 'n leuen lewe nie. Glo nie hulle besef wat hulle aan die ander een doen nie. Ek dink dis erger vir 'n vrou as haar man haar moet los vir 'n ander man as vir 'n ander vrou. Dit doen iets aan jou menswees, dit vat iets weg en jou hele lewe verander.

Ek het baie vriende wat so is. Hulle is wonderlike mense, met 'n "foutjie". As ek saam met hulle kuier, sien ek hulle as doodnormaal, seker omdat ek nie so intiem met hulle verkeer nie. Hulle is gelukkiger as baie getroude paartjies wat ek ken. Maar tog is dit so verkeerd!

* * *

'n Versoek

Danie Botha:
Dankie aan almal wat die afgelope paar maande deelgeneem het aan hierdie bespreking. Ons het duidelik die perspektiewe gekry van persone wat nie in so driehoeksverhouding staan nie, en die meeste kan dit nie aanvaar nie. Kan ons nie nou hoor van die "praktiserendes" nie? Hoe erváár julle dit? Stuur 'n e-pos aan dbbotha@mweb.co.za.


LitNet: 14 Februarie 2005

Jy moet wegbly van gays

Hester Keet

Ek het nie 'n mening oor die gayfaktor in ons lewe nie. My rede is: die Here het ons in die Ou en Nuwe Testament gemaan om weg te bly van sulke mense. Jy moet hulle afsny soos 'n arm wat nie werk nie. 'n Sweer wat jy nie wil hê nie.

Die gay-lewe word so in ons kele afgedruk dat ek wil mal word al. Op die TV en in die algemene media.

Vir die vrou wat haar man toelaat om met 'n ander man te slaap, kan ek net sê: jy gaan oor dieselfde kam geskeer word as hy.

Dalk is ek verkeerd, maar ek twyfel sterk of gays in die hemel gaan kom as hulle nie afsien van hul dade nie.

Ek het drie dogters aan wie ek moet dink. Hulle weet hoe ek voel en hoe sake staan. Hulle voel al net soos ek. Hulle het self 'n spreekwoord gemaak. Dalk nie heeltemal reg nie, maar goed genoeg vir hulle ouderdom: "As jy wil gay wees, kan jy net so wel nou doodgaan." Enigiets wat hulle as verkeerd sien - dan sal hulle net eenvoudig hulle mening gee. Veral as dit teen die Woord van die Here is.

Nou is my volgende vraag: Hoe kan die Kerk dit oorweeg om gay predikante en ampsdraers in te neem? Ek bly eerder uit die kerk (gemeente) en luister kerk oor die radio as om in só 'n kerk die Here te probeer eer langs 'n persoon wat gay is!


Seks is 'n private ding

Moll

Ek is al 17 jaar getroud en baie gelukkig. Almal het maar hulle op of af dae in hul huwelik. Ek loop nie met die Bybel onder my arm nie, maar volgens my is dit baie groot sonde wat ons mense doen om jou man vir 'n ander man te leen. My verstand sê vir my: is ons dan siek of is dit die duiwel wat al die dinge in ons loslaat? Hoe kan my man my en 'n ander man aantreklik vind? Ek dink die Here sit en huil, want Hy het ons nie gemaak om so uit te draai nie. Miskien klink ek outyds, maar wat myne is, is myne. Seks is 'n private ding, nie om met almal te deel nie. Die werk wat ek en my man doen, het baie met gay mense te doen en ons het nie 'n probleem met hulle nie, want wie is ek om te oordeel? Maar nou maak ek weer verkeerd. Omdat ek so redeneer, sê ek eintlik dis maar reg met my, jy kan maar gay wees.

Ek voel baie jammer vir hulle, maar is dit nie maar ook hulle eie skuld nie?


Dra die gevolge

Gelukkige, eerlike lesbian

Ek stem saam met D. Dit is 'n baie algemene verskynsel éintlik. Meer algemeen as wat almal vermoed óf erken. Baie mense het te veel hangups in die lewe. Aanvaar dit of los dit. Moet tog net nie oordeel nie!

'n Persoon het sy eie mening of siening in die lewe vir homself of haarself. Jy kan nie dit nie by iemand in-print nie. Jy kan wel jou mening lug en hopelik verstaan julle mekaar dalk beter. Dit is moeilik, maar ek glo dat dit nie 'n ding is wat sommer net so met jou gebeur nie. Dit is in jou vandat jy die eerste keer daaroor gewonder het. Of jou man of vrou of partner of lover jou nou gelukkig hou of nie. Dit is en was al klaar daar.

Dit is iets wat jyself besluit, en wat jy besluit, moet jou gelukkig maak.

Ja, en as jy volwasse genoeg is, sal jy die gevolge van jou besluit in ag geneem het. Om gevoelloos en oneerlik te wees in enige opsig rig skade aan. In alle opsigte!

Ek verkies om eerlik en opreg te wees. En almal weet immers waar hulle met my staan. Ek dwing nie my seksuele voorkeure op hulle af nie, net soos wat hulle nie hulle s'n op my afdwing nie. Ons verskil wel en lug ons menings, maar ons verloor nie ons respek vir mekaar nie.

Ons stem wel oor een ding saam: unfaithfulness. Sodra jy die belofte van faithfulness breek, dan moet jy die keuse maak wat reg is. Daar is nie 'n keuse van "ontspanning" van enige aard nie. 'n Persoon kan dan ook nie kla indien hulle dinge goedkeur en dan "gebruik" voel nie. Dit is wat jy toegelaat het en niemand anders neem daardie besluit vir jou nie. Om unhappy te wees en voor te gee dat jy gelukkig is, is 'n leuen.

Jy is die skrywer van jou eie lewensverhaal en hoe jy dinge wil laat gebeur tydens daardie verhaal. Alle dinge hang van jouself af en as jy dinge toelaat om jou verhaal suur te maak, is dit jou keuse. Die lewe is stunning en vol potensiaal en die reënboog is daar om te streef na jou pot vol goud.

"Eerlikheid, geloof en opregtheid" is die motto van my verhaal. En glo my, tot nou toe was dit nog net stunning. Gay of nie, biseksueel of nie, lesbian of nie.


LitNet: 13 November 2004


Meer as een seksgenoot is verkeerd

Elmarie Pretorius

Ek het geen probleem met mense wat gay is nie - hulle is doodgewone mense net soos ons en is in baie gevalle beter mense as die meeste van ons. Maar oor die vrou wat haar man laat seks hê met 'n ander man ... ek dink nie dit is reg nie, want seks is seks, of dit nou saam met iemand van dieselfde seks is of nie.

Mense wat "issues" het oor gay mense moet bietjie wakker word, ons lewe nie meer in die 60's, 70's of 80's nie. Hulle moet bietjie by kom en sien dat dit nie meer iets snaaks is nie, maar wel 'n doodnormale ding.

Vir die mense wat wel nog 'n probleem het daarmee: kom bietjie uit en ontmoet 'n gay paartjie ... julle sal sien hulle is nogal "nice".


LitNet: 27 Oktober 2004



Kan 'n getroude vrou emosioneel baklei met die "ander man"?

Ciska skryf:

Dis met genot dat ek lees wat almal net nie kwytraak nie! Ek geniet die "leeswerk" - hou my op die hoogte van wat in die "literêre" wêreld aangaan. Ek dink ons almal loop maar met groot klappe op die oë rond. Word ons nie maar almal in konserwatiewe Calvinistiese huise groot nie? Die een wil gays doodwurg, die ander hang weer aan hulle lippe. Maar nou ja, ons is almal maar verskillend oor hoe ons onsself sien, en soms gebeur dit dat jy meer bekommerd is oor hoe jy jouself deur ander se oë sien ("wat gaan dié of daardie van my dink of sê?"), as om werklik net jouself te wees en te aanvaar en lief te hê!

Ek het ook 'n hele paar gay pelle, en ek het genot en liefde en aanvaarding en samesyn met hulle - en (en dis 'n moerse EN) nie een van hulle wil in my kleinbroekie inklim nie! Wat 'n winskopie is dít net nie! Is dit nie maar 'n geval dat as jy die woord gay of prostituut of iets dergeliks hoor, dit met seks te doen het? Hemel, my broer en suster, vergeet van wat ander doen met dit wat tussen hulle bene sit; is dit nie dat 'n mens liefde moet maak met 'n ander "brein" nie? Mense is nie net 'n "seks" nie, hulle het persoonlikhede, voor- en afkeure, kennis en lewe en liefde. Seks kan jy koop en verkoop, gebruik en misbruik, en is dit nie mense wat soos katjies op 'n warm plaat begin dans as daar na die "seksualiteit" verwys word nie? Oo ... oe ... ek is nie sus of so nie?

Maar om terug te kom tot getroude vroue wat hul mans toelaat om met ander mans seks te hê. Ek weet nie. As ek nie weet dat jy gay is nie (baie gay mans steek dit baie goed weg - ek sê/spot altyd dat dit 'n sonde is dat dit so 'n mors van goeie gene is), en ek raak verlief op en lief vir jou, en ons trou en kry kinders, en vind dan eers uit, gaan dit baie erg wees. Om te trou om dit vir iemand makliker te maak (agv werk, familie, vriende, omstandighede), dit sal ek dalk oorweeg. 'n Mens kan emosioneel baklei teen 'n ander vrou, maar hoe weet ek as vrou hoe mans se koppe aanmekaar gesit is? Ek kan nie baklei teen 'n ander man nie. Miskien as jy eers die kennis het, met vroue gesels wat in daardie situasie is, sal mens 'n ordentlike opinie kan vorm, maar as dit werk vir hulle, goed en wel. Ekself sal dit ook oorweeg - jy kan nooit sê fonteintjie ek gaan nie uit jou drink nie!

Wel, net gedag ek sal sê. Hou die hoë standaard van julle inhoud en artikels. En in hemelsnaam, hou dit Afrikaans!

Wederom.



Manne, laat staan julle skewe streke!

Wes-Kaap laat weet:

Manne, maak oop julle ogies ... Daar is miljoene straatvroue beskikbaar en jy het geen verantwoordelikheid teenoor hulle nie. Vir wat nou die min beskikbare mans op moeder aarde bemors ... Sies, manne - laat staan julle skewe streke en kry vir julle ordentlike vroue. En kinders is nie 'n verskoning nie. Voorsorg is gratis en verniet te kry.

Wonder maar net.



LitNet: 29 Oktober 2004


Mans moet eerlik wees oor hulle seksuele voorkeure

Hoe werk dit as 'n getroude vrou toestemming gee dat haar man seks met 'n man het?

  • Marius Botha skryf oor dié "gaygedoente":
    Ek dink dit is siek. Om die waarheid te sê weet ek nie waar hierdie groep mense behoort nie. Miskien is hulle oorgretig of plein ketools. Miskien is die vrou ook nog 'n lessie? En daarom laat sy dit toe.

  • D stel die ander kant van die saak:
    Biseksuele en gay mans in huwelike smaak my 'n baie algemene verskynsel te wees, in alle geval baie meer algemeen as wat die meeste mense vermoed. Ook na aanleiding van wat 'n gay beesboer nou die dag kwytraak: "Julle getroude ouens het te veel hang-ups." Met ander woorde, hy kom gereeld met getroude mans in aanraking om so 'n stelling te kan maak, en weet verder dat die getroude mans met wie hy "kontak" het, geweldig skuldig voel oor wat hulle (met hom) doen.

    Waar sal dit hulle vrouens laat? Met basies net twee keuses: óf om te skei óf om te aanvaar. Sy gaan hom nie verander nie, dit is duidelik; as sy wil loop, sit sy sonder die sekuriteit van die huwelik, met die magdom probleme wat 'n skeisaak veroorsaak wanneer kinders betrokke is, ens. In hierdie geval, waar sy haar toestemming gee, is dit myns insiens nie omdat sy dit noodwendig aanvaar nie, maar bloot omdat sy geen ander keuse het nie. Hulle behoort immers lief vir mekaar te wees, mekaar te onderskraag, by te staan en dies meer, soos dit in 'n huwelik werk. Mans is gewoon net nie eerlik oor hul seksuele voorkeure nie. Die establishment dwing hulle om óf straight óf gay te kies, maar dit is nie so eenvoudig nie. As mans doodeerlik was, wat hulle nie kan wees in die huidige establishment nie, sou almal aanvaar het dat dit bloot natuurlik is om soms met die ander sy van sake te wil eksperimenteer. Dit is heeltemal moontlik om in 'n gelukkige huwelik te wees, lief te wees vir jou vrou en kinders, hulle nooit te wil los nie, maar steeds af en toe met die ander kant te wil eksperimenteer.

    Seksuele encounters met dieselfde geslag is emosioneel nie dieselfde as 'n seksuele encounter met 'n ander vrou nie. Dit impliseer twee totaal verskillende vlakke van emosie en verskillende intensies. Jou vrou kan nie met 'n ander man kompeteer nie, 'n man kan nie swanger raak nie, is baie minder geneig om emosioneel afhanklik te raak van 'n ander man, en daar is twee totaal verskillende fisiologiese prosesse aan die gang - dus kan jy haar beswaarlik "verneuk" met 'n ander man.

    Die feit dat ek dié dinge as natuurlik beskou, beteken nie dat mens daarop sal of moet reageer nie! Mens het tog immers nog "a sense of values" - wat dit ook al vir elke individu beteken.

    Daar is 'n paradigma-skuif nodig oor seksualiteit en seksuele gedrag. Dit is intens gekompliseerd, kan nie in óf dit óf dat ingedeel word nie, wil nie geklassifiseer word nie, en is heeltemal natuurlik, wat die aard van die drang ook al is. Op alle ander vlakke is dit die neiging om die mens met die sjimpansee te vergelyk - hoe geneties na aan mekaar die twee spesies is. As mens vergelykings maak op die gebied van seksuele gedrag, is dit bloot 'n natuurlike verskynsel. Homofobie word in mans ingedril van kleins af, vandaar die hewige reaksies. Chill out en sien dinge vir wat dit is.


LitNet: 29 September 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.