GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

SÓ VOEL STRAIGHTS, NEIL

Van Pollyanna aan Neil Cochrane

Ek is bly dat Neil Cochrane gereageer het op my punte oor bestialiteit en pedofilie, al probeer hy pengimnastiek uithaal om te maak of hy dit nie gedoen het nie. Dit het hom duidelik ontstel dat daar ’n vergelyking getref word tussen homoseksuele praktyke, pedofilie en bestialiteit, soos ek vermoed het dit sou.

Ten spyte van die “straight” pedofiele wat hy noem as voorbeelde, is dit onbetwisbaar uit studies (ja, Neil, ek het die statistiek hieroor gaan navors, en ek het die statistiese en akademiese skietgoed om hieroor te kan debatteer as dit nodig sou wees) dat ’n buitensporig hoë persentasie pedofiele gay is, vis-à-vis die persentasie gay mense in die breë bevolking. Mens sou ook kon argumenteer dat iemand wat seksueel aangetrokke is tot persone van sy eie geslag, al is hulle jong seuntjies, per definisie homoseksuele neigings toon.

Niemand het geïmpliseer dat gays bestialiteit pleeg nie. Ek het wel gesê dat gayseks in die meeste se oë ’n afwyking is soos bestialiteit. Behalwe vir die anargiste onder ons, dink almal dat daar perke is aan aanvaarbare gedrag, ook op seksuele gebied. As ons wil argumenteer dat ons die verkramptheid van die verlede moet afskud, “everything goes”, en “live and let live”, dan is niks meer verboten nie, ook nie bestialiteit nie.

Daar is niks absurd daaraan om bestialiteit, pedofilie en homoseksualiteit met mekaar in verband te bring nie. Inteendeel: seksuele praktyke soos bogenoemde lê aan die kern van hierdie debat. Jy kan nie intellektueel eerlik wees as jy wil voorgee dat seks tussen man en man aanvaarbaar is, maar tussen mens en dier nie. Beide faal die toets van biologiese en tradisionele “natuurlikheid”. Beide word as abnormaal deur die breë gemeenskap beskou.

Wat my bly maak, is dat Neil ’n verontwaardigde reaksie getoon het. Die gevoel wat by hom opgekom het, is nou verwant aan die gevoel wat die meerderheid straight mense ervaar as hulle gekonfronteer word met die konsep van gayhuwelike. Dit is ’n instinktiewe weersin. Let op: ’n weersin, of om afgestoot te word daardeur, in teenstelling met ’n vrees daarvoor. Homofobie is dus ’n onakkurate term. Homo-afgestoot (Engels “homo-repelled”) sou miskien meer akkuraat gewees het. Jou gevoel sê onmiddellik dat hier groot fout is met die hele idee.

Ek hoop Neil verstaan uit hoofde van sy eie emosies na dese beter hoe straight mense oor gayhuwelike voel.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.