GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Theo Viviers

Verse Vir Die Verskeuring

Beste Danie

Die Moreleta Park-tragedie en verwante verskeurende sake het betrekking. Droewig dat 'n gedig wat ek bykans vyf en twintig jaar gelede geskryf het, steeds relevant is vandag.

Dankie vir jou betrokkenheid in die skep van 'n genadiger en menswaardige leefwêreld vir die gaygemeenskap.

Theo

Skewe vers

Op ses word hy verstom
deur die gekkespul: cowboys en crooks,
poppespel en teeparty ferm toegewys,
pasklaar vir hom en vir haar
keurig in blou en pienk getooi.
Vervaarde oomblikke sou hom laat wonder
oor die reënboog en die gawe geloof: eers
onderdeur en die geslag verloën en verbeur!
Die kind angstig nakend kyk ... spieëltjie
spieëltjie aan die wand,
wie is dit wat nou na jou staar?
Die spieël knipoog spytig,
die kind snik verstandig.

Pa en Ma vat die Here se hand
en kragtig word die skewe brokkie
gelowig ter helle neergelaat.

Toe ek etlike jare gelede een aand onder druk van 'n knaende oomblik die volgende gedig geskryf het, kon ek dit nie koppel aan enige persoonlike ervaring of gebeure gedurende die betrokke tydperk nie. Gevolglik het die outjie sedert sy ontstaan altyd nog maar effens in die lug gehang. Met die woedende storm rondom Laurie en met 'n wysiging hier en daar aan die oorspronklike teks, kry die gedig uiteindelik 'n voet om op te staan en dra ek dit graag op aan Laurie.


Ontwortelde
      (vir Laurie Gaum)

'n Golf moed het dié dag dawerend gebreek,
verworwe vrese opsy gevee en in die glorie
van 'n voldonge verset iets sterkers gebrei.
Laat die stugge aanloop van ontworteling
tot 'n skrynende gegewe beslis: sloping
op hierdie trant oorkom nouliks, ontneem
stief getand tot welbegrepe woord, maar dan:

sou die seer stellig later klop met kennis
van 'n meer versoenende aard - bedág skerm
gestroopte hartstog, skyn aanhang nou grof
weggewys ... en voëlvry denke vlym geskerp!

Tolbos nog in die skraap van kwaai winde,
vlug voor die wankel van 'n magtige gety,
maar sonder skroom: in hierdie maalkolk
draai steun punteneurig rondom waarheid!




LitNet: 12 September 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.