GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Amerikaners vier gayregte in New York

Christa van Vuuren was gereed met 'n kamera toe lesbiërs, gays, biseksueles en transseksueles die Stonewall-opstand van 35 jaar gelede herdenk het.

Dit was 'n perfekte somersdag in New York, sonnig en nie te warm nie, en vir 'n slag ook nie bedompig en vogtig nie. 'n Volmaakte dag vir feesvieringe!

Honderdderduisende deelnemers en toeskouers het die 35ste jaarlikse optog vir lesbiërs, gays, biseksueles en transseksueles bygewoon.

Die optog het om twaalfuur die middag in Manhattan begin, en geëindig in Greenwich Village, naby die legendariese Stonewall Inn, 'n gaykroeg, waar 'n reeks onluste 35 jaar gelede plaasgevind het toe die polisie 'n klopjag daar uitgevoer het. Die Stonewall-onluste was 'n waterskeiding vir die gayregte-beweging en word elke jaar op die laaste Sondag in Junie herdenk met feesvieringe wat die hele week duur.

Hierdie jaar se tema is: Staan op, staan uit, staan trots. Die feestelikhede het elfuur begin met kos, kuns en vermaaklikheid in 'n park, en geëindig met 'n dans. Twee-uur die middag was daar 'n oomblik van stilte vir dié wat aan Vigs oorlede is.

Dis 'n viering van wees wie jy is, van die samekoms van sosiale en politieke idees, van vryheid van uitdrukking.

Heel voor in die optog was die veterane van die Stonewall-onluste, daarna mans en vrouens op motorfietse, paartjies met kinders, pare wat trots plakkate opgehou het wat gesê het: "Together for 9 years", "… 15 years", "… 30 years" … noem die getal en dit was daar. Twee mans van 89 en 83 jaar is al 59 jaar saam en is in Kanada getroud. Nog 'n paartjie se plakkaat het verkondig: "Together for 12 years and all we have to show is this fucking poster!" Ander het trots hulle huweliksdatums op plakkate rondgeswaai.

'n Groep van die polisie het hulle diversiteit verklaar; ook 'n groep van die brandweer - almal in hulle uniforms. Daar was mense van alle kleure en nasionaliteite, met hulle landsvlae wat in die ligte windjie wapper. Ek het selfs 'n Suid-Afrikaanse vlag gesien, gedra deur 'n jong vrou. Die toeskouers het reënboogvlae geswaai en op fluitjies geblaas.

Die vlotte was vindingryk en kleurryk, met oorverdowende musiek wat deur mens se are gepols het.

Die algemene sentiment was teen die huidige regering. 'n Groep Kerry-ondersteuners het luide ondersteuning gekry, terwyl hulle plakkate rondgswaai het met die woorde: "JFK for President!" (JFK is Kerry se voorletters.) 'n Groep Republikeine het verbygemarsjeer terwyl die toeskouers doodstil gebly het. Eina!

Nog 'n paar plakkate se boodskappe: "Bush, You're Fired"; "My Bush will be a better President" (gedra deur vroue); "Fuck your Gender", "Stop the Amendment", "Let us Marry".

Soos altyd was dit 'n groot partytjie!

Klik op foto vir vergroting.

Die motorfietse aan die begin van die optog


Steeds die motorfietse - trou was een van die hooftemas van die deelnemers


'n Deelnemer dans vir die toeskouers


Een van New York's finest kyk toe


Een van die deelnemers met St Patrick's Katedraal op die agtergrond

Die vere maak die voël!

Another happy couple!


Hierdie paartjie is al 59 jaar saam en het verlede jaar in Kanada getrou


<b>LitNet: 23 Julie</b>

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.