GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Dis mý storie dié

Iets onverwags

Christiaan van Zyl

Ek het pas my tweede jaar op universiteit klaargemaak toe ek my tassie pak en trek na die Kaap. Nou, dit is 'n groot verandering vir iemand wat van moederhuis in Pretoria moet trek na stoksielalleen in die Kaap. Daar is gemengde emosies. Een: ek is baie opgewonde oor die nuwe ervarings en die nuwe mense wat ek gaan ontmoet – veral die nuwe mense! En twee: ek is so vrek bang ek kan myself natmaak en het amper op die eerste Januarie die eerste vlug terug gevat, maar ek het nie. Alleen het ek maar gesit in die ou enkelkamertjie sonder 'n kombuis en na die leë muur gekyk.

Die eerste paar dae was baie erg. Dit was in werklikheid so erg dat ek op die strand gaan sit het in Seepunt net om na die mense te kyk wat verby draf. Ek het omtrent elke aand op dieselfde rots gaan sit en gekyk hoe die son sak, terwyl ek maar rooiwyn drink en aan die happies smul wat ek ná werk voorberei het. Baie eensaam!

Dit is toe dat ek afkom op die een webruimte. Ek weet nie wat my besiel het nie, maar ek dink dit was die beste besluit wat ek nog geneem het. Dit was soos 'n katalogus van sexy mense, mans te kies en te keur. Grotes, kleintjies – hulle was almal daar met 'n foto. Ek maak toe my eie profile en gooi dit op die dokke en hoop dat daar darem een vissie byt, en daar het. Binne die eerste paar dae is ek oorrompel met die e-mails en ek kon nie voorbly nie. Dit was seker gemeen van my, maar ek het nie op almal geantwoord nie.

Daar was wel een ou gewees wat baie deursettingsvermoë gehad het. Ek het elke dag van hom 'n mail gekry. Die ding was met die ontmoeting: ek was toe in Seepunt, en hy, hy was effe verder. Hy is oorspronklik van Suid- Afrika, maar hy werk in Londen en kom net elke vier maande terug vir 'n maand vakansie. Ek het geglo hy sal eers terugkom hier in Junie, wat dan fine was, dit sou ons dan 'n paar maande gee om oor die net te gesels. Die probleem was dat hy sy verlof sommer al in Maart gevat het en ek het dit eers nader aan die datum uitgevind.

Die mails het verander van “Hi hoe gaan dit” na “ek mis jou so baie”. Ek het my nommer vir hom gegee en so het hy my elke aand gebel. Dan gesels ons ure aaneen. Hy uit Londen en ek hier in Suid-Afrika.

Maar dit is nie waaroor dié storie gaan nie. Dit is maar net die agtergrond van hoe ons ontmoet het.

Die werklike storie is van hoe ons van aangesig tot aangesig gestaan het in die Gardens Hotel. Met die eerste oogopslag het ek die man gesien – pragtig. Die sterk arms, die blou oë, die glimlag wat boekdele gespreek het. Hy het sy arms om my gegooi en my styf teen sy bors vasgedruk. Die ander mense in die pub het ons nie snaaks aangekyk nie. Ons sit toe elk met 'n bier in die hand en begin dadelik gesels. Ons gesels soos ou vriende, alhoewel ons pas ontmoet het. Die een drankie word gevolg deur 'n ander en hy nooi my uit om koffie te drink in sy kamer. Ek het geweet ons het nou besigheid. Ek was so bang hy dink nie dat ek aantreklik genoeg is nie (alhoewel ek nog so jonk is, sou ek eerder die woord "mooi" gebruik het, al is dit nie 'n vreeslike manlike beskrywing is nie).

Ons het op die groot dubbelbed gaan sit en weer eens gesels oor 'n klomp goed. Die stilte het onverwags neergedaal. Sy blou oë het my vasgevang en hy het sy hand op myne neergesit. Hy beweeg nader aan my en ons lippe raak saggies, maar die vuurwerke wat plaasgevind het in my maag, was onvergeetlik. My hand gaan by sy arm op tot in sy hare. Met sy sterk arms het hy my nader getrek tot teen hom en so het hy my styf teen hom vasgehou. Ons het stadig gedaal tot op die bed en so lê ons langs mekaar en vry dat ons lyk soos twee tieners (ek is twintig, nie meer 'n tiener nie).

Ek breek die soen en kyk vir hom. My vingers volg sy kakelyn en af teen sy nek. Met die eerste knoop wat ek losmaak, is daar weer nuwe vuur en vlam in hom en hy gryp my vas en soen my. En kan hy nie soen nie! My vingers glip van een knoop na die ander en maak hulle los so ver as wat ek gaan. Ek het 'n T-hemp aangehad en met die eerste kans wat ons kry, verdwyn albei die hemde. Ons kaal bolywe druk teen mekaar en ek kan voel hoe hy al styf geword het. My hande worstel om sy belt los te kry, maar ek speel nie rond nie. Die belt vlieg weg en so ook ons albei se broeke, skoene en kouse. My penis was al lankal styf gewees, van die eerste druk af wat hy vir my gegee het in die pub.

Ek begin hom saggies in die nek soen. Ek beweeg na sy effens harige bors. My vingers streel oor sy maag en naeltjie en oor sy stywe penis wat nog steeds in sy onderklere vassit. Ek bevry hom en trek die onderbroek af. Sy groot, stywe penis staar my in die gesig en sonder enige nagedagte vat ek hom in my mond. Pure ekstase beweeg deur sy lyf en ek kan elke druppel voel. Ná 'n rukkie trek hy my op na hom en laat my op my rug lê. Hy maak my bene oop en beweeg nader tot sy gesig by myne is. Met sy oë vasgenael op myne beweeg hy in my in, 18 cm wat binne my is. Hy beweeg stadig vorentoe en agtertoe. Dit was nie seks gewees nie, dit was liefde in beweging. Sy asemhaling word harder en swaarder. Hy druk diep binne in my met elke aksie. Dit voel of ek wegvlieg en daar is die snaaksste sensasie wat in my onderlyf begin. Die een koue rilling word nog een tot dit voel of ek gaan ontplof en my saad skiet oor my bors en teen syne. Die ongelooflike man het my laat kom sonder om aan my penis te raak. Ek voel dat sy bewegings vinniger word en meer radikaal. Dan met die finale druk stort hy sy saad binne in my.

Hy lê 'n oomblik bo-op my en toe hy wil opstaan, keer ek hom en hou hom styf vas. "Jy is waar jy hoort, binne my," glip die woorde uit my mond. Hy gaan lê weer met sy deel nog steeds hard binne my. Die beste seks wat ek nog ooit gehad het. Werklik wonderbaarlik!

Dit was nie die laaste keer nie. Ons het die hele maand van sy verlof telkens liefde gemaak en in die aande was ek die gelukkigste, want ek het elke aand in sy arms aan die slaap geraak en in die oggend het ek wakker geword met hom aan my sy.

Die maand was lekker, maar ek moes hom ongelukkig groet – sy verantwoordelikhede in die ander land het hom geroep. So, nou sit ek weer op die rots in die aande met my glasie wyn en my versnaperings en kyk hoe die son sak. En met die laaste straaltjie wat die son gee, kan ek hom net 'n oomblik sien, en dan is die pyn nie meer so erg nie.

Nou kan ek nie wag vir Julie nie, dan is dit mos weer tyd vir 'n bietjie verlof. Of hoe?




LitNet: 5 Julie 2006

Stuur gerus jou reaksie op Christiaan van Zyl se vertelling na dbbotha@mweb.co.za. Noem asseblief sy naam en dié van die teks. Jou bydrae word dan onder "Menings van ons lesers" geplaas.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.