|
Sê nou gays mag trouRané neem deel aan ons wedstryd: As ek moet oordeel volgens die reaksie van my beste vriend wat so pas n huweliksooreenkoms geteken het met sy boyfriend, dan kan ek net sê: FANTASTIES! WONDERLIK! Ek dink dit is wonderlik, want verdien ons nie almal om gelukkig te wees nie? Wat maak dit nou saak wat jou seksuele voorkeur is - niemand het die reg om jou te veroordeel nie. Om lief en verlief te wees is iets moois ... Ek het my vriend in my lewe nog nooit so gelukkig gesien nie. Die twee is
so lief vir mekaar, jy kan dit aanvoel as jy in die vertrek instap. En dit maak my bly, want hulle hoef dit nie meer weg te steek vir mense om hulle nie. Hoe aaklig moet dít wees om altyd te moet jok en lieg en wegsteek oor hoe jy voel oor iemand? Rané |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |