GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Pollyanna sê nee vir gays wat wil trou

Pollyanna se inskrywing vir Gay@Litnet se wedstryd oor gayhuwelike.


Ek is berug op LitNet se Sênet as gevolg van my radikale, homofobiese, rassistiese, agterlike, ekstreme en dom sienings oor homoseksualiteit. Of so etiketteer die ander (gay?) Sênetters my. (Interessant dat juis die wat self smeek vir verdraagsaamheid vir hulle eie oriëntasie, so onverdraagsaam kan wees teenoor ander standpunte.) Ek voel dat dit in die belang is van gebalanseerde debat om die antigayhuwelik-standpunt ook te verwoord.

Wat word met die term huwelik bedoel? Is dit suiwer ’n permanente verbintenis tussen twee partye met kontraktuele en regsimplikasies? Of is daar ook spirituele en sosiologiese implikasies opgesluit daarin om getroud te wees? Die meeste mense sou waarskynlik sê dis beide.

Die idee van ’n openbare, wetlik erkende verhouding tussen ’n man en vrou het sterk godsdienstige wortels. Dit is insiggewend dat die meeste lande, selfs die wat gedetermineerd is om kerk en staat te skei, huwelike erken wat in die kerk, sinagoge of moskee bevestig word.

Ek kon die maklike uitweg gekies het, op ’n seepkissie gespring het, Bybel in die regterhand, en ’n verskeidenheid van versies aanhaal om te “bewys” dat gayhuwelike direk deur Satan geïnspireer is en dus nie mag gebeur nie. Dit sou te eenvoudig gewees het, omdat ek dan mense wat met my verskil, bloot as sondaars, heidene of afvalliges sou kon brandmerk. Aan die ander kant is die idee van ’n huwelik en religie onlosmaaklik verwikkel.

As dit net gegaan het oor praktiese regsaspekte, soos om jou vennoot op jou mediese fonds te kry, of om ’n lewensmaat te laat erf, was dit redelik maklik om op te los. Mens kan alreeds in ’n heteroseksuele saamwoonverhouding ’n beëdigde verklaring aflê wat deur baie organisasies as voldoende bewys van ’n afhanklikheidsverhouding aanvaar word.

Die neukery kom in omdat die druk wat ons uit gaygroepe sien, nie net op die staat, oftewel die kontraktuele of regsaspekte, gevestig is nie. Daar is druk op die meeste hoofstroom Christelike kerke om gayhuwelike te seën, en ook druk op die breë gemeenskap om te aanvaar dat gayhuwelike “normaal” en “dieselfde as straighthuwelike” sou wees. (Mens wonder terloops waarom dieselfde druk nie so erg op Islam skyn te wees nie. Kom dit uit ’n vrees vir ’n meer radikale negatiewe reaksie uit daardie oord?)

Sonder om nou presies te doen wat ek gesê het ek nie gaan nie, is dit duidelik dat nóg die Joodse, nóg die Christelike, nóg die Mohammedaanse gelowe enige sweempie van geloofwaardigheid in die oë van ’n groot meerderheid lidmate sou kon oorhou as hulle gayhuwelike sou wettig. Daar is ’n onaanvegbare skriftuurlike verbod in al die bogenoemde teen gayverhoudings, om nie eers van gayhuwelike te praat nie. ’n Gayhuwelik is hoogstens ’n parodie van ’n huwelik uit die kerk se oogpunt, en kan selfs gesien word as ’n doelbewuste bespotting daarvan.

Soos ons in die VSA met die Episkopaalse kerk sien, sal ’n erkenning van gayhuwelike deur ’n kerk onafwendbaar ’n skeuring in die kerk tot gevolg hê. Die skeuring sal ’n “back to square one”-effek hê, want dan is daar ’n klein fringe-kerk wat gayhuwelike erken, teenoor die hoofstroomkerk wat dit nie erken nie.

Selfs gay mense sou moes toegee dat die oorspronklike idee van die huwelik ’n sterk biologiese dryfveer gehad het. Dit het gegaan oor die voortplanting van die menslike spesie binne ’n stabiele gesinsverband. Die wet het mettertyd amptelike erkenning aan die belangrikheid hiervan begin verleen deur huwelike tussen mans en vrouens regstatus te gee.

Dis duidelik onmoontlik vir ’n gay paartjie om sonder eksterne hulp voort te plant, en dus maak enige vervulling van hierdie aspek van die huwelik die gay-”huwelik” per definisie abnormaal, omdat dit noodwendig meer as twee mense moet insluit, kunsmatige-inseminasie-tegnologie desnieteenstaande. Daar is ook allerhande emosionele komplikasies hier betrokke, byvoorbeeld hoe om vir die kind van ’n gay paartjie te verduidelik waarom hy twee ma’s of pa’s het.

Die teenargument wat voorstanders van gayhuwelike sou opper, is dat heteroseksuele verhoudings ook probleme ervaar of in die skeihof eindig. So al asof gay verhoudings per definisie ewigdurend is, en nie onderhewig is aan presies dieselfde turbulensie en pyne wat gewone paartjies ondergaan nie (of nog erger), plus nog bogenoemde komplikasies.

Kom ons kyk bietjie breër as net indiwiduele gesinne. Niemand sou stry dat ’n gemeenskap waarvan die basiese boublok, die gesin, verkrummel het, ’n klomp probleme in die gesig staar nie. Kyk byvoorbeeld na talle studies in die VSA wat aangetoon het dat die groot oorsaak van misdadigheid onder jong swartes die verbrokkeling van die swart gesin is nie. Dit is dus in die staat se belang om te verseker dat soveel as moontlik gesinne waar daar kinders betrokke is, intak bly. As dit nie so was nie, sou ’n doelbewus moeilike en duur egskeidingsprosedure nie nodig gewees het nie.

Dit sou ’n dapperder persoon as ek gekos het om te wil argumenteer dat niebiologiese gesinsbande sterker sou wees as die van ’n biologiese oorsprong. As ’n manlike gay paartjie byvoorbeeld ’n kind met behulp van ’n surrogaat-ma verwek, waarvan net een die pa kan wees, watter motivering is daar vir die vennoot wat nie die pa is nie, om by die ander twee lede van die gesin te bly as hulle probleme kry? Nie veel nie.

Laastens gaan ek die geykte “slippery slope”-argument gebruik wat, geyk of nie, wel van toepassing is in hierdie geval.

As ons gemeenskap so oopkop geraak het dat gayhuwelike nie meer abnormaal is nie, waar trek mens die streep? As mans met mans mag trou, wat van dertigjariges met sesjariges? Of wat van die erkenning van huwelike tussen homo sapiens en ander spesies? Net soos met gay verhoudings is seks in albei gevalle heeltemal fisiek moontlik.

Ontstel bogenoemde paragraaf se vergelyking jou as ’n gay persoon? Is dit dat seks en huwelike met diere of klein kinders “walglik”, “skadelik”, “siek” of “onnatuurlik” sou wees?

Of is dit miskien te verstane dat sommige mense jou seksuele praktyke heel moontlik in dieselfde lig kan sien?

Pollyanna

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.