GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

die lesbiër

Nina Botes

"Die boenk is 'n nuwe dier ..." - Breyten Breytenbach
Met apologie

Die lesbiër is 'n nuwe soort vrou: met 'n hart en 'n kop en 'n vagina en dus altesaam volkome mens. Dit dra stewels, want dit kan obviously nie kaalvoet en swanger voor die stoof staan nie. Die hart is sag en toegeeflik en heeltemal weerloos teen die wreedheid van die wêreld. Haar klitoris is van meer nut, of dien as valskerm. Alhoewel die lesbiërs lomp in die samelewing rondval, is hulle lieflike valskermspringers. Hulle lewe nie in dié wêreld nie. Eintlik is hulle gek na spring en dis glad nie verbasend om soms as jy opkyk, 'n lesbiër van 'n gebou te sien afspring nie. Hulle is huislike mense en byna verstoot omdat hulle so liefdevol is. Soms in die winter kan jy 'n lesbiër pylreguit uit die lug sien afduik tot plat op die aarde, waar dit dan hemels in 'n ander lesbiër se arms gaan lê. Soms loer hulle rond op die aarde en huil. Dié klank ontstel vele aardlinge, want dis kompleet asof hulle die samelewing beskuldig van die onregte wat hulle aangedoen word. Hulle leef van liefde, maar die samelewing trek die mat onder hulle voete uit en met hulle stewels aan is dit moeilik om vas te trap en te klou. Snags hoor 'n mens hulle in privaatheid vroetel en as hulle bevredig is, huil hulle van oorweldigende liefde vir mekaar. Ek-is-lief-vir-jou fluister die lipstiek-lesbiërs (met oorbelle aan) en die butch-lesbiërs lag skommelend en sê o-jirre-maar-jy't-lieflike-tiete. Hulle sou graag hulle liefde vir mekaar wou uitleef, maar omdat die samelewing hulle verblind met hulle vooroordele, is hulle beperk tot die plekke waar hulle die minste aandag sal trek. Hulle hou daarvan as ander lesbiërs oor hulle mae streel.

"die lesbiër" is 'n parodie op Breyten Breytenbach se "die boenk" en is opgeneem in Abraham H de Vries se Die Afrikaanse Kortverhaalboek, sesde hersiene uitgawe, Human & Rousseau en Tafelberg-Uitgewers, 2004.


NINA BOTES is twintig jaar oud en studeer BA Tale aan die Universiteit van Pretoria. In 2002 lewer sy 'n bydrae tot die publikasie vir hoërskoolleerlinge, Poort, en in 2003 verower sy die prys vir die beste eerstejaarstudent in Afrikaanse letterkunde aan die UP. Sy is obsessief oor Radclyffe Hall, Joan Hambidge en Liewe Heksie. Sy hou ook van kinders, diere, oumense en stories. Sy drink graag tequila en rook Dunhill Menthol, en haar partner is een van die mooiste vroue in Gauteng.




LitNet: 15 Desember 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.