GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Spiritueel

Wat gebeur wanneer jy sê "Ek is"?

Brenda Nel*

Brenda neem gebeure van die afgelope paar maande onder oë en wil inspirasie gee. Dit word as 'n uitnodiging tot debat aangebied. Danie Botha

“Ek is”-stellings gee identiteit, gee betekenis, erkentenis en verbintenis. Jesus het gesê: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe." Die moordenaar in die tronk het gesê: “Ek is skuldig.” Ons vroue wat lief raak vir vroue sê: “Ek is ‘n lesbian.” ‘n Enkele “Ek is”-stelling kan berge verskuif, sterre laat beweeg, mense wat lief is vir mekaar van mekaar skei, en harte stukkend skeur.

Ek is ‘n lesbian. Ek is straight. Ek is ‘n Ma. Ek is ‘n Lover. Ek is ‘n Feeks. Ek is ‘n Kind van God. Ek is ‘n Sondaar. Ek is gered. Ek is hartgebroke. ‘n Mens soos jy, soos enige ander. Godgeskape.

Soos jy, raak ek lief, bou ek drome, word ek bang, het ek hoop, word ek teleurgestel. Soos jy het ek ‘n blyplekkie, maak ek tuin, hou partytjies, werk, lees, gaan dokter toe. Soos jy geniet ek goeie geselskap en rooi wyn, wonder ek oor die lewe en die doel van alles. Soos jy het ek opinies, onsekerhede, bevraagteken ek my identiteit, soek ek antwoorde, het ek antwoorde, raak ek sinies, is ek optimisties.

Gay predikante word verstoot. Gays mag nie in die openbaar of tydens ‘n sosiale byeenkoms nabyheid geniet nie. Twee mans of twee vrouens wat liggaamsplesier deel, word as siek en walglik beskou en uitgejou. Drink tog net asseblief nog ‘n prozac, gaan sien die kopdokter, kom tot insig en bekering, want jy IS VERKEERD, SONDIG en GAAN HEL toe.

"'n Lid van die Fokofpolisiekar-groep het ook glo ná die optrede op Witbank aan ’n kind gesê: “Christenskap is ’n p—s-spul.”

Die Christene is hande in die lug en totaal en al onthuts deur Fokofpolisiekar se sogenaamde godslasterlike stellings; hulle hou sommer marse deur dorpe om hulle misnoeë te kenne te gee. Dalk het Fokofpolisiekar ‘n punt beet, ongeag die krasheid van hul stelling. Dalk is dit tyd om ons oë oop te maak, en dalk is dit hulle job.

Christenskap, die donker kant daarvan soos wat dit teenoor Godsgeskape mense uitgeleef word, skei mense, kerf mense in stukke, gooi hulle op brandstapels. Wat sê dit van GOD, die GOD wie se Seun in die lig was, wat liefde, meelewendheid en vergifnis GELEEF het?

“Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gaan 'n versoek dat die woord homoseksueel uit die Afrikaanse Bybel verwyder word, na akademici verwys om die verdienstelikheid daarvan te bepaal.”

As die woord homoseksueel uit die Bybel gehaal word, waarmee word dit vervang? Sluit dit lesbians in? Wie se woord is dit dan? God s’n? Die Kerk s’n? Joune? Weet hierdie mense wat die Bybel so chop en change dat die woord Bybel sy ontstaan het in ‘n dorp Biblos in Fenisië, waar Baäl aanbid was? Weet hulle hoe die Bybel van vandag ontstaan het? Glo hulle so blindelings net omdat hulle met die hel geteister sal word of onder sensuur geplaas gaan word as hulle een voet verkeerd plaas? Wie sê dis verkeerd?

“Die Rooms-Katolieke Kerk in Suid-Afrika ondersoek voorvalle van beweerde seksuele misbruik van kinders deur priesters en werknemers van die kerk. In die jongste voorval is 'n kind na bewering 'n paar weke gelede naby Kaapstad tydens 'n kamp deur 'n Sondagskoolonderwyser misbruik.”

Jy, Kind van God, Christen, watter reg het jy om my te verdoem tot die hel? Watter reg het jy, wat nie sonder vlek staan nie, om my lewe te veroordeel? Jy, wat armes help, ou mense tuistes gee, brood vir die hongeres gee, siekes in die hospitaal besoek, watter reg het jy om kinders te molesteer, ‘n ander se vrou pap te vry, jou buurman se Porsche te begeer? Watter reg het jy om jou god die enigste regte god te maak? Is daar nie genoeg van GOD vir ons almal nie?

“In 'n radioprogram oor homoseksualisme onder predikante het 'n paneellid gesê statistieke wys dat 9 persent van die NG-predikante homoseksueel sou wees.”

Jy, Christen, wil jy dit nie dalk oorweeg dat ons almal, die hele kosmos, GOD is nie? Wil jy nie dalk net ‘n oomblik stil sit en luister hoekom die mense van vandag so kwaad is vir God, die Kerk en Christene nie? Wil jy dit nie dalk oorweeg om die skille van jou oë af te haal om die GODHEID in almal raak te sien nie? Dalk, net dalk, as jy afklim van jou perd van reg en geregtigheid, sal jy agterkom dat die Godheid in jou in staat is tot eindelose liefde, verdraagsaamheid, vergifnis, vreugde, vrede, geduld en meelewendheid. Net dalk sal jy ‘n ander se keuse nie sien as reg of verkeerd nie, maar net as anders as joue of jou Bybel s’n. Jou Bybel wat jy nie weet waar dit vandaan kom nie. Net dalk sal jou bekering en Christenskap ‘n totaal ander betekenis kry, naamlik die INKERING van GOD en alles wat God is, in jouself in, sodat jy dit word. Liefde. Vrede. Vreugde. Dalk sal jou donker lig word, dat jy nie meer daarvan hoef weg te hol nie.

Dalk sal Fokofpolisiekar, gays en moordenaars vir jou ‘n boodskapper word. Dalk sal die priester wat die kind molesteer en die gay dominee vir ons ‘n boodskapper word. Dat daar genoeg is van GOD. Dat alles en almal God is. Dat daar genoeg liefde is. En dalk kan ons wêreld verander. As ons luister.

Ek is alles en niks. Ek is van God en ek is God. Ek is.

(Nuusberigte aangehaal uit Die Burger.)


* Brenda Nel
Ek het die veertigs en al die ups en downs wat daarmee saamgaan, met 'n stinkspoed geslaan. Ek is die ma van twee tieners, bied selfontdekkingsavontuurkampe vir tieners aan gedurende skoolvakansies, het 'n amper-BEE-rekenaardienste- en 'n "life coaching training"-maatskappy, en is 'n student van die lewe. My passie en doodsteek is om die mens te ken en te verstaan en in die proses vir mense wat wil, tools te gee om hulle ware self te ken en te ontgin tot volle potensiaal.




LitNet: 29 Junie 2006

Ek ontvang graag reaksies op Brenda Nel se menings. Stuur dit aan dbbotha@mweb.co.za. Meld asseblief haar naam en die titel van die teks. Bydraes word dan onder "Menings van ons lesers" geplaas. Ons plaas haar stuk om debat aan te wakker en onderskryf nie noodwendig alles nie.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.