|
Nog 'n nuwe inhoudsversorger by Gay@LitNet: Ontmoet vir Nina BotesNina Botes is op 16 Mei 1984 gebore. In 2005 verwerf sy die graad BA (Tale) (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria. Sy is tans besig met die grade BA (Hons) Algemene Literatuurwetenskap en BA (Hons) Vertaling en Professionele Skryfwerk aan die Universiteit van Pretoria. Haar navorsingsfokus is die representasie van die lesbiese figuur in die letterkunde. Sy skryf ook kreatief, meestal kortverhale. Haar gunsteling-outeurs is Jeanette Winterson, Etienne van Heerden, Fanny Flagg, Isabel Allende, Charles Dickens, Radclyffe Hall, Milan Kundera en Jeanne Goosen. Sy hou van Liewe Heksie, haar hondjies (Gina, ‘n Duitse herdershond, en Taaitjie, ‘n miniatuur-dobermann), Nataniël en soesji. Sy het ‘n pragtige reënboogvlaggie op haar motor, en letterkunde speel natuurlik ook ‘n belangrike rol in haar lewe. Deur haar betrokkenheid by Gay@LitNet wil sy mense blootstel aan gay- en lesbiese literatuur van gehalte.
|
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |