GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Moffiééé!

Danie Botha

In Die Burger van 1 April 2005 berig Lucia Swart dat die Gay-en-lesbiër-alliansie (GLA) 'n klagte van haatspraak by die Menseregtekommissie teen die gay-koerant Exit aanhangig gemaak het. Dit gaan om die gebruik van die "aanstootlike moffie-woord" in 'n rubriek deur Louw Mulder, 'n vryskutskrywer vir dié koerant.

David Baxter, die GLA se mediadirekteur, het volgens die berig gesê gays voel oor die m-woord, soos "Afrikane oor die k-woord voel". Gavin Haywood, redakteur van Exit, "skud sy kop in ongeloof. 'Dit is waar dat ons 'n probleem daarmee het as iemand anders na ons as moffies verwys, maar ons praat gereeld só van onsself.'" En Louw Mulder verklaar hy sien dit as 'n teken van selfaanvaarding dat hy met homself kan spot. Hy het nie bedoel om iemand aanstoot te gee nie.

In November 2002 was die moffie-betiteling ook in die nuus na aanleiding van dr Niel le Roux se klagte oor die gebruik van die woord in toneelstukke by Aardklop. Destyds het ek die onderstaande teks in reaksie op die daaropvolgende briewe en 'n rubriek in Die Burger geskryf, maar dit het verouder geraak en is nie op die kunsblad gepubliseer nie. Ek ontvang graag reaksie op die Exit-saak en my opvattings. Kom ons voer 'n debat.

DANIE BOTHA

"Dit is snert dat 'moffie' 'n afjakkende naam is."

Só beweer BJ Alberts op die brieweblad van 1 November en wil hy Martie Meiring se "Van alle kante" van 17 Oktober ondersteun.

Ek ervaar die saak anders.

Gays word dit op skool toegevoeg. Ook in die huis as jeugdiges. Hoeveel seuns is nie verward as hul pa's sê hulle moenie 'n moffie wees nie? Hoe ouer jy word, hoe gekultiveerder die kringe waarin jy beweeg, hoe minder word jy so aangespreek. Maar natuurlik kry jy agteraf die etiket. Jy hoef ook nie direk so genoem te word nie; diskriminasie en afkeer kom dan net in ander vorme. Of jyself kry nie die stigma nie, maar jy moet hoor hoe ander dit genoem word.

Dit is gewoonlik 'n man wat 'n ander man 'n "moffie" noem. Gay vroue word neerhalend "lette/letties/lesbiekers" genoem. Onder andere.

Wanneer ek dan 'n moffie genoem word, registreer ek die spreker se opvattings oor seksualiteit. Hier volg 'n versameling daarvan:

"Ek, die heteroseksueel/straight, beskou jou as homoseksueel/homofiel/gay as minderwaardig en veragtelik. Ek kan jou nie respekteer nie. Ek voel ontuis in jou geselskap, ons het niks vir mekaar te sê nie. Jy is nie manlik soos ek nie. Liggaamlik is jy nie 'n vrou nie, maar jou gedrag en voorkoms herinner sterk aan dié van 'n vrou s'n, of soos wat gewoonlik van 'n vrou verwag word. Jy toon iets van die volgende karaktereienskappe: onbetroubaar; warkoppig; kinderagtig; ruggraatloos; te sag en liefies; te emosioneel; oppervlakkig; dom; onprakties; selfsugtig; selfgesentreerd; bitsig; arrogant; genadeloos; stuit nie om ander te verraai of te beswadder nie. Julle is 'n mafia; as kliek spot julle met ons, opponeer ons, sluit ons uit. Jy/julle leef immoreel/dekadent/hedonisties. Ons probeer sedelike norme handhaaf, veral binne die huwelik; julle leef daarsonder. Ons wonder oor wat julle seksueel doen, of ons weet en vind dit afstootlik. Ons is bang julle beïnvloed ons minderjarige seuns. 'n Moffie en 'n pedofiel is maar dikwels dieselfde ding. Jy is abnormaal, nes 'n hermafrodiet.

"Daarom verstoot ons julle deur julle te kategoriseer en neerhalend te benoem. Die toon waarmee ons 'moffie' uitspreek, is honend, druk afkeer, selfs haat uit."

Die man wat, op welke wyse ook al, verneem dat hy as 'n "moffie" beskou word, raak ontsteld, radeloos, bejammer homself omdat hy hom gedeeltelik of volledig in die kategorisering herken het. Hy moet stry teen 'n minderwaardigheidsgevoel. Hy wil tog aanvaar en gerespekteer word. Met 'n lae selfbeeld begin hy twyfel aan die sin van die lewe.

Of hy kom in opstand, leef nou juis uitdagend, selfgeldend, raak aggressief. Hy stap voor in die gay-mars, hang as fopdosser uit.

Of hy verwerp die moffieleefstyl, want hy verheerlik juis manlikheid, probeer hom so goed as moontlik aanpas by die straights en sy geesgenote, met behoud van sy individualiteit.

Of hy begin 'n lewe van voorgee, onderdruk sy "geneigdhede", word Don Juan onder die vroue en raak self 'n homohater.

Daar bestáán wel vroulike gays, dié wat "fem" en/of "camp" is. Die man wat vir jou sal sê hy het die siel van 'n vrou. Mans met grade van "vroulike" gedrag en voorkoms. Teen hulle wórd daar gediskrimineer. Lees maar die kennisgewings in die kontakrubrieke in die gaymedia: "No fats, no fems."

Ek hoor heteroseksueles feitlik deurgaans "moffie" afkrakend gebruik, nie vertroetelend of bewonderend nie. Gays sal dit soms luimig gebruik, en daar is dié wat "moffie" as erenaam probeer vestig. Baie ervaar dit as verouderde terminologie, maar nog steeds kwetsend.

Woorde soos "omie", "oompie" , "antie" of "tannie" word vererend en eerbiedig gebruik én ook neerhalend. Dit hang af van die konteks, bedoeling en die gepaardgaande stemtoon. Nie so met "moffie" nie.

"Hermafrodiet" (tweeslagtige plant of dier) ken ek nie as 'n benaming vir 'n gay nie, maar wel die volksmondweergawe. In die jare sestig het my boerse pa 'n bekende gay van die dorp 'n "trassie" genoem. Toe ek dit vir 'n intellektueel vertel, het hy meewarig geglimlag oor dié ouderwetsheid. Jare later wonder ek nog of my pa-hulle inderdaad gedink het 'n gay man het nie net 'n man se apparaat nie.

Kwetsende benaminge mag mettertyd verander, maar die bedoeling bly dieselfde.



LitNet: 06 April 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.