GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Nog vrae in die moffie-saak

Is die GLA ooit 'n groep?

Jean Meiring het gevra dat die GLA 'n bietjie gesig moet wys.

Willie Knoetze laat weet:

Dis nou al 'n paar dae ná die tyd, maar woelinge rondom die GLA (wat ook al) met hulle klagtes by die Menseregtekommissie oor "moffie" in Exit en oor die Amsterdam-gastehuis in Kaapstad se toelatingsbeleid, het nog steeds nie bedaar nie. Dis verbysterend, maar hierdie vleeslose entiteit (alliansie?) kry dit reg om gerespekteerde mense se tonge te laat klap. Selfs die mense van Die Burger!?

Ná hul stigting as politieke party - wat gepaardgegaan het met vele belaglikhede - is die GLA eenstemmig deur gevestigde LGBTI-organisasies in SA bestempel as geensins relevant nie (verwys: http://www.equality.org.za/press/2002/20020805uysps.htm).

In Augustus 2002 is "hul" owerste (alleen-eienaar?) gearresteer in verband met kinderpornografie (verwys: http://www.q.co.za/news/1999/9911/991119-uys.htm).

Met die Sizzlers-tragedie het die einste owerste die kollig probeer deel deur "te vlug", glo vir sy lewe (http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13&art_id=vn20030124053117620C754923).

In 2003 eis die GLA dat die regering antiretrovirale behandeling verminder vir mense wat MIV+ is as gevolg van "immorele seksuele handeling". (Dié stelling is vanjaar weer herhaal.) En in September 2004 wou hulle drag queens tydens die Pride-optog in Johannesburg laat toesluit (http://www.365gay.com/newscon04/09/092104safDrag.htm).

Betyds vir die laaste nasionale verkiesing herskep die GLA himself as die DPP (Death Penalty Party). Die DPP het egter niks reggekry in die verkiesing nie - nou is dit maar weer GLA-tyd.

Deesdae kla hulle oor Amsterdam-gastehuis se toegangsbeleid (verwys: http://www.365gay.com/newscon05/04/040405safDiscrim.htm).

Die vermoede bestaan dat Mnr Owerste (en dalk sy poedel) eintlik die somtotaal van die GLA se ledetal uitmaak. Ek sou graag wou weet indien dit wel die geval is - my vriendin kort juis 'n onderwerp vir haar tesis.

Indien nie, hoekom het Wrapped se mense so gesukkel om met die GLA kontak te maak? (Wrapped, uitgawe 01.)

Ek wonder: Stem enigiemand saam met die GLA? Kom ons kyk bietjie: Hoe voel julle oor die feit dat die Amsterdam-gastehuis net mans toelaat/akkommodeer?

Skryf bietjie - dit mag dalk net interessant raak.

Jongste GLA-optrede

In Die Burger van Vrydag 22 April berig Elsabé Brits onder meer:

Die Gay-en-lesbiër-alliansie (GLA) gaan aan 59 skole die kans gee om aan te dui of hulle paartjies van dieselfde geslag by hul matriekafskeid sal toelaat. Indien "nee", sal die GLA so 'n skool by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan verkla.

Altesame 14 van dié skole is in die Wes-Kaap en volgens die GLA is die skole nie sonder rede op die lys nie, want daar was al voorheen klagtes oor dié skole se optrede jeens homoseksualiteit.

Mnr David Baxter, mediadirekteur van die GLA, het aan Die Burger gesê: "Skole doen net wat hulle wil en steur hulle nie aan die regte verskans in die Grondwet nie."

Die skole moet ook verklaar dat hulle teen homofobie is.

(Aangehaal deur Danie Botha.)

Sê maar "mof", maar nie in die middel van Menlyn nie

Fanie Van Zyl:

Danie, ek is self 'n moffie en moet noodwendig met jou skrywe op Gay@LitNet saamstem maar ook verskil.

Die jonger gay persoon wat nog nie uit die kas uit is nie, of pas uit die kas geklim het, sal die woorde moffie, faggot, skeef, tras, komposstamper, queen as neerhalend beskou. Ek het ook. Noudat ek meer volwasse (so hoop ek) is, kan ek self die woorde gebruik, of mense kan my so noem, en ek sal dit as skertsende taal ervaar. Self sal ons na 'n verfynde man verwys as: "Kyk daai groot mof" of "Dis een groot mejuffrou daardie." Ons verwys na die vroulike gays as "Daai lettie maak seer!" of iets dergeliks. Die woorde glo ek moet met versigtigheid gebruik word en die aard, tyd en redelikheid van die omstandighede moet oorweeg word. Dit is natuurlik hoogs onvanpas om iemand in die middel van Menlyn byvoorbeeld aan te spreek as "Ja, jou mof", behalwe as dit 'n groep vriende is en die persoon selfs daarvan hou om so aangespreek te word. So byvoorbeeld dink my swart vriende dit is uiters amusant om my "baas" te noem en as ek hulle "outa" noem of selfs vice versa. Met ander woorde, die tyd en crowd sal bepaal of die gebruik van woorde gepas is. En ek dink beslis dat die woorde neerhalend kan wees in sekere kontekste en vir jonger of baie ouer konserwatiewe gay mense. My vriendekring is beslis te joviaal om enigsins vernederd te voel oor die woorde - ons is, after all, Fag!! en moenie van my Faghag vergeet nie!

Mof-groete



LitNet: 06 Mei 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.