GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Dié stukke en stories wérk met ‘n mens!

Eers 'n huishoudelike saak.

Ons gaan die jaar sonder JANIE SMIT in. Sy was van die heel begin saam met ons. Dit was altyd só opmerklik: as sy 'n vroueskrywer se werk gewerf of aanbeveel het, kon ons maar weet daar gaan baie en positiewe terugvoer wees. Ons hoop om weer van haar eie skeppende werk in die toekoms te plaas.

Ook RAFIEK MAMMON, wat ons Engelse bydraes gehanteer het, vind dat hy hopeloos te besig is om reg aan die Gay@Litnet-werk te laat geskied. Ons neem daarom ook afskeid van hom.

Tot nadere kennisgewing kan alle bydraes na my gestuur word.

Dis baie bemoedigend om hieronder te sien dat sekere tekste ná maande raakgesien en waardeer word. Skrywers moet dus hierdie rubriek bly dophou. Dalk kry julle tog nog pluimpies.

Ons plaas ook graag die kommentaar, want dit dui aan watter tekste beslis die moeite werd is om te lees. As jy verskil – skryf, asseblief.

RIAN JACOBS:

Adam se "Rooikoppie" laat my terugdink aan die keer toe ek ook my pen in daardie rigting wou stuur. Die karakters was vir my baie tuis in hulle omgeruilde rolle. My houtkapper het natuurlik geheet: Boudkapper. Maar ek het my hardeskyf verloor en so ook die onvoltooide teks. "Rooikoppie" het goeie herinneringe opgeroep. Dankie!

SOPHIA:

Ek is verstom! Nog nie lank op die Net nie en die eerste keer dat ek die webwerf besoek – ek is ook nuuskierig. Is dit moontlik dat Egon die brief in Afrikaans geskryf het of ken jy Hebreeus, Danie? Dis 'n pragtige verhaal, maar die aanhef oor die ongelukkige gays maak dit ook hartseer.

Antwoord: Sophia verwys na Egon se nuusbrief uit Israel nommer 20: "Vreugdes en hartseer van troues in Israel". Nee, Egon skryf dit as gewese Stellenbosser in Afrikaans; dit word nie vertaal nie.

CHRISTINE:

Ek reageer graag op "In die begin...", die verhaal van Leandi Erasmus oor Adam, Eva en Lilith. Wat 'n fantastiese stuk! Lank laas het iets my so aangegryp as dié spesifieke verhaal. Welgedaan!

WILLEM:

Ek het gesit en rondswerf hier op die web, toe ek op hierdie webwerf afkom. Ek het al van LitNet gehoor, en gelees in die koerante, maar was nog glad nie op dié webblad nie.

Ek het sopas Anton Kruger se "Ons ses moffies in die army" en "Sekstoring toe" gelees, en sien toe dat jy vra vir kommentaar aan die einde daarvan. Ek het hierdie storie nou SO geniet. Daar is darem geen ander taal wat by Afrikaans kom (!) wanneer mens 'n seksstorie skryf nie: die woorde wat mense gebruik, en selfs die kru n**i my of suig my p**l – dit doen net wondere vir my, en ek WENS ek kon by 'n plek soos die sekstoring uitkom. Ek woon ook op 'n klein plattelandse dorpie, en hier gaan nie altyd veel aan nie!

Dankie weer eens daarvoor, en hou so aan: ek geniet die gate uit!

Antwoord: Wat gebéúr op die platteland? Julle mense moet ons asseblief daarvan vertel. Avontuurlik, romanties, eenvoudig – skryf!

JOHAN:

Hy verwelkom Anton Kruger se "Twee seksstories vir manne van veertig plus":

Yes, manne! Moerse baie lekker stories! Dankie, Anton. Ek het nou eers lekker gaan kierie kap. En ek is 40+. Stywe groete.

HEIN:

Ai, Danie, ek het nou gou weer een van die stories gelees, die een oor Gerhard van Wyk se ervarings (Michael C. Herbst: "Die seksavonture van Gerhard van Wyk, deel 1 en 2"). Man, maar nou is ek darem goed jags. Sal self nie omgee vir so 'n lekker groepsessie nie. Het dit nog nooit gedoen nie, maar dit klink fantasties. Maar, nou ja, dit sal seker ook maar net by droom bly, want ons getroude ouens kry mos nou nie juis so baie die geleentheid om alleen van die huis weg te glip nie.

MINDA BORNMAN:

Laurie Gaum se "Ontboeseming" is baie mooi, treffend. Ons dink aan hom.

WILLIE SE VRAAG:

Ek wil net uitvind wanneer weet 'n man of hy gay is of nie. Watter tekens is daar, ens.

Kom ek stel dit so: Ek het nog nooit werklik 'n verhouding gehad nie, en elke keer as ek 'n man sien wat "cool" aangetrek is en spiere het, staar ek hom aan. Daarteenoor is dit dieselfde as ek mooi vroue sien.

Ek kry ook soms gedagtes oor mans, hoe hulle my vasbind en vir my 'n oorbel insit en dan soort van "brainwash"... Ek weet dit klink seker simpel, maar dit is werklik gedagtes wat ek kry.

Elke keer as ek 'n man met 'n oorbel sien, dan kry ek ook so 'n snaakse gevoel in my.

Antwoord: Willie woon einste op 'n plattelandse dorp. As jy met hom wil gesels, stuur jou eerste e-pos aan hom na dbbotha@mweb.co.za. Ek sal dit vir hom deurstuur en dan kan hy besluit met wie hy daarna direk wil korrespondeer. (Dit geld ook vir enige van bogenoemde skrywers of kommentators.) Dui aan of ons jou reaksie ook in hierdie rubriek mag plaas. Intussen beveel ek dr. Jean du Plessis se Oor gay wees (Tafelberg, 1999) as leesstof aan. Dis vermoedelik uit druk, maar jou bibliotekaris behoort te kan help, desnoods met 'n interbiblioteeklening.

DANIE BOTHA



LitNet: 07 Maart 2006

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.