GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

'n Plek in die son vir almal?

Doen soos Taiwannese doen: Gun 'n ander die plek wat hy reeds het

Hannes Botha is 'n onderwyser in Taiwan. Hy skryf na aanleiding van Johann Rossouw se nuusbriewe:

Ek is ook al in Taiwan vir die afgelope vier jaar en verlede jaar het ek nie huis toe gegaan nie, omdat my ma vir my kom kuier het vir twee maande. Dit was so wonderlik om die hele land vol te toer saam met 'n goeie Taiwannese vriend. My ma het op 63 vir die eerste keer in haar lewe 'n paspoort bekom en gevlieg. Sy het alles baie geniet. Sy het duidelik genoem dat sy nou 'n wêreldreisiger gaan word.

Die dinge het in Suid-Afrika vir my so verander ná die twee jaar wat ek afwesig was uit die land. Maar een ding wat ek wil aanraak, is die verkeersverskille tussen Taiwan en Suid-Afrika.

Ons dink almal ons het beskaafde reëls en regulasies in ons land, want almal ry waar hulle moet ry en daar is orde. Taiwan se verkeer is totaal anders. Dit is chaoties, maar in hierdie chaos is daar 'n onderliggende wete dat, sou ek 'n fout maak, sal mense nie vir my die toeter druk en 'n vuis wys met: "Klim tog net uit die %^^$^& pad uit!" nie. Hier gun die mense mekaar 'n plekkie in die son. Min hoor jy 'n toeter blaas. Die oom wat nie kan loop nie, ry met sy inkoopvoertuigie in die pad. Die vrou wie se enigste besittings op 'n groot trollie gelaai is, sal haar goed in die middel van die straat stoot, en word daar 'n toeter gedruk en 'n vuis gewys? So nimmer as te nooit. Gee haar haar plekkie in die son. Hier is daar 'n onderlinge verdraagsaamheid. Toe ek terugkeer ná die vakansie in Suid-Afrika, toe sê ek dankie aan die Here vir die land, waar die verkeer deur menige uitlander gesien word as 'n euwel, maar ná drie motorfietsongelukke het ek begin stadiger ry en ook begin leer om ander mense die plekkie in die son te gun. Hier moet jy besef dat die motor wat langs jou ry en reg voor jou wil indraai, die reg het, want in die rangorde is jy minderwaardiger as hy. Moenie dat jou "I demand to be first ..." veroorsaak dat jy skuiwend met Moeder Aarde kennis maak nie. Gun die ander een die plek wat hy reeds het. Jy sal ook by jou bestemming uitkom.

Dis tyd dat ons kyk na hoe ander mense dinge doen en begin intap in die geestelike manier van dinge doen, en daarby inval, pleks van ons manier van doen wil afdruk. Do as the Romans do.

*

"Jy's briljant!"

Liz Malan (alias Xiao Lin) laat weet Johann Rossouw is fantasties:

Mnr Rossouw, as dit jy is wat daardie artikel oor Taiwan geskryf het op Gay@LitNet, is jy seker een van die briljantste skrywers wie se werk ek nog ooit gelees het! Want jy skryf dan alles net so asof dit ek was wat dit geskryf het! Ek voel net soos jy, die enigste verskil is seker dat ek 'n vrou is ( 'n straight een) en dat ek vlot Sjinees praat en vier jaar lank in Kaohsiung grootgeword het. Ek was in Kaohsiung American School. Maak nie saak waar in die wêreld ek is nie, my hart trek nog altyd terug Taiwan toe. Alles wat jy sê, is waar. Jy is briljant. Jy behoort dit te weet.

Sterkte met alles.

Zaijian.

*

"Ek probeer om dinge in Australië te verstaan - soos byvoorbeeld gays!"

Ziza Van Der Walt wil ook vanaf Sunshine Coast, Australië, weet of Johann Rossouw nie dalk 'n "deceptive spirit" in hom het nie:

Ek self is 'n expat soos Johann Rossouw; al verskil is dat ek Australië toe verhuis het omdat ons (my gesin) nie kans gesien het vir die Asiërtale nie. Ons het ook hiernatoe gekom met niks nie en vir amper 'n jaar lank het my man nie werk gehad nie en moes ek die pot aan die kook hou, asook ons twee kinders se skoolkostes ens dra. Ons weet ook wat dit is om op die grond te slaap, om niks te hê nie - geen meubels, potte en panne nie, en om planne te probeer maak met ekstra werk ná my voltydse werk by die skool om kos op die tafel te sit.

Ek self was nog altyd 'n Christen en het altyd die lewe baie gewaardeer en geniet. In Australië het ek depressief geword, ly aan hoë bloeddruk en ander probleme omdat die druk te veel is (asook om ander redes), soos Johann genoem het. Immigrasie is definitief nie maanskyn en rose nie; jy moet baie dapper wees om so 'n stap te neem. Die Here het ons deur die meule gesit, of sal ek liewer sê, "gesuiwer". Dit was definitief van die moeilikste tye in my lewe. Ek is nog nader aan God as ooit en het nie een nie, maar letterlik honderde wonderwerke in my lewe gesien wat God beskik het vir ons. Ek het ook hier geleer hoe om na God se stem te luister en God het dit ook so bewerk dat ons nie net vir onsself sorg nie, maar ook ander expats help wat in dieselfde bootjie verkeer as toe ons hier gekom het in 1996.

Ek probeer om sekere dinge te verstaan soos byvoorbeeld gays! Toe ons hier aangekom het, was ons bure twee lesbians, en die ergste van alles was my kinders was nog nooit blootgestel aan sulke optrede nie; nie eers ek het van so iets geweet tot baie laat in my huwelik nie. Ek moes baie vinnig begin verduidelik, maar ook op so manier dat my kinders nie oordeel nie. Dit was aanvanklik 'n skok en ek het dinge gehoor en gesien wat my tot in die grond toe geskok het. So het die Liewe Vader my blootgestel aan baie dinge en baie lesse geleer. Die twee lesbians (nie Christene nie) is vriende van my, alhoewel hulle nie meer bymekaar is nie en die "mannetjie" is vandag getroud met 'n man en het die pragtigste dogtertjie by hom. Wat ek nie van Johann kan verstaan nie, is dat hy teologie gestudeer het en volgens sy brief kan 'n mens aflei dat hy die Woord ken, maar volgens die Bybel is homoseksualiteit absoluut verbode en kan nie aanvaar word as reg nie.

Verder is ek besig met 'n boek van Richard Ing, Spiritual Warfare, en as ek nou so deur dit lees, laat dit my wonder of Johann nie 'n "deceptive spirit" in hom het nie, want hoe anders kan hy nog God wil loof en prys, maar steeds homself oorgee aan "the spirit of lust"! Johann, jy klink na 'n baie intelligente man; kan jy dalk vir my verduidelik hoekom party mense oorleun na dieselfde geslag in plaas van kyk na wat God vir die man geskape het van die begin af - die vrou - en andersom?

Johann Rossouw het belowe om hierop te antwoord. Danie B.

*

Lof vir Egon

Oor Egon se Nuusbrief 18 skryf Paul Jacobs:

"Jerusalem 'verhef' ek bo my 'hoogste lof'" is 'n skitterende stuk. Gee vir ons meer sulke stukke, asseblief. Baie goed geskryf.

*

"Ek bly liewer in die kas voor Christene my veroordeel"

Ongelukkig skryf:

Ek is so ongelukkig oor die Christene wat so oordeel en nie weet wat om met hulle hande te doen nie. Miskien moet hulle 'n stokperdjie kry om hulle mee besig te hou. Veral die ou tannies wat nie weet wat ware liefde is nie. Ek dink hulle het hulle nog nie self lief nie, want 'n mens moet eers jouself lief hê voor jy ander kan lief hê. Ek probeer self om 'n Christen wees, maar soos die Christene vandag is, dink ek nie hulle ken DIE HERE se liefde nie, of hulle kan nie LIEFDE spel nie. Ek is gay, maar sal nooit uitkom nie. Ek bly liewer in die kas voor ek veroordeel word. Ek wonder of hulle 'n briefie van GOD gekry het dat Hy ons veroordeel. GOD veroordeel nie; dis die mens wat veroordeel.

*

Lof vir Verhale

Johan:

My dank en waardering vir drie genotvolle stories:

"Dullah" - Tiaan Neethling
"Ek dag ek sê net koebaai" - Johan van Lill
"Duet vir 3" - Johan P Boshoff.

Ek sal baie graag meer van dié drie manne se penvrugte in hierdie trant wil lees, baie eroties en baie genoeglik!

Doen so voort asseblief, ouens.



LitNet: 06 Mei 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.