GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Van ver en naby kry skrywers lof

Menings van lesers

Ná die feestyd het Gay@LitNet 'n bietjie stadig aan die gang gekom - alles deur my toedoen, bieg ek. Menings het daarom opgehoop, maar hopelik nie totaal verouder nie.

DB

  • Ronald Spoor, Den Haag:

    Met veel plezier heb ik de gedichten van Chris Lombard gelezen: het Afrikaans is een mooie taal. "Homofobies" begrijp ik niet helemaal, omdat er kennelijk een toespeling wordt gemaakt op een Zuid-Afrikaanse machthebber. Ik houd van poezie, van Afrikaans, van mannen en vrouwen en ik vind het internet ideaal om literatuur in Afrikaans te lezen.

    Vriendelijke groet.

    -    Die "machthebber" wat Chris Lombard in gedagte het, is president Robert Mugabe. Aan die einde van 2004 het Chris se jongste digbundel by Protea Boekhuis verskyn: Driemaster. Lees gerus "Querelle", "Vreemdelingelegioen", "Aan Antínoüs", "Bergplaasbesoek" ens.        DB

  • Glynn:

    baie impressed met van die skrywers ... dik impressed met thys de beer se gedig "ek soek jou ..."

    baie geluk ook met julle tweede verjaarsdag ... die content van die site is baie kewl.

  • Cobus van der Merwe laat weet vir Willie Knoetze oor sy "Bye-bye, Mnr Bi":

    Puik, man, puik. Jy vat die gevoel (en ervarings) wat die meeste van ons al moes verduur, kragtig saam.

    'n Rymelary van my vir jou:

    beloofde land

    ek het my knieë bok gebid
    tot jou toe, en tot god
    red my van hierdie liefde, heer
    wat lei na niks
    keer op keer

  • Elgru Burge oor Willie Nel se "Fresh Meat":

    Ek dink dit is 'n persoonlike stuk hartseer wat hier beskryf word.

    My hart gaan uit na hom en ek hoop hy het iemand wat hom bystaan, want daardie gister sal nie vanself weggaan nie.

  • In Nieu-Seeland het ook Deon Maritz waardering vir Willie Nel se "Fresh Meat":

    Dit was nou regtig 'n goeie kortverhaal gewees en ek dink een waarmee baie van ons ons kan vereenselwig. Dankie dat julle dit gepubliseer het hier op Gay@LitNet. Net soos die skrywer, leef ek ook maar net een dag op 'n slag. Mens kan nie regtig anders nie - die ou lewe is te onvoorspelbaar. Hoop om nog verhale van Willie hier te lees.

  • Oor Johann Rossouw se Nuusbrief uit Taiwan skryf Deon:

    Dankie vir Johann Rossouw se jongste nuusbrief. Soos gewoonlik, great om te lees. Lees die man gedagtes of wat? Self 'n immigrant, kan ek weer eens vereenselwig met wat hy geskryf het. Moes ook maar die huis opgee in Fourways, twee decent motors (as mens 'n Ford decent kan noem) en ons handgemaakte ontwerpersmeubels. Wat mis ek die meeste? Ons twee viervoetkinders Bouncer en Lady. Moes die honde agterlaat. Hulle is soos kinders in die huis en maak mens se lewe voller.

    Anders as in Taiwan is NS se gaygemeenskap net soos dié in SA ook maar baie statusbewus. Jy woon in Ponsonby of Grey Lynn en jy ry die nuutste uit Europa - nie 'n Jap import nie! Hier in NS het ons 18 maande in 'n woonwa gewoon, ons ry 'n 12 jaar oue Jap import, en snaaks genoeg - ons mis nie die "status" nie. Die belangrikste nou is om saam te wees en die nuwe avontuur saam te beleef. Ek en my beter helfte - ons is nou al ses jaar saam - het saam uit SA hierheen gekom. Ons ontdek ná vyf jaar nog steeds nuwe plekke en fasette van mekaar. Dit is wat saak maak - nie wat jy het en hoeveel jy verdien nie.

    Gelukkig is ons nou uit die woonwa en in 'n huurplekkie aan die verkeerde kant van die spoorlyn in Suid-Auckland. Die mense is meer opreg en dit is lekker om tussen al die kleure en geure van regoor die wêreld te woon. Ons geniet ons lewens so sonder glitz en glamour.

    Hier in NS, soos seker in SA ook, het ons nou die Civil Union Bill. Dit beteken dat almal - gay en straight - nou hulle verhoudings kan registreer. Dit is nie "trou" nie, maar dit formaliseer net die verhouding. Die meeste mense in NS (volgens die laaste sensus 60 persent) glo nie aan enige God nie en sien trou as uit die mode en iets wat met Christenskap vereenselwig word. Selfs ons eerste minister het nie veel erg aan geloof nie. Die wet kom in op 1 April 2005 en ek en Quintin beplan om die groot stap te neem op 10 April 2005.

    Haai, 'n wonderlike Kersfees vir julle almal daar by Gay@LitNet en mag 2005 net beter wees as die jaar wat so op sy rug lê!

  • Pieter Coetzee roer 'n saak aan:

    Manlike verkragting bestaan mos nie in ons wetboeke nie. Eintlik is dit sodomie, wat verwar word met vrywillige en liefdevolle seks met 'n man.

    Geen wonder die kerke is so op hol met homoseksualiteit nie - die Bybel het eintlik maar net gesê dat net so min as wat jy 'n vrou teen haar wil mag neem, net so min mag jy dit met 'n man doen.

  • Hennie Scott na aanleiding van Egon se nuusbriewe uit Israel:

    Ek geniet nuus uit Israel! Ek weet nie wie is Egon nie en ook nie wie Danie is nie (die ontvanger van die e-pos). Nog nuut op Litnet.

    Ek het 'n liefde vir Jerusalem. Ja, dit is soos 'n deel van my menswees wat net daar is. Dit is net daar - en dit is so lekker om dit te koester.

    Is ek Joods? Nee, behalwe dalk in Abraham as vader van die gelowiges - ek het ook deel geword. Ek is so trots daarop, en weet jy watter heerlikheid wag daar vir Jerusalem?

    Het jy Granate bloei in Jerusalem deur Marzanne Leroux-Van der Boon gelees? Dit is uitstekend, wonderlik, hoe kan ek dit beskryf? Wel, dan sal jy dalk my verlange verstaan.

  • Johan Kruger, Kansas:

    Amerikaanse gays is nie so oulik soos ons Suid-Afrikaanse gays nie. Hulle dink net aan een ding en dit is seks, seks, seks. Ek het met 'n paar oulike gays gepraat en hulle wil my op die eerste aand uitgeneem het vir ete en jy ken die storie. Ek het 'n oulike ou ontmoet, maar hy wil nie vir my sê wat sy seksuele keuse is nie. Hy kyk my stip aan en hy wil net vat. Ek is 28 jaar oud en my ideale ou moet opreg wees. Ek stem 100 persent saam dat 'n man wat gay is, nie getroud kan wees en nog kinders wil hê of biseksueel kan wees nie. Ek stem nie daarmee saam nie.

    Amerikaanse gays hou daarvan om heeltyd besig te wees. Hulle lees nie net gayboeke en porno nie. Wat ek aflei, is dat hulle van Men's Health hou. Dit is 'n tydskrif oor manlike gesondheid en ek koop dit ook. Wel, daar is baie stories oor straights in, maar ek kyk na die gesondheidstips. Die klubs is besig en drugs is maar volop regoor die wêreld. Die een ou - sy naam is Trevor - wil net hê ek moet saam met hom gaan eende skiet. Ek hou nie van bloed nie, maar ek is die butch in my verhaal. Ek hou van avontuur so dan en wan. Ek werk op 'n voerplaas in Kansas en die betaling is baie beter as in Suid-Afrika.

    Amerika is baie groot en die gays baklei vir hul regte en dit lyk vir my of hulle iets sal regkry, soos om 'n huis saam te koop en pensioen te kry. Oor gayhuwelike is daar nog 'n groot debat, want die mense sien dit steeds as iets vir 'n man en 'n vrou. Wel, ek is nie van plan om te trou nie, maar as ek die regte persoon kan vind wat my opreg kan liefhê en alles met my kan deel en 100 persent gay is, sal ek met alle graagte baie ver travel om by daardie persoon te wees.


    LitNet: 23 Februarie 2005

    NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
    DANIE BOTHA

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.