GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Sanger Danie Botha skok en maak hartseer

Paul Vermeulen skryf uit Faerie Glen:


Om te wees, of nie te wees nie. Dit is die vraag ...

Ek is steeds geskok en hartseer oor sanger Danie Botha se onlangse uitlatings teen gay mense. Hy is (was?) ’n gerespekteerde openbare figuur in Suid-Afrika, veral vanweë die sterk Christelike beeld wat hy uitdra.

Mense moet só geskok wees dat hulle hulself uit die homoseksualisme uit skrik.”

So sê Danie Botha by die NG gemeente Elsburg-Suid aan die Oos-Rand. Wat hy dus impliseer, is dat homoseksualiteit aangeleerde gedrag is wat mens kan aan- en afskakel na gelang van ’n besluit. As dit moontlik was, sou mens met ander woorde ook die vermoë gehad het om linkshandigheid as ’n afwyking te sien en dit dan te kon verander het met ’n besluit.

Maar ons weet teen hierdie tyd dat linkshandigheid ’n genetiese oorsprong het, NET SOOS HOMOSEKSUALITEIT, meneer Botha.

Mense gebruik maklik die Bybel om my te doem na ’n ewige hel. Ek het geloof in die Bybel. Ek wil niks daarin verklein na net ’n 2 000 jaar oue storie nie. Maar die konteks waarin die Bybel gelees word, moet eers ondersoek word, voordat jy dit kan gebruik om mense met klippe te gooi. Daar is etlike ander voorskrifte in die Bybel wat nie vandag meer geld nie. Dit word maklik afgemaak met die redenasie dat dit in die Ou Testament is en dat dit nie meer van toepassing is op ons huidige lewe nie. Wie besluit wat is nog van toepassing en wat nie?

Ek is ’n vyf en twintig jarige gay man. Ek is trots daarop om dit voor volk en vaderland te sê. Ek is betrokke in ’n liefdevolle, monogame verhouding. As ek en my geliefde saam bid, WEET ek God hoor ons, en Hy is lief vir ons. Ek weier om my te laat oordeel deur mense wat oningelig en stiksinnig is.

Homoseksualiteit is hier om te bly, Danie Botha. Ons dring aan op ons bestaan. Jy gaan ons nie wegpraat nie. Spits jou toe op velde waaroor jy ingelig is. Los die gay mense om hulle lewens in vrede en liefde te lei ...

19 November 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.