GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Swane op die Teems

’n Liedteks

Jean Meiring

Sewe-uur — op die kop — moet die taxi
by die vaalgrys voordeur wag:
Treine loop en treine stop
met ons lewens in hul mag.

Taxi toet; ek gryp wat moet:
tas en jas; serp en sambreel.
Dis mistig, triestig, mislik, en
gulsig tik die meter aan.

Soos ons ry, soos ons vleg,
sien ek hier links van my …
Soos ons ry, soos ons veg,
besef ek hier naby my:

is daar vanoggend swane op die Teems;
frisvroegoggend sewe swane op die Teems.
Drie maal twee, en dan, allenig, een;
drie maal twee, en dan ’n enkeling.

Wat is sy naam? Dié gevoel?
“Nee, daar’s net nie tyd vir vrou,
en kinders teel,” lieg ek hier en
daar — deur oefening geskool.

My werk is druk; my lewe, dol.
Tyd is min, maar die bank is vol.
Vanaand bring die trein my weer
huis toe, of wat ook al  …

Maar vanoggend op die trein
sit hy styf-styf teenaan my.
My koerant, nog opgerol,
tik onskuldig teen sy been.

Soos ons ry, soos ons vleg,
sien ek hier links van my  …

Per abuis glip ’n kaartjie
in my oop en honger hand:
Paul — call me, please do feel free.
Wat is sy naam? Dié gevoel?

Soos ons ry, soos ons veg,
besef ek hier naby my  …

Vanoggend was daar swane op die Teems;
frisvroegoggend sewe swane op die Teems.
Drie maal twee, en dan, allenig, een;
drie maal twee, en dan ’n enkeling.

Nou is ek weer — of eerder,
vir die eerste, vreemde keer —
sestien, byna ongesoen;
slim en ryk, maar o so dom.

“Ma, Kersfees kom ons son opsoek,
vir ’n week, ’n pel en ek.
Deel sommer die spaarkamer;
is hier tog ook kamermaats.”

Stukkies van ’n nuwe taal
verdring die Babel in my kop.
“Hoe gesê? En wat gemaak?”
“Wie gee om; wat maak dit saak?”

Taxi toet; ons gryp wat moet:
’n Tas gooi ons lewens saam.
Die meter tik merkbaar traag:
“Christmas cheer for you and you.”

Soos ons ry, soos ons vleg,
besef ek hier naby my  …

Vanoggend is daar weer swane op die Teems;
frisvroegoggend sewe swane op die Teems.
Drie maal twee, en dan, allenig, een;
drie maal twee, en dan ’n enkeling.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.