|
Ses maande (vir die oostewind)Katryna du Toithierdie dag en datum deur hierdie nag het ek geweet my lewe is onherroeplik verander as gevolg van jou Jou oë bly kyk in my kop jou tong nog sag op my borste jou hare verstrengel oor my lyf jou hande raak steeds aan my diepste wese jou mond vra die vraag wat ek my lewe lank al vermy Op 2 Oktober die soveelste omgeskommelde nag moes ek teenoor myself bely dat die antwoord op jou vraag van altyd af "ja" was en is ek uiteindelik bevry en ek weet dat jy dalk nou nog nie self die antwoord sien nie en ek kan net hoop dat jy die vraag onthou totdat jy soos ek ophou stry en vrede kry want eers dan sal ek my dankbaarheid aan jou kan bely en my werklik aan jou bekend maak en jou die lig wys wat jy so onskuldig en onwetend aan my gegee het intussen gaan my dank aan rose in die wind en kan ek tussen hulle bly glo dat ek die liefde in die nuwe lig sal vind LitNet: Desember 2004 NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |