GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Wat kaal manne sê

Danie Botha

Wat sê 'n man as die welaangenaamheid oor jou kom?

Party swyg. Haal dalk effens hewiger asem. Dan vra sy maat iets wat passie maklik kan blus: "Kom jy?" Of erger: "Het jy gekom?"

Heelwat kan nie die genot onder woorde bring nie. Hulle kreun, steun, tjank soos 'n klein hondjie.

Dié wat in ander omstandighede stadig en rustig praat, sê seker: "Sooojaaa ..."

Terwyl dinge aan't oplaai is, begin goeie Afrikaanssprekendes sommer Engels-Amerikaans praat: "Jê... jê... jes, sak det diek. Aaa ... tyk iet, o jê, tttttyk iet!"

Sekere aanspreekvorme in daardie tye pes ek persoonlik. Daar is jy met jou voller middeljarige figuur besig om hom gul te versorg. Tereg raak hy meegevoer, maar roep dan uit: "O, baby, baby, Baby!" Ek is nié 'n jongste meisiekind in 'n gesin wat só genoem word nie! Ek weet dis 'n fetisj, maar ek dra nie doeke nie. Ek pas beslis nie meer in 'n wiegie nie.

'n Platoniese vriend spreek my soms op 'n gemaak betigtende toon aan as "Menéér Botha?!" Onlangs is ek en 'n Engelssprekende jong man driftig by mekaar betrokke. As hy my die slag aanspreek, is dit net op my naam. Die spiermassas en holtes skuif oor my heen. Toe steier Grant orent en in volle beheer van die situasie keer hy oomblikke lank die sarsies. Toe praat hy Afrikaans en met goeie tydsberekening en met presies dieselfde intonasie sê hy: "Dis joune, menéér Botha."

Volgens Wim Vorster is die volgende 'n toonbeeld van selfgesentreerdheid: Drikus trek draad op sy eie en roep uiteindelik verruk uit: "O, Drikuuus!"

Daarvan gepraat. Toe ek ongeveer twaalf jaar gelede die Voortrekkerklub (so het een goeie deelnemer dit probeer noem) aan die gang gehou het in my woonstel, het ek op 46 vir die eerste keer met soveel gay manne tegelyk te doen gekry. (Sien Die Soft Rock Klub, 1995, vir meer inligting oor so 'n soort klub, wat die ideale en reëls is, en hoe ons dit verbreek het.) Aanvanklik was ons 'n klomp vreemdelinge op die mat - sommige verkies dit so. Maar later het ek voornemende lede een-een eers vir oudisies laat kom.

So daag Mario daardie Saterdagmiddag in die herfs op. Hy's kort, stewig gebou, spanjoeloë met motorolie onder sy naels. Hy is 'n swyer. Ek skilder vir hom 'n tipiese vergadering sodat hy voorberei kan wees. Die doel is ook om hom belustig te kry sodat ek tot 'n demonstrasie met hom kan oorgaan.

Maar hy sit. Mario luister.

Onder meer vertel ek van die lid wat so ydellik die Here se naam gebruik. Die ouens wág eintlik vir Ivor om op die hoogtepunt van die vermaak sy hande in die lug te gooi, sy binnekort spuwende stompie vorentoe te druk en al hoe harder en harder "Jesus Christ!" uit te roep.

Mario toon geen reaksie nie. Alle hoop op samewerking vervaag. Oplaas kom dit: hy moet nou ongelukkig gaan. Ons staan voordeur se kant toe.

Toe steek hy vas en draai hom na my. "Ou Daan, sal jy my nie uithelp nie?"

Geluk stort op my en ek sink op my knieë voor hom. Die deurwinterde jean val neer.

Toe Mario laat waai, sê hy spesiaal saggies: "Jesus Christ! Jesus Christ!"

Laat weet van jóú ervarings.



LitNet: 26 Mei 2005

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.