|
Daar is te veel leemtes in gays se verhoudingsIlzeDie dag wanneer gays trou, is die dag dat God grys hare kry. Die Een wat is en was en altyd dieselfde sal wees, sal deur daardie een belofte wat mense skielik in Sy gebou wil maak, grys word. Gays kan sê wat hulle wil, dat hulle hulself nie kan help nie, dat hulle n genetiese defek het of n sielkundige probleem: ek glo dat hulle besluit om gay te wees - n besluit miskien net omdat dit die mode is. Ek glo ook dat wanneer mens omgang het, dit jou siel raak, dieper as wat die moderne mens sou wou erken. As hulle dan die dag besluit om omgang te hê met iemand van dieselfde geslag, foeter hulle hulle siele op, en hulle moenie vir my kom sê hulle wil trou en dan getrou aan hul huweliksmaats wees nie. Die volgende oomblik sal hulle kinders wil aanneem, en daardie kinders sal net met moeite redelik normale volwassenes word. Daar is te veel leemtes in gays se verhoudings om eens te probeer om hul lewens heel te maak - en om te trou sal beslis nie die oplossing wees nie. As God wou hê mense van dieselfde geslag moet só saamleef, dan sou Hy ons anders geskep het. Mense wat gay is, het n probleem wat ek nie kan begryp nie, en die dag wanneer hulle dit regkry om te trou, sal donker wees. Maar mense maak mos wat hulle wil, en ek twyfel of ons hulle sal kan keer. Hulle beskadig permanent die dele van ons lewens wat ons nie kan sien nie, soos die geestelike.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |