GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Seepunt-blues

Hennie Aucamp


Straatbank, Esplanade

’n Buikige heer met ’n bolhoed
stap verby en sê goeiendag.
Geseënd is die bolhoed-menere
wat hul naaste as medemens ag.

’n Geel transvestiet op hakke
swalk telkens berekend verby;
haar boude lil geil in haar sjoebroek,
maar kan sy ’n straight man verlei?

’n Sterk parapleeg op wiele
rol verby, sy arms twee stange.
Hy groet bra onwillig; ’n sweetspoor
blink siltig op albei sy wange.

’n Songelooide blondine
voel haar windhond ontydiglik rem,
en basig pluk sy aan die leiriem
en vloek met ’n rou whiskeystem.

Twee blokbuddies wil kom geselsmaak
maar uncle het g’n geld nie of kos.
Die een slenter weg, maar die ander
staan pleitend en stryk oor sy tros.

’n Hobo, lekker getarra,
kom vra by die lani ’n las;
maar my teeneis vind hy onwelvoeglik:
“Laat jou moffies jou beetletjie was!”

’n Gluiper uit donker Marokko
loer skigtig rond soos hy loop.
Ek wuif hom weg sonder omhaal:
hy wil buttons en dwaalbos verkoop.

’n Ou man, ’n Jood, kom sit langs my,
en praat oor Weimar-Berlyn.
Ons voer dié gesprek al oor jare:
ek ken sy geskiedenis en pyn.

En dan kom die aand en sy hoere,
en sy oppasser kom haal weer die Jood.
Ek vat my boeke en skryfgoed:
die see lyk vanaand net soos lood.

Seepunt
10 April 2003


Couples

Gekoppel, getwee, ’n hegte verbond:
só loop die pare in Seepunt rond.

Die rolstoelgedoemde en dié se steun
ontvang elke middag die soutlug as seën.

’n Wit man en bruin vrou, hul trollie gelaai,
kamp uit onder melkhout en kyk na hul baai.

Die hobo’s en rent boys werk ook in pare,
en bied op dié wyse ’n front teen gevare.

Gestremdes en helpers pouseer soms vir tee
wat ’n ekstra aksent aan hul uitstappie gee.

Die trollievennootskap het sowaar selfs ’n wag,
’n steekhaar-geval wat moet blaf in die nag.

Die boys op die outers leef van witbrood en wors
en spaar ieder sent vir die donkerder dors.

Die Kusweg in Seepunt, asiel vir ontriefdes,
spot helder oordag met bourgeois verliefdes.

Maar dan kom die nag, die groot demokraat
wat almal vereenders, wát ook hul staat.


Die regular

My lus, my las, en soms my vreug
daag klokslag op, teen heug en meug.

Hy steur hom nie aan wind of weer
maar hou sy afspraak, keer op keer,

ná Sizzlers* selde op die blok -
kliënt en rent ly nog aan skok -

maar by die Baddens — daar is twee -
die ritueel van neem en gee.

Hy het ’n kind, moet dié versorg,
en sonder werk as vaste borg.

Augusmaand sal die skyde loop,
dan is hy klaar met hom verkoop;

dis snoektyd dan, die skyde vol:
hoe voel hy al die swelle rol.

Hy raak nooit stug nie, soms wel stil:
ek vra my af of hy nog wil.

En asof hy my twyfel raai
begin my Badmaat my te paai,

reik na my uit, streel oor my arm,
sy seemanshand gehard en warm.

Maar staan ons nakend voor mekaar
in stort en stoom, word ek gewaar

daar is enklaves buite tyd
wat iets het van die ewigheid.

* ’n Gewese masseersalon in Seepunt waar agt mense in Januarie 2003 afgryslik vermoor is.


Tronkvoël

Pollsmoor het hom uitgeskyt
na nóg ’n lang gevangetyd:

Nou haweloos, weer op die blok,
sit hy en krabbel met ’n stok.

Hy bly hovaardig soos weleer,
asof daar nie ’n tand makeer,

sy glimlag nog volledig is,
sy brandwond bloot toevallig is.

Hy pleit of bedel nie, maar eis:
“Ek wil ’n stort vang, waar’s jou huis?”

Sal attitude hom dié keer red?
Hom kos besorg en ook ’n bed?

Hy grynslag en sy groot hand vat
uittartend aan sy stywe lat.

Sy voël het hy heelhuids behou:
dié trots kon selfs die tronk nie knou.


Graaff se swemdam

        I
Dié tempel moet ’n barshou veg
teen seegeweld en die gereg;
intussen word, in bloed en son,
oor offerdier en prys besleg.

        II
Bréék bare, dié breekbare
Bauhaus, gewy aan die Piel:
oopgevlek op katafalke
salmanderlywe sonder siel.

        III
Waar eers beton was, is nou see
en selfs die gode speel nou mee
maar onderwater, waar Poseidon
om middernag ’n blow job gee.


Skote in die mis

Kusverkeer word streng beheer,
hier word vandag geskiet:
moesliensambrele, kabels, ligte
oorheers die kusgebied.

Gaan TV ’n vermoorde toon
straks oor ’n bank geknak
met vals bloed wat in liters stroom
en blinker skyn as lak?

Geen film kan die rouheid gee
wat hierdie Seepunt is;
van vuige Jack en ander Rippers
wat skuilgaan in die mis.

En verder teen dieselfde kus
by Mouillepunt se toring
klink toegewikkel, soos in watte,
’n Requiem vir Horing.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.