|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
>>> |
|
I left my heart in San Francisco
Joan Hambidge
Ek laat jou agter, hart
verweerde hart
stukkende hart
gebroke hart
in Frisco op n mistige oggend
toe ek op die Greyhound klim na Dallas.
Jy laai my af op die halte. Ons gaan
mekaar waarskynlik nooit weer sien
nie. Ons was geleentheidslovers. Twee uit-
ruilstudente by Berkeley in huis vir navorsers.
Ons het n seisoen van somer gedeel en vanoggend
is dit herfs. Ek staan met my enkelkaart, maar my hart
sal terugkeer na jou en ons nagte vol ekstase en opwinding
in die kamer met toegewasemde ruite. Snags stap ons oor die hangbrug
van ons nuutgevonde hartstog. Ek verduidelik vir jou die samestelling:
hart(s)tog. Dat daar altyd in die hart n tog, n vertrek opgesluit lê.
As kenner van Germanistiek begryp jy beter as wat ek vermoed …
Nou is dit die oomblik. In die verleë halte van afskeid.
Ja, ek sal skryf. Vir oulaas voel ek jou sagte borste
teen myne: die hartklop van ons eensgesindheid.
Hoe lank voordat jy my
vergeet, my hart?
En n ander vrou
aan jou lippe
hang?
boontoe / to the top
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|