|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
>>> |
|
Om op jou jags te maak
Joan Hambidge
Jy stap nonchalant die kroeg binne.
Jy beset die hele vertrek met Dior
en jou houding van ek-kan-kry-wie-ek-wil-hê.
Die butch dykes vreet jou op met hul oë
en n snoekerbal klik-klik waarskuwend
hier kom drama. Ek hou dop in n spieël
waarop n Mainstay-advertensie glimmer
You can stay as you are en bestel
nog n whisky-on-the-rocks. Jy
kyk in jou handspieëltjie of jou maskara
en attitude nog reg sit. Jou gym-lyf
gevorm onder die hand van n personal trainer
het die allure van n Bengaalse tier.
En ek? Ek sou my die sirkusmeester wou waan
wat met die klapgeluid van my sweep jou nader roep.
Maar dis beter om met die oog te vry. Te wonder:
hoe stitch jy? Vreet jy jou prooi voor brekfis op
of is jy n stadige, langsame dier vir pret?
Hou jy van die binnelyf se proe? Verlang
jy soms na stert? Is jy hardekwas?
Word jy gepiets? Of moet jou tieties
behendig en aanhoudend gevryf word
sodat jou tepels kliphard staan?
Fist fuck jy soms of nie? Hmmm?
Ek bestel vir jou n drankie. After all,
jy het hierdie gedig vir my gegee. My lovely,
klein lipstiek dyke, pragtig en gewetenloos
en met die rakleeftyd van n Mainstay-advertensie.
boontoe / to the top
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|