GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Homoseksualiteit en Godsdiens is onlosmaaklik

Wim Griebenow

Wim Griebenow bespreek Toby Johnson se:

Gay Spirituality — The Role of Gay Identity in the Transformation of Human Consciousness (alyson books, 2000)

Toby Johnson betoog dat daar ’n inherente geestelike verligting potensieel met gay-wees gepaardgaan, ’n verstaan van die werklike betekenis en boodskap van godsdiens. Nie alle gays besef dit nie, maar omdat ons die wêreld met die perspektief van ’n buitestaander sien en daarmee worstel, kan ons begryp waaroor godsdiens in die breër prentjie gaan. Ons wyer siening van seksualiteit stel ons in staat om ander te help om die ware boodskap van religie te verstaan. Ook is die feit van ons daar-wees reeds ’n toetssteen vir godsdienstige mense oor die ware boodskap van hulle geloof. Indien hulle ons verwerp, faal hulle om hulle eie kerngebod van liefde teenoor almal uit te leef.

Tradisionele populêre godsdiens maak nie meer sin nie en help mense nie meer om die moderne realiteite te hanteer nie. Dit funksioneer vanuit ’n premoderne wêreldbeeld, en die mites waarop dit gebou is, spreek nie die moderne bewussyn, oorbevolking, besoedeling, ekologie, wapens van massavernietiging, ruimtereise, demokrasie en seksuele oriëntasie aan nie.

Homoseksualiteit is onlosmaaklik met godsdiens verweef. Die primêre beswaar teen gays in hoofstroom Amerika bly godsdienstige tradisies. Maar daarteenoor beliggaam baie gays juis die kenmerke van sensitiwiteit en liefdevolle sagtheid, wat godsdiens juis predik. Gays is meestal goeie mense en morele voorbeelde vir die samelewing. Die konflik tussen kerkdogma en die werklikheid van gay-wees skep dan ’n geestelike krisis wat gays tot ’n herevaluasie van die waarde van godsdiens dryf. Sommige verwerp alle spiritualiteit vanweë hierdie blindheid van konvensionele godsdiens, maar ander aanvaar die visie en liefde vir die lewe wat gayspiritualiteit bring — dit verruim ons perspektief en maak ons sensitief vir hoop, skoonheid en vitaliteit.

Johnson verduidelik en brei uit op ’n reeks insigte wat natuurlik voortvloei uit hierdie moderne gayperspektief. Wanneer ons besef dat die samelewing verkeerd kan wees oor iets so basies soos seks, dan kan hulle waarskynlik verkeerd wees oor baie ander sake ook.

Daarom kan ons deur die tradisionele godsdienstige metafore en mites sien en die betekenisse waarop dit dui, snap. Johnson toon aan dat gayspiritualiteit ervaar word van ’n buitestaander-perspektief, dat dit niedualisties is, dat dit liggaamsvriendelik is (sekspositief en nie wêreldvreemd nie), dat dit ewolusionêr is, dat dit nuwe eksistensiële insigte ontlok, dat dit transformatief is en ook deugsaam aanpasbaar. Op praktiese wyse gee Johnson voorbeelde en lig die implikasies daarvan toe.

Belangrik in spiritualiteit is nie om die regte idees en leerstellinge te hê nie, maar om ’n liefdevolle persoon te wees. Hoe ons optree en nie wat ons glo nie, is wat tel. Jesus se leringe is verberg onder die kultus van sy persoon wat ná sy dood deur sy volgelinge versprei is. Hulle het metafore ontwikkel oor wie Hy was om die belangrikheid van sy boodskap te beklemtoon en gesag aan sy boodskap te gee. Maar die metafore is ouderwets en het in die pad van die boodskap gekom. Jesus sou waarskynlik geskok gewees het dat sy nalatenskap ’n godsdiens geword het wat hom as god verkondig eerder as ’n wêreld waar almal sy leringe volg en mekaar op gelyke voet lief het.

Jesus se ommekeer van die klassehiërargie van die patriargale, Farisese Judaïsme vind steeds weerklank in die wenke hoe ons vandag moet leef. Maar ons het nie nodig om aan ’n kerk te behoort, of die pous aan te hang, of te sê dat Jesus die seun van God is, om die wysheid van die boodskap uit te leef nie.

Die credo dat Jesus God is, beteken eintlik dat B(b)ewussyn in elke mens vleesgeword het: in elkeen van ons is daar ’n vonk van die goddelike. “Jesus is God” beteken God is in die vlees. Dit gaan nie oor die historiese persoon Jesus van Nasaret nie, dit gaan oor bewussyn hier en nou. Jesus se lering oor liefde maak sin as ons begryp dat ons almal een is, almal selle van Gaia (die aarde), almal organe in die mistieke liggaam. Dit is ’n mistieke beeld, maar het niks te doen met religie of instellings nie. Christus simboliseer die lewenskrag van die planeet, die web van die lewe, die uitgebreide ekologiese sisteem van die aarde wat sy mistieke liggaam is. Ons het elkeen ’n rol te speel in die ewolusionêre groei van die mensheid, wat ook die transformasie van godsdiens insluit. Die negatiewe idees oor die liggaam, seks, strafgerigte en lewensversmorende dogmas moet in die verlede saam met heksevervolging en goedkeuring van slawerny agtergelaat word.

Johnson werk nie net vanuit een bepaalde godsdiensrigting nie, maar integreer insigte van verskeie godsdienste en bring ’n sintese veral tussen die Boeddhisme en die Christendom se aannames.

Die boek begin met die vraag: Waarom praat van ’n “gay”-spiritualiteit? Die antwoord is dat gay mense op die voorpunt van ’n bewussynsverandering in die wêreld is. Ons neem deel daaraan om die planeet wakker te maak en te stimuleer tot groei deur te wys op belangrike geestelike, sielkundige en ekologiese sake. Ons toets religie en help om God te herdefinieer. Ons staan op die muur van die wêreld van waar ons buitestaanderperspektief ons gidse maak, morele leiers, spreekbuise en instrumente van liefde, en so voorbeelde vir die immer ontvouende wêreld en mensheid. So bring ’n gayspiritualiteit sin, rigting en betekenis in ons verhoudinge en ons elke dag se bestaan.

Biografiese inligting

Toby Johnson Edwin Clark (Toby) Johnson is ’n voormalige Katolieke monnik en ’n vergelykendegodsdiens-wetenskaplike en psigoterapeut. Hy het sy opleiding as psigoterapeut in San Francisco ontvang in die tyd toe gay-georiënteerde psigoterapie begin ontwikkel het, en hy het daarna praktyke in San Francisco en San Antonio gehad.
Hy is die skrywer van drie gayromans: Plague: A novel about healing (1987), Secret matter (1990) en Getting life into perspective: A spiritual romance (1991).
Met Secret matter het hy die Lamda Literary Award for Gay Men’s Science-fiction in 1991 gewen.
In 1999 is hy benoem tot die Gay and Lesbian Science-fiction Hall of Fame.
In 1996 neem hy die redakteurspos van White Crane: A Quarterly Journal of Gay mens’ Spirituality oor. Hy en sy lewensmaat, Kip Dollar, woon tans in Texas.

Wim Griebenow

Ek het in 1966 die eerste lewenslig aanskou. Het grootgeword op Carolina in die ou Oos-Transvaal, teologie studeer — eers op Tukkies en toe by die Kweekskool op Stellenbosch (hoewel ek nooit in die NG kerk gewerk het nie) — en ’n honneurs in Semitiese tale gedoen. Daarna was ek by sendingwerk in Europa en Egipte betrokke, het deelgeneem aan ’n beradingsbediening in die Oos-Kaap, en uit die kas gekom (wat ’n bevryding!), en toe predikant geword van ’n gaygemeente in Durban, The Reforming Church. Sedert 1999 het ek skoolgehou: eers Engels in Taiwan gegee en toe as opvoedkundige instrukteur by ’n buitelewe-sentrum in die Drakensberge wat deur skooltoergroepe besoek word. Ek is hopeloos verslaaf aan boeke, en het nog van altyd af ’n belangstelling in spiritualiteit en die “sin van alles” gehad.




LitNet: 08 April 2004

Jy kan jou reaksie stuur aan dbbotha@mweb.co.za
Danie Botha

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.