GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Kom ons kuier by Anthony Gillespie

Anthony en Dean

Brief 1

Raak jou hormone op hol oor bere of drag queens?

Help "Klassifikasies" as jy liefde en geluk soek?

Hoop nie jy gee om nie ... ek moet gaan slaap ... werk môre … maar ek is slapeloos vanaand. Net lus om iets vir iemand te skryf, toe dink ek aan jou.

Ek en Dean is nou twee en ’n half jaar bymekaar. Dis die beste tyd van my lewe en hy beteken dag ná dag meer vir my ... en ek is happy – 'n paar jaar gelede het ek nie eers aan happy gedink nie. Dis die soort happy wat jou opgewonde na elke nuwe dag laat uitsien.

Dis vreemd ... ek mis iets ... vriende ... Die mense wat ek eers vriende genoem het, miskien. Dis vreemd om in 'n hokkie vasgevang te word, om "geklassifiseer" te word. En elke klassifikasie het sy eie voorwaardes. My eerste klassifikasie: alle gay mense is onverantwoordelik en slaap met elke ding wat voorkom (wel, somtyds, as jy dronk is). Tweede klassifikasie: "bearcub". Ja, definitief, ek hou van die "bere", maar daar is meer as klassifikasie in my karakter. As 'n beer moet jy "rondfoeter" en die oomblik as jy en jou lover sê, luister, ons het nie 'n oop verhouding nie, is almal geskok.

"... But, Anthony, that's not like you; you are normally promiscuous ... He's not the type of guy you would normally go for ... he's not a bear ... nobody even knows him ... bla, bla, bla.”

“Well, guess not all bears fuck around, and your partner does not have to be a bear to be a stunning guy, and just because a person looks like a bear does not mean he is one.”

Dis swaar om die hormone en die seksdrange in toom te hou soms, maar somtyds is daar dinge in die lewe wat werd is om ander dinge voor op te gee. Nou is die klassifikasie "couple" en dié het sy eie stel voorwaardes.

Jy weet, ek het agtergekom dat "drag queens" nie slegte vriende maak nie. Wel, nie almal nie, maar 'n paar van hulle. Kan nog steeds nie gewoond raak aan mans met make-up in vroueklere nie, maar buite kostuum is hulle normale mense ... en hulle het dié voordeel: as "'drag queens" is hulle geklassifiseer, maar die oomblik as die grimering en die rok afkom, kan enigiets daar uitkom – goeie vriende, lelike ouens, aantreklike ouens. Hulle kan spring van een klassifikasie na 'n ander. Hulle kan die interessantste mense wees wat jy kan leer ken, of die verveligste; werklik slim, of ongelooflik onnosel.

Ek het ook agtergekom dat as jy gelukkig is, en jou familie kans gee, sal hulle ná 'n tyd begin om jou te aanvaar as 'n gay man ... met voorwaardes natuurlik, maar dis verstane, want ek het ook my voorwaardes as hulle in my huis kom.

Ek dink ek mis my vriende, miskien my verlede, selfs my eerste eks, Daryl, en my grootste fout, Clinton. Iets gebeur as jy in 'n verhouding ingaan. Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek sal my partner nooit verruil vir iemand anders nie – maar ... maar jy weet ... jy begin jou maats af te skeep ... raak meer betrokke by "couple"-dinge en "couple"-vriende en verloor kontak met alles wat nie inpas by die "couple"-hokkie nie. Maar ek mis die mense van my verlede: Johann R, Jeremy, Riekert, Gideon, Kobus, Eddie, Mark, Curt, Wikus, Johann, Herman … al die mense wie se name ek nie eers kan onthou nie. Chris R (ons was een aand bymekaar) – daar was iets daar: indien ons nie lewensmaats kon word nie, wel boesemvriende. Chris was die enigste ou wat ek ooit mee saam was wat jonger as ek was.

Jy weet, ek het al gehoor as jy ouer word, vervang jy een stel prioriteite met ’n ander. Soos jou situasie verander, verander jou prioriteite, en al daai tjol. Dit voel meer of jy dinge wat baie beteken het op 'n tyd, opgee, of dit raak weg in jou alledaagse roetine van opstaan, werk, skuld betaal, vriende onthaal, couple-dinge doen, totdat dit net 'n vae gemis is wat miskien nooit bestaan het nie. Dis maar net 'n vae gat herinneringe wat daar sit, 'n onverstaanbare gaping, want iets is missing. Ek wonder of daar nie meer is nie, of daar nie 'n lewe is waar jy en jou lewensmaat net kan oppak, die skuld agterlaat, op 'n vliegtuig klim en net die wêreld gaan sien saam met jou vriende nie ... net dinge doen wat jy nooit gedoen het nie.

Ek dink ek mis die mense wat daar was voor die "couple"-klassifikasie toegepas is, en ek wens ek kan hulle met my maat deel, vir hom wys wat hulle in my lewe beteken het en nog steeds beteken, en hom met hulle deel, wys wat hy vir my beteken. Face it, 'n couple bly nog steeds twee mense, elk met sy eie identiteit, en êrens moet die klassifikasie versplinter word totdat die klassifikasie twee mense is wat kies om bymekaar te wees – nie 'n “couple” nie, maar twee mense wat hulle lewens met mekaar wil deel as individue, insluitende hulle hede en verlede, want dis alles deel van die pakket. Twee mense met hulle couple-vriende, maar ook met hulle eie vriende wat hulle samesyn verryk as couple-vriende of eie vriende. Miskien moet mens begin om net al die mense wat jy agtergelaat het, op te spoor en te sê: "Hi, skielik aan jou gedink ... al die lekker en die kak tye in die verlede ... wou net hoor hoe gaan dit."

Brief 2

Ek het vanaand byna die hele aand net op 'n kontakwebwerf rondgefoeter. Paar stunning ouks. Ek het gewonder wat ek daar soek. Vantevore was ek daar om 'n "get lucky" op te tel, of selfs net 'n maat; jy weet, alleen wees kan eensaam raak ná 'n tyd. Jy mis ander mense se aanraking – nie in die seks-sin nie (one-night stands kan mens ook net so lank warm hou), maar in die mens-sin: sielsgenote, lang gesprekke of 'n DVD-aand; geen seks nie, net companionship.

Toe ek en Dean ontmoet het, het dit verander na vriende soek – jy weet, jou vriendekring uitbrei met ander mense wat jou en jou lover as 'n span leer ken. Die profiele is aangepas: geen seks nie, net vriende, sosiale vriende. Maar kry jy dit op 'n plek soos 'n kontakwebwerf? Baie sê hulle soek "with view to long-term relationship", maar hoeveel mense het al werklik op so ’n webwerf bymekaar gekom en bymekaar gebly? Baie is eerlik: "no strings attached sex". My ondervinding is dat 'n "one-nighter" al was wat ek ooit daaruit gekry het. Is nie spyt oor een van hulle nie; ek het party van hulle geniet. Miskien moet jy 'n sekere soort persoon wees om 'n maat op 'n webwerf te kry en ek was nie een nie.

Ek het 'n boodskap gekry vanaand. "Nice profile ..." het dit gesê, met vier "dickpics" ingesluit. Nou wonder ek, as my profiel sê "social friends", beteken dit nou regtig dat ek iemand se piel wil sien, of is dit deesdae "social"? Hel, wie weet, miskien is dit. Almal wat ek ken, het oop verhoudings. Ek het niks daarteen nie – sal dit self miskien eendag oorweeg, maar kan my nie indink daarin op die oomblik nie.

Ek geniet dit om op die kontakwebwerwe rond te foeter; jy leer goed wat jy nooit eers geweet het bestaan nie. Jy leer van 'n subkultuur wat nog nooit eers in jou gedagtes opgekom het nie. En daar is so blerrie baie van hulle. Jy kry duisende in elke kategorie waarvan jy weet, en party waarvan jy nie weet nie, en dis interessant om te hoor daarvan, om uit vind wat mense wat dit verkies, laat tick.

Gaan kyk na 'n webwerf, sit jou profiel op en ... jy sal 'n moerse verrassing – of 'n moerse skok – kry. Jy sien some stunning mense, mense wat jy graag sou wou leer ken as vriende in ander omstandighede, en daar is some stunning pics, en ek praat nie van jou klein mannetjie onder die foto's nie. Daar is so baie op die webwerwe dat een maar soos die ander lyk, en ek wil regtig die gesig sien voor ek sy privaatdele op my skerm sien. Dis die eerste attraksie: 'n gesig, oë. Jy kry darem aantreklike ouens ... en lelikes.

Nou wonder ek: Hoe brei jy jou vriendekring uit in 'n plek soos Johannesburg sonder om dit te laat lyk of jy 'n ander “lover” of "sexual event" soek, of 'n "orgy" of "a threesome"? Ek en Dean kyk albei na die spyskaart, maar ons is gelukkig bymekaar, ons soek nie ander lewensmaats nie ... Maar ons is dit eens: iets moois blý iets moois. Let's face it, klubs doen nie die ding nie; webwerwe is interessant, maar dis net goed vir een ding. Selfs al sê ouens in hul profiele hulle soek vriende, as hulle vir jou 'n boodskap stuur, sluit hulle "dickpics" in. Wil mens regtig mense as vriende ontmoet as jy vir hulle "dickpics" stuur, of verlang jy potensiële "service contracts"? What's a dick without a face, or a torso without a face? Just an image in limbo.

Wel, geniet jou aand en drink 'n glasie wyn in die see se rigting vir my.

Anthony

oujaarsaand

met vonkelwyn in die hand
op die plafon ...

middernag ontplof die klappers ...
vuurwerke wat fluitend die lug invlieg,
honde se angstige geblaf en getjank
in die erwe rondom die woonstelblok
probeer oor die mure spring,
hardloop die strate vol, blind vir rigting,
terwyl mense se "happy-happy"-gille weerklink
deur die middernagdonkerte van die sypaadjies
verder op in die straat

die uitsig oor die stad is vuurwerksterre van huis tot huis
op die eerste vloer verlig met simfonie van kleur en knal

die karaoke oorkant die
straat bars uit 'n "we wish you a happy new year"
weef deur die lug na die balkonvloer

draai na my maat, my lover, my vriend ...
"thanx for the best 2 years ever ..."

'n vinnige glimlag, sluk die laaste vonkelwyn af ...
"happy new year to you too, thanx for everything ... let's go to bed"
met selfoon-sms’e wat mal gaan in die woonvertrek

opgecuddle in die duvet
word ons een met nuwejaarsklanke
agtergrond deur toe gordyne
en oop vensters.

2005

Aantekening

In die tweede brief noem Anthony die name van die kontakwebwerwe, maar ek het dit weggelaat. As jy wel daarin belangstel, skryf aan dbbotha@mweb.co.za.

Ek ontvang graag reaksie op Anthony Gillespie se bydrae. Stuur dit aan dbbotha@mweb.co.za. Noem asseblief sy naam en dié van die betrokke bydrae. Ons plaas jou reaksie dan onder "Menings van ons lesers" en ek stuur dit ook aan die skrywer persoonlik.

Anthony Gillespie het gedigte gepubliseer in Party van Ons: Die Homeros Leesboek 2001 (Homeros 2001).

Danie Botha


LitNet: 11 April 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.