GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Is gay-wees in die gene? Word jy so gebore?

Wim Griebenow

Wie weet van publikasies daaroor?

As gay persoon het ek self geen twyfel dat my seksuele oriëntasie aangebore is nie. Maar omdat die wetenskaplike gegewens yl en wydverspreid gepubliseer word, nou en dan hier 'n koerantbrokkie en dan weer daar 'n Time-artikel, is ek op soek na enige omvattende bron, hetsy boek of artikel, wat spesifiek navorsing oor die genetiese/aangebore komponent van gay-wees volledig dek of die verloop daarvan chronologies skets. Ek wil graag weet wat alles al daaroor gepubliseer is.

Dr Jean du Plessis haal Clausen aan dat resente navorsing op hoofsaaklik drie areas fokus, nl breinstrukture, hormonale invloede en die genetika, en dat hulle ook interverwant kan wees (Oor gay wees, Tafelberg, 1999, bl 11).

In 1991 het dr Simon le Vey in San Diego die ontdekking gedoen van konsekwente verskille in die hipotalamus van die brein by heteroseksuele en gay mans. Die Pease-egpaar verwys weer in hulle boek daarna dat voorgeboortelike stres tydens swangerskap die moeder meer vroulike hormone laat afskei en indien dit dan plaasvind wanneer die "seks-oriëntasie"-selle in die baba se hipotalamus ontwikkel, dit kan lei tot homoseksualiteit by die manlike baba (Why men can't talk and women can't read maps deur Alan en Barbara Pease).

Dr Dean Hamer van die Kankerinstituut in Washington DC het aangetoon dat daar onweerlegbare bewyse van 'n genetiese faktor by homoseksualiteit is. Hy het as deel van sy "Mapping of the human genome project" uitgebreide familie- en tweelingstudies gedoen, en sodoende die breë "adres" van die gay-geen geïdentifiseer op die twee-en-twintigste chromosoom, hoewel mediese tegnologie nog nie gesofistikeerd genoeg is om die geen self te kan vind nie. Daar is ook bevind dat gay mans 'n beduidend hoër persentasie gay neefs en ooms aan moederskant het. Die meeste gays het nie kinders nie en tog sterf gays nie uit nie. Dit kan dus wees dat hierdie predisposisie deur heteroseksuele moeders aan hulle kinders oorgedra word (The Science of Desire - the search for the gay gene deur D Hamer).

Daarom wil ek lesers van Gay@LitNet versoek om met my te skakel of enige inligting oor bogenoemde aan Gay@LitNet via Danie Botha te stuur, asseblief: dbbotha@mweb.co.za.


LitNet: 28 April 2005

DANIE BOTHA: Ek het by Linda Nell, ons boekbedryfkenner, aangeklop. Sy berig dat 'n nogal akademiese boek binnekort gepubliseer gaan word: Born Gay? Sy het belowe om dit dan te bespreek.

  • Klik hier vir 'n vorige artikel deur Wim Griebenow

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.