GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

’n Straight se vrae vir Danie die Sanger

Gerhard de Jager oor die teenstrydighede in die Danie vs Danie-debat

Wat is dit met ons (Suid-) Afrikaanse gemeenskap en gays? Praat van gays en (Afrikaanse) mans rol moue op, bult spiere en soek ’n moffie om te donder. Hoekom? Sal dit hulle manliker laat voel, of probeer hulle dalk iets wegsteek?

Ek het Danie - die skrywer en resensent - se brief aan die ander Danie - die “bekende” (sic) gospelsanger - met belangstelling gelees. So ook die histeriese polemiek rondom die verdoemde gays in die media. En probeer sin maak uit Danie die Sanger se antwoord vir Danie die Skrywer (ná ek eers al die teksverse verwyder het). Soveel teenstrydighede het ek lanklaas teëgekom. Maar dit daar gelaat.

Ek moet bieg. Nadat Danie die Sanger die gay-bom laat bars het, moes ek eers gaan uitvind wie hy is. Danie die Skrywer ken ek, weet ek van en se opinie respekteer ek.

Ek weet steeds nie waar in die Bybel dit geskrywe is dat dit sonde is om gay te wees nie, want ek verstaan, praat of lees nie die oertale nie. Die Afrikaanse weergawe is ’n vertaalde weergawe deurspek met die vertalers se eie interpretasies. Die arme Jules Verne is vir jare uitgelag omdat ’n sekere Britse vertaler kortpad gevat het … En ja, ek wéét wat in 1 Kor 6 geskrywe staan - die nuwe én ou vertaling, en die Engelse vertalings, maar nié wat in die oorspronklike geskrifte staan nie.

Meer nog, ek lei af uit die polemiek dat dit veral sonde is om ’n gay man te wees - tot nog toe het ek geen verwysings na gay vroue gesien nie. Ek het ook nog nooit gesien, gelees of gehoor dat iemand lesbiese vroue vanuit ’n Bybelse oogpunt verdoem nie. Om die waarheid te sê, straight mans vind dit (twee vroue saam) seksueel prikkelend.

Hoe verstaan ek - as ’n straight man - nou so ’n deurmekaarspul?

Ek verstaan nie die bohaai nie. Ek verstaan nie waarom dit enigsins ’n kwessie moet wees nie. Ek verstaan nie waarom veral Afrikaanse mans hulle manlikheid moet probeer bewys deur gay mans te verkleineer, of nog erger, te verrinneweer nie. Voel hulle bedreig? Dalk onseker omtrent hulle eie seksualiteit?

Ek het die grootste respek vir gays van alle geslagte wat bereid is om onder sulke omstandighede uit die kas te klim, die wêreld in die oë te kyk en te sê: “Ek is gay.” Iemand wat nog nie saam met so ’n persoon die paadjie gestap het nie, wéét nie waarvan ek praat nie.

Ek is nie bereid om my (gay) vriende die rug te keer omdat ’n persoon wat aan my onbekend is, ’n stelling sou gemaak het op ’n plek waar so ’n stelling nie tuishoort nie. Hy sê in die antwoord op Danie die Skrywer se brief: “Ek, Danie Botha, die gospelsanger, veroordeel geen mens nie!” maar sê dan later: “Wat sê die Koning? Bekeer julle.” By implikasie dus: dis ’n sonde om gay te wees. Is dit nie juis ’n veroordeling nie?

Enige persoon met ’n redelike mate van intelligensie sou besef dat Danie die Skrywer hier en daar effe aspris was, tong in die kies geskrywe het, gekorswel het; dat sommige dele van sy brief liefs nie letterlik opgeneem moet word nie; dat daar tussen die lyne gelees moet word.

Geen gay persoon kan “verlos” (lees “straight gemaak”) word soos Danie die Sanger beweer nie - net so min as wat ek “skeef” gedraai kan word. Maar dit sal ’n oningeligte seker nie weet nie. Dié wat beweer dat hulle straight geword het, van hulle “siekte” genees of “verlos” is, lieg. Hulle leef ’n leuen.

Ek het Danie die Skrywer se brief geniet en ek respekteer sy openheid en eerlikheid.

Die ander Danie se brief het my egter verveel.

Gerhard de Jager

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.