|
Elsabé Niemandt, Nico Fourie, Neil Cochrane en Kobus Erasmus. Veels geluk! Julle vier kan kies tussen Francois Loots se Lente in Peking en Dalene Matthee se Toorbos. Stuur asseblief n adres vir die versending van die boeke. Ek en Janie sê baie dankie aan almal wat deelgeneem het. Ons hoop dat dit die begin sal wees van nog baie bydraes op Gay@Litnet se Menings van ons lesers. Daar het gaandeweg só baie aspekte van die gays se leefstyl en psige onder die loep gekom dat dit vrá om verdere menings. Wat kan n mens dan van dié dinge sê ná die debat? Dat n gayhuwelik hoofsaaklik sterk afgekeur word, veral op godsdienstige vlak. Sommiges verwelkom dit wel, maar het dit nie sterk met bewysvoering verdedig nie. Baie verwelkom dit voorwaardelik en/of beklemtoon dat n eiesoortige verbond gevind moet word; die heteroseksuele voorbeeld kan nie gevolg word nie. DANIE BOTHA |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |