GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Ek is trots om ’n fag hag te wees

skryf Christa van Vuuren uit New York na aanleiding van Willie Knoetze se artikel oor gayoptogte

Dankie, Willie!

Ek het my eerste Gay Pride-optog sewe jaar gelede in New York bygewoon, omdat ek sommer net nuuskierig was, en ook omdat ek toe nog nuut hier was, en alle optogte bygewoon het: die St Patrick’s Day Parade, die Suid-Amerikaanse optogte — noem dit, en ek was daar. Die Gay Pride-optog was verreweg die interessantste, die opwindendste, die vriendelikste, die snaaksste, die een waar almal gelag en gesing en gehug-’n-kiss het. Mooi manne in designer-klere, skintight leer-outfits, sexy verby. Hierdie mense ken van paartie en love ’n audience.

’n Nuwe deur het vir my oopgegaan op ’n groep mense waarmee ek in Suid-Afrika net so hier en daar kontak mee gehad het: my haarkapper (wat my hare die allerpragtigste apricot tint gegee het), ’n interior designer met wie ek saamgewerk het, my ou woonstelmaat wat ná jare uit die kas geklim het.

Maar hier waar ek nou is, is dit ’n geval van everything goes, live and let live, and all that jazz. Ek werk saam met wonderlike, pragtige gays wat openlik hulle voorkeur uitleef. ’n Geval van: we are gay, and we are here to stay. Ek is goed bevriend met ’n meisie wat dink sy is bi, sy weet nog nie, maar dis ook goed, sy geniet die soeke.

Ek het later een jaar met my straight seun die Gay Parade in Londen bygewoon, en weer het ek besef: ons soek almal maar net ’n plekkie in die son, geluk, liefde en aanvaarding. Een ding wat my opgeval het van gays is dat hulle jou omhels met liefde en aanvaarding as jy net bereid is om jou hand van vriendskap na hulle toe uit te steek. Hulle is die beste vriende, onvoorwaardelik in hulle verhoudings, bang vir verwerping, sensitief, kunstig, heerlik dramaties en teatraal. Wat ’n vreugde! “Oh dahling, don’t you think these highlights are just deevine?” Of: “I absolutely have to go and have my eyebrows waxed, I am such a mess, just look at me.” En: “Those fucking dykes are such a pain in the ass, why are they so aggressive?”

My een pel kom eendag vaal werk toe, uitgewas en moeg. Hy het ’n boyfriend, ’n swart ou. Ná ’n nag van passie kyk hy na homself in die spieël en sug: “Oh God, I never realised I was so WHITE, after looking at that beautiful black skin all night long.”

Ek gaan soms saam met my gay vriende na hulle klubs toe, waar ons dans en kuier tot die hane kraai. Ons sit een aand en kyk hoe dans die ouens, sulke akrobatiese gymnastics wat my asem wegslaan. My pel sug teatraal: “What boys won’t do to impress boys …”

Ek is trots om ’n fag hag te wees.

Groete

Christa van Vuuren

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

Klik hier en lees die oorspronklike artikel




LitNet: 25 Mei 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.