GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Vanaf 6-12 Augustus: Worldpride kom na die heilige stad Jerusalem

Egon gee besonderhede van onweerstaanbare toeraanbiedinge

Egon se nuusbrief uit Israel 31

The event in Jerusalem is distinct from any of its partner festivals, both here and abroad. "Pride in Jerusalem is very different than pride anywhere else on the planet," said Hagai El-Ad, executive director of the Jerusalem Open House. "It's the only pride event in the world that starts with the Traveler's Prayer and ends with Shabbat services." Junie 2005

www.worldpride.net

Verlede jaar was ons baie opgewonde – die groot, internasionale byeenkoms van WorldPride sou einde Augustus in Jerusalem plaasvind. Die hele land was aan die gons en die debat was hittig – soms gewelddadig. Uiteindelik is dit uitgestel vanweë meegevoel met die inwoners van Gasa wat uit hul dorpe en "settlements" na nuwe gebiede verwyder is. Die gebeure is wêreldwyd deur die pers gedek – u het moontlik hartverskeurende tonele gesien, wat enige Suid-Afrikaner moes herinner het aan die slegte ou Apartheidsjare toe duisende mense uit Distrik Ses en ander gebiede met geweld verwyder is. Die plaaslike gemeenskappe van Tel Aviv en Jerusalem het wel eendag-byeenkomste gereël.

Maar stil, agter die skerms, het die Jerusalem Open House – JOH – die stryd voortgesit om erkenning en aanvaarding vir die gay gemeenskap (en met "gay" verwys ek deurgaans na die hele gay, lesbiese, bi-seksuele en transgender gemeenskap) in die Heilige Stad in so mate te verkry dat die internasionale sametrek hier sou kon plaasvind. Daar was hofsake teen Jerusalem se ultra-Ortodoks Joodse burgemeester, Uri Lupolianski, wat die gemeenskap hul reg om deur die strate van Jerusalem te marsjeer, wou ontneem. Toe hulle die hofsaak wen, weier hy finansiële ondersteuning en ons is terug hof toe – weer staan die hof aan die kant van stet: menseregtelikheid en gelykheid en is die saak in guns van die JOH bevestig.

En nou lê die groot tyd voor: 6-12 Augustus 2006. Die kantore van die JOH is ‘n miernes van aktiwiteite; vrywilligers van dwars oor die land werk hard om vir die weeklange byeenkoms voor te berei. Nuusbriewe word weekliks aan lede uitgestuur om te vertel van die nuutste ontwikkelings.

Ek het die voorreg gehad om met Natalya Avrahami, die skakelbeampte vir die WorldPride in Jerusalem, te gesels. Sy vertel dat groepe uit Amerika (veral New York), uit Brittanje, en Europa reeds bespreek het. Beide Joodse en Christen-gemeentes wat vir die gay gemeenskap oop staan, het hulle ondersteuning aan die geleentheid verleen. Ons gesels oor die feit dat daar vanaf sekere konserwatiewe godsdienstige groepe, Joods sowel as Christen en Moslem, binne die land en vanuit die buiteland, wel opposisie vir die hou van so ‘n byeenkoms in die Heilige Stad is. Dis nie net die burgemeester wat daarteen gekant is nie. Waarom dring die organiseerders, JOH, dan daarop aan om dit is Jerusalem te hou?

“Jerusalem is ‘n verdeelde stad. Dit is verdeel tussen Jode en Arabiere; tussen ultra-ortodokse gelowiges van al drie godsdienste en sekulêre inwoners; dis polities verdeeld; dis verdeel deur die omstrede muur. Ons, as gemeenskap van mense wat nog altyd teen gediskrimeer word, wil ‘n boodskap van gelykheid, menseregte en verdraagsaamheid bring en nêrens kan dit meer effektief geskied as hier in Jerusalem, wat altyd in die wêreld se soeklig is. Wat hier gebeur, word orals vertel!”

Dis nie per toeval dat die eerste WorldPride in Rome, die tuiste van die Vatikaan, gehou is nie.

Hagai El-Ad, direkteur van JOH, verwoord dit in ‘n onderhoud met PlanetOut as volg: “Holding WorldPride in Jerusalem is exactly about going to places where change needs to happen, where change can happen . . . and leveraging the unique symbolism and global attention that is drawn to anything that happens in Jerusalem.”

Klik hier vir die volledige program

Juis hieroor is die weeklange WorldPride se tema: Liefde sonder Grense. Die program word rondom hierdie idee gebou. Elke dag het ‘n ander faset. Die eerste dag se program handel oor gesondheid soos dit veral die gay gemeenskap raak en word in die geskiedkundig Mishkenot Shananim Konferensiesentrum met sy verstommende uitsig oor die Ou Stad gehou. Die tweede dag word aan menseregte afgestaan en open met ‘n solidariteitssaamtrek teen die Skeidingsmuur, wat Palestyne van Israeli's skei met die gevolg dat sekere mense die konferensie nie kan bywoon nie.

Dinsdagaand open die Multi-geloof-kongres in die geboue van die Hebrew Union College, die Teologiese Skool van Progressiewe Judaïsme, waaraan ons behoort. Die kongres, met die titel Reclaiming Our Faith and Our Heritage, bied vir leiers uit al drie gelowe die geleentheid om saam in die openbaar hul plek in die stryd om menseregte vir die hele gemeenskap in te neem. Woensdag gaan die kongres voort met ‘n vol program van werkswinkels en lesings rondom hierdie tema.

Donderdag is die groot optog, maar oor die roete word nog met die polisie onderhandel en sal eers later bekend gemaak word. Nieteenstaande die moeilike verhouding met die stadsraad, werk die polisie goed met die organiseerders saam, wat ook die geval in die verlede was. Bo en behalwe die verskillende konferensies word daar ook ‘n filmfees by die Jerusalem Cinematique beplan en kunsuitstallings deur verskillende kunstenaars rondom die tema van die WorldPride sal in verskillende galerye in die stad te sien wees. Konserte word ook beplan. Dus, ‘n vol en interessante week met iets vir almal.

Skeidingsmuur In Israel werk Kenes Tours – www.kenes.com/worldpride – saam met die JOH om vir besoekers aan die WorldPride-viering die geleentheid te bied om nie net die belangrikste besienswaardighede van die land te sien nie, maar ook om lede van die gay gemeenskap in verskillende plekke te ontmoet en te gesels oor issues wat ons gemeen het. Ek voel half jaloers dat ek dit nie as toeris sal kan bywoon nie – die program is werklik baie opwindend. U sal kan reis vanaf Tel Aviv met sy nagklubs en kuierplekke na die heilge ou stad van Safed; van Banias aan die oorsprong van die Jordaanrivier na die Golanhoogland. Dan reis u suidwaarts om te gaan dryf op die Dooie See en te ontspan in een van die vele spa's op die oewer van hierdie unieke liggaam water 400 meter onder seevlak.Piekniek by die Dooie See

Intussen bied Suid-Afrikaanse Lugdiens ‘n baie spesiale aanbod aan vir diegene wat juis in hierdie tyd na Israel wil reis. Die eerste passasier betaal R4 000 en 'n metgesell R2 000 vir vlugte uit Johannesburg direk na Tel Aviv – die prysgeld vir spesifieke datums wat presies by die WorldPride-program inpas! Gegee dat ek in April Tel Aviv-Kaapstad-retoer $1 385 betaal het, kan u self sien wat ‘n wonderlike geleentheid dit aan die gay gemeenskap bied om Israel in hierdie tyd te besoek. Vir dié van u wat belangstel, kontak asseblief Carin Nel by cnel@deukomtravel.co.za (DEUKOM TRAVEL LUFTHANSA CITY CENTER Tel: +27 (0) 21 851 1012 Fax: +27 (0) 21 851 1228). Carin organiseer al jare lank my reise tussen Israel en Suid-Afrika en, toe sy die spesiale aanbod sien, kon sy nie anders as om my te vertel nie. Ongelukkig kan nie een van my kroos dit gebruik nie, maar WOW! Dis amper te goed om waar te wees!

Soutpanne




LitNet: 29 Junie 2006

Stuur jou reaksie na dbbotha@mweb.co.za. Meld asseblief die naam van die skrywer en die titel van die nuusbrief. Ons plaas jou bydrae dan onder "Menings van ons lesers". DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.