GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Dié liedere draai om die sin van die lewe en die ewige oorlog

Egon vertel van die Israeliese musiekkunstenaar Yehuda Poliker

Nuusbrief uit Israel 13

'n Jaar voordat ek hierheen verhuis het, het ek die mooiste moffie in Kaapstad ontmoet. Hy lyk nie net soos 'n Griekse god nie, hy ís Grieks. Toe hy van my Israel-planne hoor, nooi hy my na sy woonstel om na sy Israeliese musiek te luister. Ek verwag dieselfde volksliedjies wat die meeste toeriste koop.

'n Groot verrassing wag op my. Ek ontmoet die stem van Yehuda Poliker en raak verlief op sy musiek. Hy sluit aan by die Amsterdamse Sinagogekoor, Kabalefski se "Cello Concertos", Mendelssohn en Mozart langs my bed. Saans, as die slaap my ontwyk, troos hulle musiek my.

Kort ná my aankoms hier eet ons een aand by Golan en Tali, ou vriende van Judy. Golan kan nie glo dat ek die musiek van Yehuda Poliker ken of dat ek mal is daaroor nie. "Maar jy verstaan nie die woorde nie - hulle is so belangrik!" en hy begin Poliker se boodskap aan my te verduidelik. Hy maak afskrifte van die tekste en maan Judy om my te help om dit te vertaal en so die musiek, waarna ek so graag luister, beter te verstaan.

Sy belowe om dit te doen, maar ons kom nooit daarby uit nie. Soms dink ek in elk geval dat 'n mens kan luister na die stem soos na enige ander instrument: al praat die tjello geen taal nie, hoor ek die boodskap van die noordelike stiltes as ek na Grieg se tjello-concerto, veral die tweede beweging, luister. Hier in die hitte van Israel maak ek graag my oë toe as ek daarna luister en dan verbeel ek my dat ek myself kan verplaas na 'n plek van koel stiltes, diep waters en donker woude! Geen woord is nodig om my verbeelding op loop te sit nie.

Terug na die hitte van Israel en Poliker. 'n Paar maande gelede gaan daar oral in ons dorp plakkate op: YEHUDA POLIKER 12 JUNIE 2004. Maar ons moet vliegtuigkaartjies na die suidpunt van Afrika koop. Dus is daar nie geld vir kaartjies na konserte nie - nie eers 'n konsert van Yehuda Poliker nie. Elke keer as ons by so 'n plakkaat verby loop, sug ek hard en hartseer. Judy sê net: "Ag shame! Foeitog!" Dit klink nogal oulik as dit so effe vermaaklik met 'n Duits-Israeliese aksent gesê word. En dan skielik tref 'n briljante idee haar. "Jou studente wil mos vir jou 'n present vir die einde van die skooljaar gee. Ek sal voorstel dat hulle vir jou die kaartjie na die konsert koop sodat jy kan ophou kerm!"

En glo my, ek kerm glad nie meer nie! Vier uur lank verlustig ek my in die teenwoordigheid van hierdie merkwaardige Israeliese kunstenaar en sy medemusikante. Ek sit in die tweede ry van voor in 'n saal stampvol mense wat voel nes ek. Ek kan my oë nie afhaal van die man wat met soveel gemak en bedrewenheid beweeg tussen die elektriese en klassieke ghitaar en dan ook nog die bazoeka bespeel nie. As seun van Holocaust-oorlewendes uit Salonika is sy Griekse erfenis duidelik in sy musiek te bespeur. Hy sing ook in Hebreeus en Grieks, maar hy praat nooit nie, want hy hakkel!

Een oomblik voel dit vir my asof die harde ritmes van rock 'n roll my hartklop totaal oorheers, maar dan verlei hy ons met melodiese ballades, slegs deur die bazoeka en 'n trekklavier begelei.

Maar ongeag die ritmes draai die woorde altyd rondom die sin van die lewe en die ongenaakbaarbeid van oorlog en die dood:

Dis 'n geweer en dis 'n kamera
Dit lyk soos oorlog in die prentjies
Dit klink verseker soos geweerskote ...
Dis herfs en dis hartseer.

Daar is nie net verwysings na die vervolging van die Jode deur alle eeue nie, maar ook verwysings na die onrus van ons eie tyd en die onnodige dood van alle Israeli's - Jood sowel as Arabier. Syne is nie protesmusiek soos dié in byvoorbeeld Amerika wat die regeringsbeleid aanval nie, maar liewer 'n weerspieëling van die situasie en 'n ontboeseming van ons emosies as volk. Die vraag in ons harte bly nog lank na die laaste noot in die lug hang: Sal daar ooit vrede kom?

Dis dieselfde ou nuus
Dieselfde liedjies van die tuisland
Dis dieselfde vure en dieselfde hittegolwe -
Dieselfde praat van oorlog

Daar's geen vrede nou nie, en daar was ook nog nooit nie!

Later gesels ek met Golan oor die konsert. "Ek het gemerk dat, toe hy sy medemusikante voorstel, die een jong man se van ook Poliker is. Is dit sy seun?" vra ek.

"Nee," lag Golan, "sy broer se kind. Yehuda Poliker is gay! Hy't verlede week by die Jerusalem Pride March opgetree!"

Hoe't ek dit nou weer gemis?!





LitNet: 12 Julie 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.