|
n Vyftigste verjaardag in GriekelandEgon se nuusbrief uit Israel 6
Hierdie stukkie word gou deel van my en Judy se taal en as die een die ander n idéé mét klém hoor uitdruk, dan weet jy nou is die Amerikaanse vrou ook hier. Werk maar liewer saam! Ná ons somer saam met kinders, familie en verstommend baie stres in die hitte van Europa besluit Judy skielik eendag dat sy iets baie spesiaals vir haar vyftigste verjaarsdag verdien. Hierdie jaar val dit in die middel van die groot vakansiedae van Joom Kippoer en die Loofhuttefees, en pryse hier is skrikwekkend hoog.
Met behulp van die Internet is ons binne dae bespreek en op pad. Vlugte uit Israel land om die een of ander rede dikwels nog voor sonop in Europese stede, en ons is in die bus vanaf die lughawe na Athene toe die son nog opkom op die eerste Saterdagoggend in Oktober. Ná n dag van ver stap in die stad om die Akropolis en deur die straatjies van Plaka is ons dankbaar die aand vir ons kajuit in die veerboot na Kreta. n Ou tannie in swart deel die kajuit met ons. Gou slaap ons soos klippe. Dis die klank van die enjins wat in trurat gegooi word om te kan dok en die hele skip soos n Spaanse bul laat brul wat ons wakker maak. Ons trek vnnig aan, gryp ons rugsakke en verlaat die boot. Dis nog donker buite en daars net n paar liggies en een bus wat wag. Ons klim op. Wanneer ons die ou hawestad van Chania binnery, begin die eerste lig van die nuwe dag breek en ons stap af na die hawe om ontbyt te eet en te wag dat ons pension n ou herehuis met sewe kamers digby die prentjiemooi hawe oopmaak. Ons vriende Olivia en Karen uit München het Kreta voorgestel, want hulle sou dieselfde tyd daar wees, en ons het Chania gekies vanweë sy geskiedenis en Joodse konneksie. In 2001, sestig jaar nadat die hele Joodse gemeenskap tydens die Tweede Wêreldoorlog vermoor en die sinagoge vernietig is, is daar weer vir die eerste maal in die herboude sinagoge dienste gehou. Dis alles die werk van een man, wie se familie lank gelede daarvandaan gekom het, maar hulle reeds voor die oorlog in Brittanje gevestig het. Dit is n belewenis om saam met besoekers van drie vastelande Joom Kippoer daar te vier. Dit is die heiligste van die Joodse feeste. n Mens vas 26 uur lank en bring die meeste van die dag in gebed tuis en in die sinagoge deur. Soos alle Joodse feeste begin dit met sononder die aand tevore in hierdie geval, ons eerste aand in Chania. Ons almal ontmoet mekaar voor die tyd in n restaurant om n laaste maal te geniet voor die vas begin. Ons voel dadelik deel van hierdie groep mense. Die meeste het mekaar nog nooit tevore ontmoet nie.
Op die Internet het ons agtergekom dat Kreta en ons ander bestemming, Santorini, verskeie hotelle en gastehuise het wat spesifiek gay-georiënteerd is. Olivia en Karen bly in so n vrouehuis aan die suidkus van die eiland, en wanneer ons n dag saam in Chania deurbring, vertel hulle ons daarvan. Dis n ou plaashuis tussen die olyfboorde, wat deur n Duitse lesbiese couple gerestoureer en in n gastehuis net vir vroue omskep is. Hulle wou gehad het ons moes ook daar bly, maar vanweë die sinagoge in Chania het ons daarteen besluit. Hulle vertel dat hulle dit baie geniet dis stil en naby n pragtige strand. Die gaste gaan hul eie gang gedurende die dag, maar die meeste eet saans saam en dis werklik baie gesellig. Miskien by n volgende geleentheid … Ons spandeer een dag in die hoofstad van Kreta, Heraklion, om die ou Minoïese paleis van Knossos te besoek. Ná ons eers die puik museum in die stad besigtig het, wil ons die bus soontoe haal, maar verdwaal op pad na die bushalte. Judy vra rigting van n jong man in n koerantkiosk. The bus leaves from Lion Square, verduidelik hy. Where is Lion Square? vra ons tegelyk. Hy kyk ons n oomblik stip aan en met die waai van n slap gewriggie sê hy: Oh, were like that, are we?! Straight down that street and then to the right, darlings! Ons loop laggend weg en vind die bus maklik. Knossos stel ons nie teleur nie. Drie en n half duisend jaar gelede het n groot vulkaniese uitbarsting die groot eiland van Santorini vervorm, sodat dit vandag eintlik n reeks groter en kleiner eilande om die krater is. Twee van hierdie eilande is bewoon. Die hawe waar die groot veerbote aankom, is bloot n platform uit die rotswand gekap, met die steilste pad na bo wat n mens dadelik aan die Swartbergpas herinner! Die hoofdorpies Thira, Imeroviglia en Oi lê op die rand van die krater en in die donker lyk hul liggies soos pêrelhalssnoere wat in die hemel hang.
Ek is bly Judy wou haar vyftigste hier en nêrens anders vier nie! |
||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |