|
Waar ons oop en eerlik kan aanbidEgon se nuusbrief uit Israel 3Ons lê nog lank ná die tyd saam in die bed en kyk verwonderd in mekaar se oë. Oor die afgelope maande groei hierdie gevoel in ons hierdie verwondering oor die weë van die liefde. Hoe kan dit sonde wees as twee mense mekaar so liefhet? vra Judy sag. Ek glo nie dit is nie, antwoord ek. Ek dink baie oor hierdie vraag. Dit spook by baie van ons. Dis onderliggend aan Johan Boshoff se artikel Gays se grootste gevaar op Gay@LitNet. Baie van die dominees, priesters en rabbis met wie ek tot onlangs toe gepraat het, wil nie regtig die vraag bespreek nie. Ander het geen probleem nie: SONDE! verklaar hulle vroom. Ek bly wonder, lees die toenemende versameling boeke en artikels. Baie meen vorige interpretasies van die Bybel is gebaseer op reeds bestaande vooroordele liewer as dat die vooroordele gebaseer is op korrekte Skrif-interpretasie. Ons het behoefte aan gemeenskap met mense wat ons geestelike waardes deel, maar ook ons saamwees kan aanvaar. Ek is moeg van voorgee dinge is anders as wat hulle is. Ek is trots op die vrou vir wie ek lief is en trots dat sy my lewensmaat is nie net n goeie pel is nie! Dat ons hier waar ons werk, moet versigtig wees, aanvaar ek as deel van die onvolmaaktheid van die lewe. Maar daar waar ek aanbid, wil ek oop en eerlik en, indien nodig, vulnerable kan wees. Deursigtig. Kort ná my aankoms hier het ons die Gereformeerde sinagoge op die dorp besoek, maar ons het nie daar aanklank gevind nie. Aangesien ons goeie dinge gehoor het oor die Gereformeerde sinagoge in Haifa, het ons besluit om hulle te besoek. Ons is vriendelik welkom geheet. Met ons tweede of derde besoek vertel die rabbi versigtig van die Gay and Lesbian Forum wat deur die gemeente ondersteun word. Toe hy ons belangstelling sien, stel hy ons voor aan van die ander gay gemeentelede. Met een paartjie word ons goed bevriend en dis lekker om by mense te kan kuier sonder om ons woorde te tel. Dis spesiaal om gemaklik te voel in die gemeente waar ons aanbid en om te weet dat ons leier se deur vir ons oopstaan. Hy, Danie, nooi ons vir n pastorale gesprek om ons beter te leer ken en vertel dat die gemeente n studentrabbi ondersteun: n vrou in n gayverhouding. Die gemeente is dus meer as net teoreties oop vir sulke verhoudings. Op ons beurt vertel ons hom van waar ons kom, hoe dit gebeur het dat ons Israel toe getrek het en hoe ons ons roeping in Israel sien. Hy vra simpatieke vrae en aanvaar ons antwoorde, al is dit duidelik dat dit hom soms verbaas. Hy vra my oor wat my laat besluit het om juis in Nahariya te woon, terwyl daar n sterk Suid-Afrikaanse teenwoordigheid in dorpe soos Netanya en Ranana is. Ek vertel hom hoe ek en Judy mekaar ontmoet het, die ontwikkeling van ons vriendskap tot n liefdesverhouding en dat ons saamwoon. Ons gesels oor die moontlikhede van n commitment-seremonie. Danie spreek sy mening sterk uit dat as twee mense wil saamwoon, n ritueel voor getuies waarde het vir die indiwidue sowel as die gemeente. Hy is duidelik bereid om so iets vir ons te reël. Hy bespreek die vorm en hoedat dit vir elke egpaar individueel ontwerp moet word. Die geslag van die twee mense is duidelik nie vir hom die belangrikste saak nie slegs die saak van commitment soos beskryf in die Skrif. Voor hom hoef ons nie voor te gee dat dinge anders is as wat hulle is nie. Ons sluit by die gemeente aan. Tydens een van ons eerste besoeke aan ons plaaslike Gereformeerde sinagoge ortodoks sou ons nie eens kon oorweeg nie het ons gehoor hoe een man vir n ander sê: Skokkend, nè, dat die gays ook nou in die sinagoge aanvaar word! Ek hou niks daarvan nie! Wel, verseker is hulle nie welkom hier by ons in ons gemeente nie! beaam die ander.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |