GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

sterkte (1)
sterkte (2)

sterkte (1)

Katryna du Toit

sy sien my as
    alexander
    adamastor
    achilles?

eintlik amasone

aanvalbaar en onwondbaar en onoorwinlik
maar
omdat sy weet
waar en hoe
tref haar pyle telkens sekuur
my hakskeen
en ruk haar afsydige stiltes
die krag uit my hart
en my hart uit my bors
en ek word heeltemal hulpeloos
verlore
want ek kan haar nie help nie
en ek wil saam met haar huil en veg
maar ek weet
sy dink haar stryd is teen my
en nie teen haarself nie
en ek weet sy moet self daar uitkom
daarom huil ek alleen
vir haar
en verdra die brandpyn in my bors
en bloei ek stadig dood
oor haar

2004-12-04

sterkte (2)

“wat is soeter as heuning? wat is sterker as ’n leeu?”

Katryna du Toit

vrou-man
ekstrovert-introvert
man-vrou
altyd-vrou
altyd amasone

deur jou
sonder dat jy weet
maak jy my sterk
want by jou en in jou
kry ek alles
kan ek vir almal wees:

bron van
    energie
    entoesiasme
    motivering
    passie
    tyd
    geld
    kennis
    insig
    inspirasie
    krag
    genade

is ek daarom nooit
    alleen
    klein
    bang
    hartseer
    onseker
    vrou-kind
    eensaam nie?

behalwe
as jy nie dit besef nie
en my nuwe sterk hart breek
en ek myself verneder en verteer

oor jou

veral
as jy nie dink nie
oor die soetigheid en sterkte
wat ons altwee so nodig het

en wat ons net by mekaar (bymekaar?) kan kry...

een-saam

“uit die eter kom daar iets te ete, uit die sterke kom daar iets soets"

2004-12-05




LitNet: 14 Maart 2006

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.