|
Gay@LitNet is drie jaar oud!Mag ek?Elanri Dreyer
mag ek voel?
hoe pyn die onthou
mag ek jou vertel?
Elanri Dreyer“Al wat van belang is, is Geloof wat deur die Liefde tot Dade oorgaan.” Gal. 5:6 Ek is gebore 18 Mei 1981 en is 24 jaar oud. Ek werk in Johannesburg maar bly in Brits. Die kontras is soms steurend maar die balans in menslikheid verseker my van ‘n Alomteenwoordigheid. Ek en my ander helfde – en ons twee seuns – strewe saam na vrede en vreugde in alles wat ons aanpak. My hart groei trots as ek na my gesin verwys. Ek is tans besig met die opbou van twee nuwe ondernemings. Die sukses word deur Jesus bepaal, maar in geloof dra ek dit alles op aan hierdie belangrike mense in my lewe. Hulle ondersteuning dra my verby my eie kragte. Ons het wel “anders’ lief en dit is ‘n “andersheid” waarin die seuns berusting moes vind. My gevoel is dat die trane en die swoeg-en-sweet wat dit gekos het, terwyl ons aan hierdie verhoudings gewerk het, vandag die verskil maak wat visueel mense kan oortuig dat Homoseksuele Liefde ook Liefde is.
Geniet my stories/gedigte, dit word in afgeknypte vrye tyd geskryf met ‘n warboel van emosies en dankbaarheid wat oorloop. NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
|
|||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |