GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Liefling

Thys de Beer

21.00 - en sy lover het nog steeds nie opgedaag nie. Dalk 'n ongeluk, het hy gevrees. Miskien weer probeer bel. Hallo, ja, dit gaan oukei, het sy lover gesê. Hy kon nie bel nie; besig by die werk, het die lover gelieg en sy nuwe pompjoggie oor die bors gestreel.

Hy het die telefoon kalm neergesit en sy Prozac gaan drink. Hy sou weer probeer slaap. Tussen kermende alarms in die verte en verveelde blaffende brakke het sy kortstondige liefdestragedie in Panavision-kleur deur sy droomwêreld gespoel. Hy't huilend en natgesweet wakker geskrik. Ek huil al weer, het hy gedink. Nou eers 05.00. Met 'n whiskey in sy gefrustreerde hand het hy die son vanaf die patio sien opkom. Weer probeer slaap, het hy gehoop, en opgestaan; in die buurhond se stront getrap; toe los hy sy skoen net daar …

Hy't 'n slaappil geneem en 'n gebed geprewel, maar voor hy kon amen, het hy homself aan die slaap gehuil.

10.00. Hy't wakker geword van die foon wat onophoudelik lui. Nee, hy kom nie werk nie. Natuurlik is hy siek!

Hy't 'n dubbel whiskey vir ontbyt gehad, sy Prozac geneem en gaan shopping doen (sy eks se kredietkaart kom alte handig te pas). Dis ons topverkoper, het die brulpadda by die geweerwinkel gegrynslag. Sy tande was geel. In die Wimpy het hy deur die glas die shopping-sirkus aanskou. Hoekom is hulle kos altyd so kak, het hy gewonder. (Who cares, dis tog alles marketing.)

Hy't in die reën huis toe gery, terwyl die geroeste ruitveërs teen die voorruit tjank-tjank. Ek haat die stilte, het hy gedink, en verder gery. Ek haat die reën. Wanneer gaan ek eendag vir my 'n sambreel koop?

17.30. Hy was moeg en nat. Die stort se water was net warm toe die foon lui. Sy lover was kamtig bekommerd. Hy't selfs werk toe gebel. Wat's fout? (Hmm, waar begin mens …?)

Ons praat later, het hy gesê en die foon afgesit. Hy't 'n Thinz afgesluk en sy stort probeer geniet. Ek het darem nog nie veel gehuil vandag nie, het hy wrang geglimlag.

Daardie nag was hy weer slapeloos. 02.00 het hy in sy kar geklim. Sy blink, nuwe pistool het verleidelik in die paneelkissie lê en wag. Die parkering oorkant sy eks se woonstel was oop. Hy was weer naar toe hy die pompjoggie se kar wydsbeen oor sy parkering sien staan. Hy't vir liewe eksie van 'n geleende selfoon af gebel. Die lig het na drie luie aangegaan. Voor iemand kon antwoord, het hy die foon afgesit en 'n paar dubbels by die bordeel om die hoek gaan afsluk. Toe 'n jagse ou man hom probeer optel, het hy sy moer verloor en gaan slaap (wel, hy't probeer).

06.00 was hy weer wakker. Teen 06.45 was hy voor sy eks se deur. Hierdie pistool is darem heeltemal te butch vir my, het hy gedink. Sy sleutel het perfek gepas. By die toilet het Me Deur-die-Slaap Pompjoggie sy blaasfunksie vinnig verloor toe hy besef wie langs hom staan. Bliksem! Jy sal my mos laat skrik, het hy (sy?) geflap. Sorry, het hy gesê, en gaan koffie maak.

Liefdesfoto's van die nuwe couple het orals rondgelê. Die melk kook oor, het liefste eksie deur die slaap gesê. Nou sit dit af, het hy geantwoord, en sy goed gaan inpak.

Vreemde tasse het die hele kamer volgestaan. Hy kon darem gewag het! Mnr Eks het smalend vertel dat die nommer met die swak blaas 'n mode-ontwerper is. Baie talentvol … blah … Nou maar FOK JOU dan, het hy gedink en liefste liefste eksie met een skoot moer toe geblaas. Shit, bloed op die duur tasse, het hy gesug. Net voor hy uit is, het hy gou vir Elna (of is dit Empisal?) in die stort gaan afmaai. Mens moenie water mors nie, het hy besef en die kraan toegedraai.

Die son het heerlik geskyn toe hy huis toe ry. Hy't gou 'n bottel Moët afgesluk en gaan slaap. Lank en rustig.

Die volgende oggend het twee handsome polisiebeamptes hom wakker geklop. Hulle is vreeslik jammer, maar sy vriend en dié se vriend is dood in hulle woonstel aangetref. Hulle vermoed dit was roof of iets. Geen leidrade in dié stadium nie. Ai, wat word van die land! Hulle wou net hoor of hy oukei is. Hulle het hulself verskoon, maar die een met die oulike boudjies was daardie aand weer terug. ('n Simfonie tussen die lakens!)

Daar was nog bloed onder sy naels.

(Lieftallig opgedra aan alle varke wat dink die hart is maar net nog 'n pomp.)

Kopiereg voorbehou.

Oor die skrywer:

Thys de BeerThys de Beer - "Ek's 'n boorling van die platteland (Boshoek, Rietkuil, Hendrina); stadskind as student by RAU, Tuks (regte - 'Kry iets om op terug te val, my kind') en Vega (strategie), en tot onlangs toe wêreldburger (VSA, Engeland, Botswana), waar ek geleer het van hard werk, nederig wees en hoe kosbaar mens se kultuur is.

"Duskant 30 is ek 'n strategiese beplanner by 'n agentskap in Kaapstad. Eintlik is ek 'n closet creative en spirituele wese, en skryf en ontwerp dan en wan.

"Antjie Krog het gesê: 'All that we ever wanted in life was to be entirely loved forever'. Ek glo daarin, en glo dat liefde nog bestaan, en is al hoe meer nuuskierig oor die menslike kondisie. Dit gee mens iets om oor huis toe te skryf…"





LitNet: 02 September 2004

NOTA: Ek ontvang graag reaksie op hierdie teks. Stuur dit na dbbotha@mweb.co.za.
DANIE BOTHA

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.