GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Dis nou briljant!

Stephan Badenhorst het Victor Malherbe se Blomme vir Leon (Homeros, 2000) onlangs gelees en hy skryf:

Daar is net een woord om dit te beskryf: briljant! Ek het al ’n paar gayromans (kan ons dit werklik so noem?) gelees, maar hulle het my gewoonlik kwaad gelaat, want die gemeenskap wat gewoonlik daarin uitgebeeld word, is patetiese dwelmslawe wat in stegies rondhang. Nie dié boek nie. Die karakters van Zirk en Leon is doodgewone mans (nie queens nie!) wat toevallig gay is en liefde ontdek in ’n doodgewone plek met gewone mense en omstandighede. Ek as gay man voel baie gebelg oor hoe ons gemeenskap in die Afrikaanse literatuur uitgebeeld word. Ons is NIE almal pateties nie en is ook nie almal op die laer vlakke van die samelewing nie.

Dankie, Victor, dat jy my weer hoop gegee het dat daar darem ander mense is wat ook glo dat ons POSITIEF is en nie verlore siele verteenwoordig nie.

Ek het Stephan gevra vir twee van sy gunstelingpassasies in die boek.

Bladsy 108:

Zirk skrik effens toe hy Leon se hand op sy hand voel. Leon kyk na hom, glimlag vir hom. Hy hou Zirk se hand in syne; hulle hou mekáár se hande vas. Zirk kyk af na die twee hande op sy skoot. Vir die eerste keer in vyf en twintig jaar lyk dit vir hom vreemd. Juis die uitsonderlikheid daarvan is vir hom bekorend: twee groot, sterk manshande, die vingers met soveel liefde in mekaar gestrengel.

Bladsy 125:

Dit moet vreemd wees vir Leon, dink Zirk, om so doodluiters in die openbaar rond te loop met ’n mán aan sy sy. ’n Man wat meer is as ’n vriend, met wie hy sy liggaam gedeel het. Hulle loop nie juis hand om die lyf nie, maar hulle liggaamstaal, die manier waarop hulle na mekaar kyk, moet dit vir die wêreld duidelik maak dat die man met die blonde hare en groen oë veel meer as vriendskap gemeen het met die blouoogman langs hom.

UITNODIGING

Gay@Litnet sal graag soortgelyke reaksies op boeke publiseer. Moedig ander lesers aan om ’n boek te lees, of waarsku ons. Haal ’n paar prikkels aan. Dit kan enige soort boek wees. Ook in Engels en ander tale. Laat weet ook of jy verskil van of saamstem met die bydraer se mening of iets in die boek.

Ons sien ook uit na langer, meer vakkundige resensies, maar dan moet dit spesifiek ’n raakpunt met die gay en biseksuele leefwyse hê. Voordat jy egter ’n indringende resensie wil aanpak, moet jy liefs vooraf met ons in aanraking kom.

Danie Botha

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.