GayArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Dis boerekak

Abel Pienaar

Die mense van die Kaapse Vlakte het ’n mooi woord vir goed soos ’n getjommel oor gayhuwelike: boerekak.

Boerekak is ’n humorlose belading van neo-Puriteinse waardes en onrealistiese kulturele verwagtings, wat uitdrukking kry in ’n verintellektualisering, sentimentalisering en hopelose oorromantisering. En dan, wanneer die werklikheid tot jou deurdring, skuld.

Dis Moeder wat in wanhoop uitroep: My kind, waar het ons in jou opvoeding gefaal? Of op ’n CSV-kamp: Dominee, hoe ver mag ons vry? Is dans sonde? En wat van draadtrek? Dis wat die Boeremeisie sê as die kêrel aan haar been vat: Piet, nou moet ons sterk wees.

Dis mense wat droom oor romantiese troues en bruidsrokke en wittebrode, maar geen benul het van wat ’n verhouding laat werk nie. Dis Oprah wat vra: Parents, do y’all know what your teenage sons and daughters are doing in nightclubs/on the Internet? Eerder as om mense — mans, vrouens, ouers, kinders — te challenge om hulle in ’n ander geslag (gender/generation/breed) se leefwêreld te begewe. Om met ’n oop gemoed te gesels, bedag daarop dat boerekak bemoeisiek is en dinge telkens kom bebodder.

Watse sóórt trou? Is dit ’n tradisionele Suid-Afrikaanse bruilof, met lobola, tuisgebroude bier, dreunsang en skuifeldanse? Praat ons van ’n gereëlde huwelik waarin families kinders van kleins af aan ’n toekomstige lewensmaat verbind? ’n Ingeseënde seremonie met Hollywood-tierlantyntjies in ’n kerk, masiet of tempel? Of sommer net voor die koort?

Hoekom bodder ons nog hoegenaamd om te trou, met ons hoë egskeidingsyfer? Ek het nie getrou nie. As ons getrou het, kon ek en my lover einde vanjaar silwerbruilof gevier het. My jonger broer het in dié tyd drie keer getrou, en ek hoop dis dié keer skeepsreg. Ek het dit gelukkiger as hy getref — dit kon net sowel andersom gebeur het — maar wat het ’n trousertifikaat nou met die hele storie uit te waai?

So uitgedien het die Westerse huwelik geraak dat regstelsels vandag met papgeld, pappie-toetse en palimony nagenoeg alles buite die huwelik waarborg waarvoor die huwelik tradisioneel moes sorg. Helaas, nóg trou nóg prosedeer kan geluk waarborg — dit bied hoogstens ’n soort gemeenskapsanksie teen onreg en uitbuiting wanneer sake skeefloop.

Vir die grootste deel van die mensdom se bestaan, vermoed ek, was dit sommer gryp en ryp. Toe huwelike in meer geordende samelewings tot stand gekom het, het dit veral om voortplanting en die erfreg van afstammelinge gegaan. Daarom mag ’n vrou nie meer as een man gehad het nie — anders hoe sou hulle weet wie vir die kinders pa moes staan? Huwelike was familie-aangeleenthede, soos dit trouens vandag nog in die meeste kulture is. Politieke en ekonomiese verbintenisse tussen families (tribes, nie gesinne nie) is met huwelike verseël.

In verstedelikte samelewings soos die van die Grieke en die Romeine het vendettas, familie-eer en erfregte ondergeskik geraak aan ekonomiese vooruitgang en staatsbelang. Daar was groter verdraagsaamheid teenoor verskynsels soos buite-egtelike kinders en gayverhoudings, wat nie vir stadstate soveel komplikasies en bedreigings ingehou het as vir landelike samelewings nie.

Romantiese liefde as ’n voorvereiste vir ’n huwelik is ’n betreklik moderne verskynsel in Westerse en Christelike huwelike. Seksuele aantrekking en verliefdheid het wel bestaan, maar huwelike was nie daarop ingestel nie. Liefde binne die huwelik was ’n Christelike plig, of bloot die kommensensie om onvermydelike werklikhede in ’n goeie gees te aanvaar.

Nou waarvoor hunker ons wat mowwe is dan soos ’n klomp skape na ’n uitgediende, pastorale instelling?

Is dit ter wille van die praktiese voordele, soos mediese- fondsdekking?

Eien dit vir ons toe, by all means, as ons dit nie reeds het nie. Maar dis nie nodig om te trou om dié regte te bekom nie. Moet ons nie huwelike aan kerke en tribes oorlaat nie? Laat die staat liewer saamwoon-ooreenkomste registreer wat dieselfde regte waarborg vir monogame en poligame eggenote, en vir langtermyn gay of straight saamwoners.

  • Gaan dit om die romantiek, die skouspel, die grootste dag in elke meisie se lewe?

    Maar skei uit, meisiekind! Dis al erg genoeg dat ons met butch-en-fem-rolspel straight karikature nog verder parodieer. Maar wie is ons sonder die masker?

  • Soek ons net ’n bietjie erkenning? ’n Openbare bevestiging van “tot die dood ons skei”?

    Siestog! Eers moes ons uit die kas kom. Nou moet ons ook nog die ghetto verlaat en dit in die groter samelewing waag — sonder verskoning, sonder stuitige ergerlikheid, sonder optogte of ’n gesanik om erkenning.

    Laat staan tog die boerekak. Kom ons leef net as gewone couples waar ander, doodgewone mense ons kan raaksien en beleef. Dan kom erkenning vanself.

    En, o ja, “tot die dood ons skei” is eintlik nie ’n verklaring nie. As dit in ’n verhouding haalbaar is, is dit iets wat ons elke dag in die lief en leed van saamleef moet waar maak.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.